Private sektor se sakehand help SA

Die Suid-Afrikaanse flag. (Foto: Swiss Educational College/Unsplash)

Die regering se vennootskap met die private sektor om Suid-Afrika se veelvuldige uitdagings te pak, is besig om vrugte af te werp. Boonop dryf pres. Cyril Ramaphosa hierdie vennootskappe nou meer as tevore, sê Busisiwe Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA).

“Die president het dit duidelik gestel dat die oogmerk is om te doen wat reg is vir Suid-Afrika, nie om die belange van enige partye te bevorder nie,” sê Mavuso in haar weeklikse nuusbrief.

Mavuso het verlede week as verteenwoordiger van sakelui in die land met Ramaphosa en verskeie ministers vergader oor die regering se samewerking met die private sektor.

“Ná die vergadering met die president en verskeie kabinetsministers weet ek dat die regering se verbintenis om in vennootskap te werk om die kwessies in die land te hanteer, momentum begin kry,” sê sy.

“Die kenmerk van die vergadering was die gees van betrokkenheid en samewerking wat die regering getoon het. Dit was ʼn opregte poging om oplossings vir die land se probleme te vind.”

Volgens Mavuso het van die kwessies wat bespreek is gehandel oor die voortslepende kragkrisis en die uitdagings wat Transnet in die gesig staar.

Sowat 35 000 werksgeleenthede in die mynbousektor is in die weegskaal omdat die logistieke vervoerstelsel waarvoor Transnet verantwoordelik is, ineengestort het.

“Die dringendheid om Transnet en ons padnetwerke te herstel, is duidelik. Die regering en die private sektor werk hard om saam oplossings te vind,” sê sy.

“Ses van die nasionale logistieke krisiskomitee (NLCC) se agt spanne is nou ten volle benut, terwyl die oorblywende twee van Operasie Vulindlela sal oorskakel.”

Die NLCC is op die been gebring om die funksionering van spoorstelsels en die land se hawens te verbeter.

Operasie Vulindlela is ʼn inisiatief van die presidensie en die nasionale tesourie om die inwerkingstelling van strukturele hervorming te versnel en ekonomiese herstel te steun.

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Facebook)

Mavuso sê vyf strategiese korridors is geïdentifiseer en herwinningspanne met bedryfsverteenwoordigers en onafhanklike kundiges is op die been gebring om met Transnet te werk om vragvolumes te verhoog.

ʼn Span is ook saamgestel om opeenhopings by die Lebombo-grenspos te verminder, terwyl ʼn ander span sal konsentreer op die herstel van passasierspoordienste.

“Hierdie spanne is nou besig om voor te berei en daar is ʼn gevoel van opregte toewyding om te verseker dat hulle suksesvol is,” sê sy.

“Intussen werk wetstoepassers om spoorinfrastruktuur te beskerm deur verskeie ingrypings en vennootskappe met die Nasionale Vervolgingsgesag.”

Die private sektor se vennootskap met die regering om die kragkrisis om te keer duur al vir meer as ʼn jaar, en volgens Mavuso het dié vennootskap die meeste vordering getoon.

Die Nasionale Energiekrisiskomitee (Necom) is verantwoordelik daarvoor om die land se energie-aksieplan in werking te stel; ʼn gedetailleerde beoordeling van die beste manier om die elektrisiteitskrisis op te los. Die vennootskap het gelei tot die ontplooiing van tegniese ondersteuningspanne by vyf kragstasies en hulle werk daaraan om Kusile se drie eenhede weer aanlyn te bring.

“Hierdie ingrypings het reeds vrugte afgewerp. Eenheid 3 by Kusile, wat 720 MW produseer, of alleenlik verantwoordelik is dat beurtkrag met ʼn volle fase verhoog of verlaag, is gereed om twee maande voor beplanning weer in diens gestel te word danksy die samewerking tussen sakelui en die regering,” sê Mavuso.

Die eenheid is al ʼn jaar lank buite werking nadat ʼn skoorsteen ineengestort het. Byna 130 vrywilligers in die private sektor werk nou in vennootskap met Eskom en die regering om die herstelwerk te doen.

Die regering het verlede week ooreengekom dat hy elke ses weke opvolgvergaderings met die private sektor sal hou oor die stand van sake.

Mavuso sê die private sektor sal voortgaan om saam met die regering te werk, mits daar vordering gemaak word.

“Ek verwag en hoop dat ons nog meer tasbare bewyse danksy die vennootskap sal sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

cANCer spring nou om voor die verkiesing iets daadwerklik te doen. Dit moet elke liewe dag so gaan, nie net voor die verkiesing nie. Die mini-sters sit net hulle stoele warm en onvang ‘ n almintige salaris vir niks doen. Hoop die kommissies lewer iets op…

marius ·

Korrek . Hulle is almal werknemers van die belasting betaler en het die land vernietig .

Joggie ·

Klink vir my soos verkiesings tyd ANC beulblasery. Die regering stel geensins belang in die welvaart van die land nie, slegs die van die uitgesoekte kaders…

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat se bog. Die regime kan niks dryf behalwe chaos nie. Die “private sektor” wat genoem word is bloot mede-kaders wat saam skep.

Althes ·

Daar is ñ verkiesingsklankie aan die skielike samewerking met die privaat sektor. Gewoonlik word maatskappye en boere wie sakemanne is, hoog en droog gelaat om hul eie battles te fight.

Waarnemer ·

Nou is die tyd dat ALLE Suud Afrikaners(blank,nie blank en kleurling) saamstaan en n besluit moet neem om die ANC uit te stem met die volgende verkiesing sodat ons hierdie land van onndergang kan red.Die huidige regerende party het hierdie mooi land tot in die afgrond in gedryf.

Oosieoos ·

Te laat land is klaar vernietig niks werk meer nie onmoonlik om weer te herstel waar gaan die fondse gevind word wereld sal nie weer so dom wees om geld in SA te pomp nie

Papsak ·

Sjoe nou moet anc kaders spring voor verkiesing hier is om te wys hulle het of wil iets doen bietjie laat mmmmm dink anc nie so nie nou wil Ramaphosa hom groot hou dink hy te oud om n land met mense te wil regeer hy kan nie los maar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.