Private sektor transformeer steeds nie genoeg

“Ons weet al te goed wat gebeur het toe ras gebruik is om die meerderheid Suid-Afrikaners uit te sluit en ons moet aktief waak teen die terugkeer van houdings waar aangeneem word dat die kleur van iemand se vel op bevoorregting of benadeling dui.”

Dít volgens pres. Cyril Ramaphosa in sy gereelde nuusbrief, waarin hy ook sê dat dit nié beteken dat ras kan en moet verontagsaam word nie. “Ons Grondwet bevestig dat ons ʼn nasie van uiteenlopende kulture, gelowe en tale is – en dit bevestig ook ons reg op selfuitdrukking en selfidentifikasie.”

Ramaphosa het gesê die diep verdeeldheid wat apartheid veroorsaak het, moet nog oorkom word. Volgens hom is die herstel van ongeregtighede steeds ʼn belangrike deel van regeringsbeleid – of dit nou grondhervorming, regstellende aksie, of ekonomiese transformasie is.

Hy het gesê die land het sedert 1994 groot vooruitgang op dié gebied gemaak, maar dat baie Suid-Afrikaners steeds die hekkie na ware nierassigheid moet oorsteek.

“Of dit nou weerspieël word in die interne dinamika van politieke partye, of uitdrukking vind in die briewekolomme van koerante, ʼn mens vind steeds ʼn huiwering deur sommige om te aanvaar dat Afrikane, wittes, Indiërs en bruin mense almal ʼn gelyke plek in die samelewing het,” het Ramaphosa geskryf.

Ramaphosa het gesê daar word sedert 1994 gewerk om transformasie te bevorder deur gelyke indiensneming en swart ekonomiese bemagtigingsbeleid, asook deur voorkeurverkrygingsprogramme en inisiatiewe soos dié vir swart nyweraars.

Volgens die president probeer die regering ook die staatsdiens hervorm om die land se demografie te weerspieël. “Terwyl ons die staatsdiens probeer herbou, ook staatsbeheerde ondernemings, strewe ons daarna om mense aan te stel wat bevoeg, gekwalifiseerd en eties is en wat die waardes van die staatsdiens uitleef – of hulle nou swart of wit, mans of vroue is.”

Ramaphosa het gesê dié vooruitgang word egter nie in die private sektor weerspieël nie. Volgens hom dui ʼn verslag van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming wat in Augustus bekend gemaak is, ten beste op swak voldoening aan wetgewing, en ten slegste op blote verontagsaming van wetgewing daaroor.

Die boonste vlakke van die bestuur van private maatskappye word steeds deur wit mans oorheers, hoewel hulle slegs 5% van die ekonomies aktiewe bevolking beslaan. Afrikane maak net 15% van topbestuur uit, ondanks die feit dat hulle 79% van die ekonomies aktiewe bevolking is.

“Die sakesektor moet dringend introspeksie doen. Ons transformasie-agenda kan nie slaag nie tensy ons saam werk om die deelname van alle Suid-Afrikaners aan ons ekonomie te verbreed. Dít begin in die werkplek,” het Ramaphosa gesê.

“Swak arbeidsverhoudinge word aangevuur deur persepsies – wat deur die Gelyke Indiensnemingsverslag gestaaf word – dat swart werkers na die fabrieksvloer verban word, terwyl wit werkers bestuursposte beklee. Dié ongelykheid het lelike gevolge wat betref verskille in inkomste, met swart werkers wat altyd net ʼn deeltjie verdien van dít wat wit werkers en bestuurders verdien.”

Ramaphosa het gesê die bevordering van swart en vrouewerkers moet ʼn prioriteit vir maatskappye wees en dat hulle meer moet doen as om net aan wetgewing te voldoen.

Hy het gesê Suid-Afrikaners moet verseker dat almal die kans kry om aan ʼn beter land te help bou.

“Ek doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om mekaar as gelykes te behandel en verby hulle vooropgestelde idees van mense te kyk op grond van hul velkleur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anti DA

Dankie Mnr. die flou makou , ons glo en sien alles. Hoe meer leuns oor vertel word, raak dit nie altyd die waarheid nie. Dis net hansworse wat jou nonsens sal glo.

Willie

Wil hulle dit ook nou in die grond in transformeer?

GELYKE GELEENTHEID VIR ALLE RASSE

Die huidige weerspieëling van Bestuurders in Prifaatsektor is enigste rede hoekom Suid Afrika se ekenomie nognie heeltemal bankrot is nie.
As Privaatsektor op dieselfde persentasie Staatsdiens al transformeer het dan was Suid Afrika al in n baie swakker ekenomiese toestand as Zimbabwe.

Frik

Sodra daar selfbeskikking is kan die meerdeheid maar alles vat.

Sid

Ag tog help my asseblief net. Ek verstaan nie meer hoe apartheid na 25 jaar nog steeds tersprake kan wees nie. Daar is tans meer mense in armoede as met en voor die 1994 verkiesing. Wie brand ons snelwee en trokke, wie betoog teen swak DIENSLEWERING, en wie is die meeste wat werk soek om hulle gesinne gevoed te kry. Ek kry die mense so jammer wat op die straat hoeke bedel vir kos agv voedsel pryse wat net duurder word en geen werk kry nie. Ek as blanke sny ook luuksheded soos vleis, drank en soetighede, al het ek… Lees meer »