Private skool bankrot weens Covid-19

(Argieffoto: Unsplash)

’n Private skool in Glenanda, Johannesburg, moet sy deure vir goed sluit weens ’n verlies aan inkomste gedurende die algehele landwye afsondering.

“Dit spyt my om u in kennis te stel dat Kinston Academy permanent sluit met onmiddellike effek,” het Marina van Wyk, direkteur van die private laerskool, in ’n verklaring gesê.

Volgens Van Wyk het Kinston Academy ’n 80%-verlies aan inkomste vanaf 31 Maart tot 6 Junie gely. Die skool is nou insolvent, het sy verduidelik.

“Alle pogings is aangewend om die erns daarvan om skoolgeld te betaal aan ouers te kommunikeer. Ongelukkig was ons onsuksesvol daarin en kan ons gevolglik nie ons bedrywighede hervat nie,” het Van Wyk gesê.

Kinston Academy het dus nie Maandag vir sy gr. 7-leerders heropen nie.

Maroela Media het vroeër berig skole se begrotings is onder toenemende druk weens ouers wat die betaling van skoolgeld gestaak het gedurende die afsonderingstydperk te midde van die Covid-19-pandemie.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê benewens die probleme wat uit die bestryding van die virussiekte spruit, ervaar skole groot geldelike probleme omdat talle ouers doodgewoon opgehou het om skoolgeld te betaal.

“Die redes wat aangevoer word, is dat sekere ouers meen dit nie nodig is om skoolgelde te betaal as die skool nie ʼn diens lewer nie en ander aanvoer dat hulle in die sakesektor werksaam is en hulle vermoë om inkomste te genereer ernstig gekortwiek is,” het Klopper gesê.

Volgens Klopper is dit uiters belangrik dat ouers hul verantwoordelikheid teenoor die skool besef.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Faraway

Ek dink nie vir een oomblik die oor groot mederheid het sommer net ophou betaal nie!!!
Dis eerder die mederheid het ophou betaal OMDAT HULLE NIE KON BETAAL NIE en eerder kos gekoop het !!!
Is dit werklik n keuse of was ouers genoodsaak agv pandemie?

Annatjie

Hoe moet ouers betaal indien hulle self nie salaris gekry het en hulle kinders moet versorg by die huis en hulle besig hou wat ook ekstra geld vra?
Geen ouer is onwillig om te betaal vir ‘n kind se skool nie.
Die lesse moet uitgedruk word en dit kos geld en dan het party van die bladsye dik swart rame om wat ekstra ink gebruik. Maar ouers moet betaal!

Willem

Ja Klopper ons almal verdien jou fabelagtige salaris nie

BoerSonderRoer

Ek dink dis meer ‘n kwessie van kan nie betaal eerder as wil nie betaal nie.

Michael 1

Ek praat namens myself ,my kinders kom eerste in alles wat ek doen en goeie opvoeding kom eerste so ek sal net die opvoeding instansies nie betaal as ek nie geld het om dit te betaal nie.