‘Private veiligheidswagte is polisie se grootste probleem’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KwaZulu-Natal se waarnemende provinsiale polisiekommissaris, meen die polisie in die provinsie se “grootste probleem” is privaat aangestelde gewapende veiligheidswagte.

“Die polisie se grootste probleem is met gewapende veiligheidswagte. Dit is waar daar ernstige probleme is,” het Mkhwanazi gesê. Hy het in die Durbanse stadsaal gepraat as deel van die provinsie se eerste veiligheidsindaba.

Die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) beheer Suid-Afrika se private veiligheidsektor. Manabela Chauke, Psira se uitvoerende hoof, was ook teenwoordig by die indaba.

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, en Mxolisi Kaunda, die provinsiale LUR vir veiligheid en sekuriteit, het almal ook ʼn spreekbeurt by die geleentheid gehad. Honderde verteenwoordigers en eienaars van meestal klein, plaaslike sekuriteitsmaatskappye was ook teenwoordig.

Private veiligheidsmaatskappye is in die verlede oor die kole gehaal omdat sommige glo nie die relevante wetlike regulasies nakom nie, ander voormalige misdadigers as wagte aanstel en wagte hulle glo skuldig maak aan aggressiewe optrede met wagte wat grootkaliber vuurwapens in die openbaar rondswaai en afvuur. Wagte is ook al daarvan beskuldig dat hulle as huurmoordenaars optree in die talle politieke moorde wat in die provinsie plaasvind.

Mkhwanazi het gesê sedert hy vier maande gelede in KwaZulu-Natal aangekom het, het die SAPD in die provinsie al op meer as 1 200 vuurwapens beslag gelê wat gebruik is om misdade uit te voer. “Wanneer jy kyk na die veiligheidsmaatskappye in terme van die vuurwapens wat hulle het, is dit skokkend. Dit is iets wat bespreek moet word,” het hy gesê.

“Jy maak ʼn koerant oop en jy lees van ʼn veiligheidsmaatskappy in Phoenix of Verulam wat lukraak op mense op straat geskiet het omdat hulle hulle van misdade verdink het. Watter mag het hierdie veiligheidswagte?

“Wanneer jy veiligheidswagte het wat woonbuurte patrolleer, ten volle gewapen, is hulle by magte om jou voor te keer en jou te deursoek? Want die Grondwet maak nie vir hulle voorsiening nie; hulle is nie polisiebeamptes of metropolisiebeamptes nie. So onder wie se outoriteit werk hulle?” het hy gevra.

Hy het daarop gewys dat selfs lede van die nasionale weermag deur die SAPD vergesel moet word wanneer hulle in die land ontplooi word. “Maar die veiligheidsmaatskappye hardloop vry op hul eie rond.”

Mkhwanazi het gesê die meerderheid veiligheidsmaatskappye help die polisie om misdaad hok te slaan en te voorkom en hierdie hulp word waardeer, maar wagte wat inbraak maak op mense se regte moet vasgevat word.

“In hierdie selfde proses oortree óns die wet, want ons laat hierdie veiligheidsmaatskappye toe om op te tree asof hulle deur die Grondwet gemagtig is om te doen wat hulle doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Piet Snot ·

Indien die polisie ewe skielik weer begin om hul werk reg te doen en Jan Alleman te beskerm, sal die behoefte aan private wagte soos mis voor die môreson verdwyn.

Zumie ·

Wel, wel, wel, as die SAPD hulle werk gedoen het was daar nie rede vir privaatsekuriteit nie. Die grootte van sekuriteitsdienste in SA is ‘n monument vir die SAPD se onvermoe. En as hulle wel iets doen is dit baie keer so dat hulle dit verkeerd doen…. vra maar die geagte generaal hoeveel geld die SAPD jaarliks uitbetaal

Casper Labuschagne ·

Dat daar 57 moorde per dag in SA voorkom, en dat alle ander vorms van misdaad ook deur die dak is, is ‘n aansienlike kleiner probleem vir die SAPS as dat beleërde inwoners private sekuriteitswagte gebruik om hulself te probeer beskerm teen misdaad, juis omdat die SAPS in die eerste plek onbevoeg is om misdaad te voorkom. Maar daar is ‘n ander verhaal as jy hier tussen die lyne lees: Lt.Genl Mkhawanazi (ooglopende etnisiteit) kla oor veiligheidswagte in Phoenix en Verulam (Indiërwoonbuurte) wat vuur op burgers (persone wat nie in Phoenix of Verulam woon nie en waarskynlik nie Indiërs is nie) wat van misdaad verdink word. Duidelik styg die politieke temperatuur tussen die Indiër minderheid en die swart meerderheid in hierdie land.

jakes ·

Wat n belaglike aanname deur die polisie. In meeste gevalle is die polisie nie bekwaam genoeg om hul werk te doen nie. Boonop is daar baie misdadige elemente in die mag wat eintlik agter tralies hoort. Soos die kommentaar hierbo, is dit n gegewe dat as die polisie wet en orde kon handhaaf dan sou privaat veiligheidsagenskappe nie nodig wees nie.

Jackie ·

Ons ouers sou sê…. HOOR-HOOR?
Ai-jai-jai, net nog aannames en bewerings van die Polisie om hulle mislukkings te kamoefleer.
Lyk vir my hulle ongelukkigheid omdat die privaat sektor beter diens lewer, begin hulle ernstig kwel.
Ek hoop my gevoel is verkeerd, maar ek sal nie verstom wees as daar binnekort weer regulasies en wette wat sekuriteitswagte saboteer ingestel word nie.
Want, in ons Vaderland, word alles mos afgebreek wat nog werk..!!!!!!!

Adriaan ·

Tog is / was dit al vir die SAPD nodig om privaat sekuriteitsmaatskappye te gebruik om polisiestasies te bewaak …

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

E.K. die eerste ·

Gigaba: die polsiie se GROOTSTE probleem is korrupsie onder die lede. Laksheid wat werk betref en luiheid daarby. Velilgheidswagte is NIE dei grootste probleem. Stop playing the balme game, erken wat verkeerd is en verbrands WERK daaraan!

E.K. die eerste ·

Re my vorige kommentaar: …het natuurlik bedoel MKHWANAZI nie Gigaba – ai hoe meer haas…raak skoon deurmekruis met die spul want ek lees so vinnig ek kan al die berigte wat my interesseer! Werk wag!

bgj van der westhuizen ·

hy kla maar as sy sapd net hulle werk doen dan is dit nie nodig vir security om woon areas skoon te maak van diefe nie maar dit lyk my hy moet eers sy huis in order kry en dan na ander kyk

alida ·

9/10 keer is die veiligheidsmaatskappye voor die SAPD op die toneel want as jy ‘n misdaad aanmeld neem dit die operateur 30 minute om die besonderhede af te skryf (indien die foon geantwoord word) en mens moet dit 30 keer herhaal voor hulle die regte inligting het. Die veiligheidsmaatskappye het mense wat kan lees en skryf en verstaan as mens iets aanmeld.

Wick ·

Watter magte het die veiligheids wagte wat die polisie stasie se hek beheer om my te deursoek.

joev ·

AS die polisie die manne wil wegvat is dit die einde van die land. Dalk meer net nog praaitjies om die land in staat van nood te kan verklaar as die burgers begin self die orde handhaaf.

Hester ·

Die regering het ingemeng met die rugby hulle meng in met als. Daar is hoeveel sekuriteits maatskappye wat vir werklose mense werk gee. Ons by die sekuriteit is nie helder siende om te weet as iemand nie eerlik is nie. Sy Psira word nagegaan sy polisie clearance word gevat as hy dan aanjaag moet hy self daarvoor boet dit kan nie voor die sekuriteits maatskappy se deur gele word nie

marous ·

Privaat sekuriteit doen welke persentasie van die polisie se werk ? Hoeveel polisie beamptes is die afgelope jaar met misdrywe verbind in vergeleke met sekuriteits beamptes ? Onbevoegde onsamehangende verskuiwing van blaam as gevolg van absolute onvermoeens om enigsins suksesvol of sinvol te kan handel ….

EBG ·

Dis so maklik om te praat vir die SAP hoeveel SAP lede word verbind met gewapende rowe,moorde,verkragtings,transito rowe wie het nou eintlik kriminele aangestel ?????????
Hoe glip die mense deur die SAP se keuringsproses
As eienaar van n sekuriteits maatskaappy se ek dankie aan elke wag wat vir ons werk ,hou julle koppe hoog ,julle is eerlik,opreg en pligsgetrou iets wat ons nie van die SAP kan se nie

waarheid ·

SAPD – waarom dink julle gebruik on sekuriteit?
Dink aan die vraag……….. dink en dink…… en miskien sal julle dit kan uitfigure….

EBG ·

Dis maklik vir die SAP om te praat
Hoeveel SAP lede word nie verbind met korrupsie,moord, roof,verkragting,geldwassery ,renosterstropery en en en………
Transito rowe en dis die mense wat ons veilig hou
Wonder wie het eintlik die kriminele aangestel
En hoe is die mense deur die SAP gekeur wat selfs kriminele rekords het?
Ek vra maar net
As eienaar van n sekuriteits maatskappy is ek trots op elke man en vrou wat vir ons werk,hou julle koppe hoog , julle is eerlik,opreg ,getrou en het geen kriminele rekords nie .

DA BO ·

Die veiligheidswagte doen die polisie se werk. Daarom dat hulle kla, want hulle lyk al slegter. Plus as die skelm grootwild nou gevang word is dit ook n probleem.

AgAsseblief ·

Ek is MAL oor ons privaat sekuriteits firmas en hulle personeel. Hulle is fiks, reaktief, voorkom baie misdade, kyk na my en my buurt, en gesin, en hulle is vriendelik ook. Hulle stel hulle lewens in gevaar om ons te beskerm teen die boewe wat die SAPS niks aan wil of kan doen nie. Daarteen is baie SAPS lede oorgewig, ongeskik, korrup, ongeletterd en het met my ‘n probleem omdat ek ‘n wit vel het. Die veiligheids wagte is binne minute by my huis, waar die SAPS net nooit opdaag nie. Ek is SO trots op ons privaat sekuriteits industrie, as dit nie vir hulle was nie, sou die moord syfer en misdaad statistiek nog hoër gewees het.

Aitoggie ·

Hier kom n ding…. Dis net om n wet in te stel dat die private veiligheidswagte ontbind moet word, want hulle het nie gedink dat dit so n groot sukses sou wees nie.

Johann Holtzhausen ·

Lees tussen die lyne en mens sien ‘n voorspelbare patroon : Kan dit dalk vrees wees dat die privaat sekuriteitsmaatskappye die funksie van die eertydse Kommando’ s kan oor neem? (moontlik om eienaars van eiendomme te kan verdedig wanneer EWC in werking tree).

EBG1 ·

DIE POELIESIE IS DIE PROEBLEEM NIE SEKURITEITS MAATSKAPYE NIE ONS HET BAIE DINGE OM NA TE GAAN VOOR ONS ENAGE IEMAND IN DIENS KAN NEEM EN AS ONS MENSE WAT VIR ONS WERK KRIMINELE REKORD HET KAN ONS NIE VIR HULLE WERK GEE NIE MAAR DIE POELIESIE KAN ENAGE IEMAND AANSTEL

willie ·

Eers die nuwe vuurwapenlesensie wetgewing om ons mense te ontwapen, stel onbevoegde bevelvoerders as kaders in die veiligheidsmagte aan! Fyn uitgewerkte plan! Ons beveilig ons met veiligheidsfirmas waarvoor ons self betaal plus BTW! Volgende gaan seker wees hulle ontwapen die firmas dan sal die ook maar toe maak! Die volgende is vanselfsprekend!

Dries ·

Hierdie praatjies is net die voorloop om almal te ontwapen en sodoende totale diktatorskap te laat regeer.

Johann Holtzhausen ·

Dries, ek stem saam met jou. Hou hierdie ding fyn dop…..

Nita ·

Die kommando’s is verban. Kyk wat gaan aan op die plase en plotte. Nou wil hulle sekuriteitswagte ook wegneem. Wie de he’ll gaan ons beskerm teen die bendes rowers en moordenaars.

Henk ·

Sal hierdie nar dan ook die ordentlikheid aan die dag le en aan die mense verduidelik wat die georganiseerde misdaad sindikaat,aka SAPS, doen om beroeps en geleentheidsmisdadiger van die strate te verwyder en die land se burgers te beskerm teen misdadigers. After all staan dit in die konstitusie van hierdie piesang republiek dat SAPS verantwoordelik is vir misdaad voorkoming en die ordentlike ondersoek van misdaad wat op die einde lei tot arrestasies en suksesvolle vervolging. Maar SAPS bestaan nie in die formaat nie!!

GM ·

Daar moet reëls en regulasies wees – daar ‘pop’ immers baie sekuriteitsmaatskappye op, en nie alle wagte doen hul werk behoorlik nie. Daar is ook dikwels wagte betrokke by ‘inside jobs’. Netso ‘n baie polisielede korrup, en gee die goeies ‘n slegte naam.
Vir die regering gaan dit nie oor reëls toepas sodat almal veilig kan wees nie, maar oor geld. En my probleem met hulle wat so als tot in die afgrond in wil beheer, is dat ‘n klomp mense sonder werk gaan sit. En die meeste vorm deel van CR se ‘our people’.

Dis 'n GRAP ·

NEE DE POLISIE IS DIE POLISIE SE GROOTSTE PROBLEEM. 70% is in cash in transit heists, moorde, en bedrog by betrokke . as die sekuriteitswagte nie opdaag na ‘n aanval nie DAAG NIEMAND OP NIE . die polisie staan en kyk hoe word busse en geboue aan die brand gesteek, hulle staan en kyk hoe word ‘n uber driver vermoor .. hulle sit en slaap terwyl die polisiekantoor se KLUISE LEEGGEDRA word .. die POLISIEMANNE is die POLISIE se grootste probleem … HOEKOM het julle nie MALEMA toegesluit vir die SWAAR KALIBER geweer wat hy rondgeswaai het nie maar na sy SEKURITEITSMAATSKAPPY gaan kyk??? Het hy niks verkeerds gedoen nie???

Ari ·

Vice versa…polisie is eintlik die sekuriteitsmense se probleem. Eersgenoemde is nie op diens ingestel nie.

Fools ·

Met so n ” minister” kan ek net my kop skud.die fool voor hom was net so n mislukking.
Hulle kan geen verantwoordelikheid aanvaar nie.lig eerder julle basse en doen julle werk.Hou op kfc eet en staak die slapery agter die lessenaars.Sekuriteitsmense is nie lui nie maar julle wat die polisie is is lui verby.

Mrs H ·

Dis n vrye mark, want dit is tog immers Demokrasie reg? Met ander woorde die Polisie is hul eie grootste probleem, jaloers op die privaat sektor se “big guns” en outoriteit om “op hul eie daar buite rond te hardloop”. Tien teen een ook hul salarisse. Wel mnr Polisie, as jou staat besigheid se reëls se dat jy die weermag moet virgesel, wees gehoorsaam. As dinge anders werk in die privaat sektor, moet nie geintimideerd of jaloers voel nie, erken eerder dat hulle meer effektief en suksesvol op kriminele aktiwiteite is as julle – ja, ek sou se julle HET n probleem. Begin eienaarskap van jou eie probleme vat en let op hoekom pvt sekuriteit n groot verskil maak, en “act accordingly”. SAPS kan juis nie huidiglik byhou met kriminele nie, so hoe gaan dit lyk of wees, as jy nou byvoorbeeld alle pvt sekuriteit uit die sisteem haal? Dwase, gaan skrop in jul eie modder poel en probeer n groente tuin skep sonder om planne te beraam om jou buurman se vrugte te vat wanneer hy nie kyk nie, en JY eintlik groente nodig het! Buurman stuur dalk net vir jou vrugte oor, met die hoop om van jou groente te geniet.

Marius ·

Die polisie is eenvoudig h-o-p-e-l-o-o-s. Dit is tyd dat landsburgers hulself beskerm.

Wonder net? ·

Die sekuriteits maatskappye is die SAPS se grootste probleem omdat die kriminele in die SAPS dan nie oral met hulle bedrywighede kan aangaan nie! Hoekom nie, omdat die sekuriteits maatskappye se mense dit telkens stop!

Andre ·

Die SAPD doen nie veel beter met al die boosdoeners in hulle geledere nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.