Private vervolging teen TMPD-beamptes wat onnie, prof aftrek

Kymie du Toit (Foto verskaf)

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan deur middel van sy Privaatvervolgingseenheid ʼn groep beamptes van die Tshwane-metropolisiedepartement (TMPD) privaat vervolg.

Dit kom nadat die TMPD te kenne gegee het dat hy nie teen die beamptes gaan optree nie. Dié vervolging hou verband met twee voorvalle waartydens dié metropolisiebeamptes na bewering onbehoorlik opgetree het toe hulle vir Kymie du Toit, ’n skooljuffrou van Pretoria, en in ’n ander voorval die Duitse professor André Thomashausen afgetrek het. AfriForum tree namens Du Toit en Thomashausen op in die private vervolging teen die betrokke beamptes.

AfriForum het Vrydag in ’n skrywe aan luitenant-generaal J.M. Nkomo versoek dat sy ’n groep beamptes van die TMPD beskikbaar stel vir konsultasie rakende die private vervolging wat AfriForum teen hulle sal instel.

Dit volg nadat AfriForum in Junie vanjaar ’n omvattende veldtog teen die beweerde wangedrag en magsvergrype van sekere TMPD-lede aangekondig het. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het op 25 Junie aan lt.genl. Nkomo geskryf en geëis dat sy daadwerklike stappe teen hierdie beamptes doen. In antwoord op AfriForum se brief beweer lt.genl. Nkomo dat die ondersoek na die Thomashausen-insident bevind het dat die professor geen sigbare beserings opgedoen het nie en dat daar dus geen wangedrag of rede vir dissiplinêre optrede teen die betrokke beamptes is nie.

Professor Thomashausen het tydens AfriForum se mediakonferensie in Junie verduidelik hoe die insident hom en sy oorsese passasiers getraumatiseer het en ook dat hy vir sy lewe gevrees het as gevolg van sekere beamptes se aanvallende optrede.

Prof. André Thomashausen (Foto: AfriForum)

“Hoewel AfriForum die TMPD se omvattende antwoord op ons brief verwelkom, kan ons nie hulle versuim om teen die betrokke beamptes op te tree daar laat nie. Die Privaatvervolgingseenheid is bekommerd dat ons al hoe meer gevalle sien waar die regering vinnige, eensydige ondersoeke na onbehoorlike optrede van amptenare van stapel stuur.

“Hierdie ondersoeke bevind gewoonlik dat die amptenare onskuldig is, maar behoorlike konsultasie dui daarop dat sodanige oorhaastige bevindings gewoonlik irrasioneel is. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid sal die betrokke beamptes daarom privaat vervolg om toe te sien dat geregtigheid geskied vir Du Toit en prof. Thomashausen,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se Privaatvervolgingseenheid.

Lede van die publiek wat deurgeloop het onder gevalle van magsmisbruik deur TMPD-lede word aangemoedig om dit op AfriForum se klagteplatform aan te meld. Hierdie insidente word ook direk aan lt.genl. Nkomo gestuur.

Dié platform is spesifiek op wangedrag deur lede van die TMPD gemik, maar mense in ander dele van die land wat klagtes oor metropolisielede het, kan hierdie inligting ook via die platform bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Stem saam met Jerry. Hulle behoort man te staan vir hulle gedrag. DiIs maklik om so in ‘n groep aggresief op te tree. Hulle is papbroeke wat ‘n jong dame en bejaarde man aanval

christo ·

‘n Gesoute polisieman het eendag opgemerk dat metropolisielede ‘n klomp narre is wat nie gewone SAPD keuring kon slaag nie.
‘n Konstabel ( uitstekend professionele man, en ja tog hy is swart) van Bronkhorstspruit my geantwoord het op my vraag hoekom daar soveel ouer swart oupas en oumas daar is om dokumente te sertifiseer , nie na die Tshwane metropolisie op Bronkhorstspruit gaan om dit te doen nie, vir my geglimlag en gesê die ou mense sê die metropolisie is mós nie regte polisiemanne nie! Hy help hulle graag want hulle respekteer mekaar.

OW ·

Metropolisielede kan nie narre wees nie omdat narre van die strengste keuring moontlik moet deurmaak nl om in ‘n sirkus te werk.’n Sirkus is een van die mees georganiseerde en gestruktureerde organisasies in die wêreld.Nie enige jan rap en sy maat word tot ‘n sirkus toegelaat nie.

JohanR ·

TMPD is net dood en voudig net varke, met soe bietjie baie te veel mag!

Pieter ·

Vat hulle pension geld hulle dink hulle kan maak nes hulle wil.

Yvonne ·

Dr Taban het ook onder hulle deur geloop…so dis hoe hulle werk…mense wat nie verdien om in enige pos te aangestel te word nie…duidelik misfit

Prikkie ·

Vat hulle Gerrie en moenie los totdat hulle spreekwoordelik bloei nie!!

Heinrich ·

Dankie ouens, staan op vir wat reg is en gee hulle gas. Hierdie gr 1 speelgrond boelies is nonsens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.