‘Privatiseer die SAUK’

Argieffoto

AfriForum het ’n beroep op die regering gedoen om die SAUK te laat privatiseer. Dít volg nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat die SAUK in ’n ernstige finansiële verknorsing is en nie in staat is om werknemers te betaal nie.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die een verleentheid na die ander die SAUK die afgelope tyd in die gesig staar. Gedurende 2016 het meer as 100 SAUK-werknemers klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingedien weens onbillike afdanking. ʼn Vaardigheidsoudit wat in 2014 gedoen is, het onder meer bevind dat 60% van senior bestuurders nie aan die minimum vereistes vir strategiese denke op bestuursvlak voldoen nie en 56% nie voldoende bevoegdheid in probleemoplossing het nie.

Die mate van regeringsinmenging by die SAUK is ook een van die toonaangewende redes wat deur Freedom House, die internasionale waghondorganisasie, aangevoer word waarom Suid-Afrika se pers slegs as “gedeeltelik vry” beskryf kan word.

“Die enigste rede waarom hierdie krisis voortduur is omdat die SAUK ʼn staatsinstelling is wat aan die regering rapporteer. Reddingsboeie kan elke keer uitgegooi word om die SAUK te red wanneer dit in ʼn finansiële krisis is, wat daarop neerkom dat onbevoegde bestuurders weens hul politieke verbindinge in hul posisies beskerm word. Die vryemarkstelsel en die kompetisie wat inherent deel van die private sektor is, sal hierdie vlakke van wanbestuur uitskakel. Privatisering sal die SAUK dwing om die nare feite in die gesig te staar en meer verantwoordelike bestuursbesluite te neem,” het Roets gesê.

City Press het Sondag berig dat ’n interne memorandum, wat aan bestuurders in die SAUK gerig is, onlangs uitgelek het. Die memorandum lees: “Ons het slegs R104 miljoen beskikbaar om krediteure op 31 Maart 2017 te betaal,” en ook “afdelings se versoeke vir betalings is meer as wat beskikbaar is”.

Gevolglik het die SAUK ʼn lys van kritieke verskaffers opgestel wat munisipaliteite, universiteite en Telkom insluit. ʼn Totaal van R30 miljoen word vir hierdie doel opsygesit. Die restant sal aan die onderskeie afdelings betaal word gebaseer op die persentasie besteding ten opsigte van betalings aan skuldeisers per afdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AL ·

Dis een van die redes waarom ons moet opstaan teen die voortgesette korrupsie en wanbesteding van ons belastinggeld.
Die SAUK moet objektief nuus uitsaai, maar weereens word ons belastinggeld ‘gecapture’ om slegs die regerende party se beeld te poets.

John ·

Nog ann7’s en… en… Niks sal beter word nie, inteendeel. Die hoop beskaam, onbeskaamd. Begin ‘n eie Afrikaner-nuusstasie. As die Guptas kan, kan ons ook.

snoefie ·

die Gupta’s is staatsbegunstigdes, john. daar sal nie n lisensie aan n Afrikaanse nuusstasie toegestaan word nie. wel, Afrikaner? seker net as die Afrikaan met n EFF of anc hempie aan, gaan aansoek doen.

Koos1 ·

Daar was beroepe om lisensie geld terug te hou. Wel ek betaal nie direk aan die SABC oor nie, maar met die reddingsboeie elke jaar betaal ek tog indirek, met my belasting geld. En dis baie meet as die R20 of so per maand wat die lisensie kos. Vir ANN7 het jy skottel nodig en die regering kan nie aan almal voorsien nie, so Ernst, nee die regering sal hulle nooit privatiseer nie, want dan verdwyn hulle mondstuk. Ons moet net onthou dat in die ou SA het die regering ook so die SABC misbruik.

Jean ·

Ek stem ook vir privatisering, die staat sal egter nooit instem nie. Dit is ‘n maklike bron van inkomste en ook ‘n manier om die ANC se marbles heeltyd te polish. Ons word gedwing en gedreig om ons lisensies te betaal terwyl daar werklik NIKS meer vir ons aangebied word nie, ons almal het DSTV waarvoor ons nog ‘n paar honderd rand ‘n maand EKSTRA moet betaal om net iets te hê om na te kyk. PRIVATISERING staan ek verseker voor, of die STAAT hierdie heerlike bron van inkomste en verniet propaganda gaan opgee, twyfel ek sterk.

Johann ·

Hoop dan word minder programme herhaal, en die uiterste swak programme wat uitgesaai word is iets om van naar te word

Hendrik ·

Ruk eerder die SAUK reg. Die privaat media in die VSA is baie gedienstig aan die politici. Kyk na die BBC as voorbeeld vir goeie openbare media. Privaat media se doelwit is winsbejag en dit het net sensasionele beriggewing tot gevolg.

CHRISTA ·

As die SAUK die “majority” wat “rule” se tv-lisensiegelde ELKE JAAR inkry sal hulle NOOIT WEER in die ROOI wees nie (behalwe as hulle die EFF se univorm aantrek)!!! Hoekom moet ons vir ons tv-lisensies betaal en die “majority” kyk verniet en die “majority” programme is vir HULLE?!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.