‘Privatiseer Eskom, of laat ander krag opwek’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Eskom moet geprivatiseer word óf iemand anders moet toegelaat word om krag op te wek – mits dit nie teen ʼn hoër tarief is nie.

Dít is wat die meeste respondente aangedui het in die navorsingsnetwerk Afrobarometer se studie oor die huidige kragkrisis.

Afrobarometer het in November en Desember verlede jaar die studie gedoen waarin 1 600 Suid-Afrikaners hul terugvoer oor Eskom, die stand van die kragkrisis en die regering se aandeel in die voortslepende kragonderbrekings gegee het.

Die meeste respondente (59%) het aangedui dat Eskom geprivatiseer moet word, maar slegs 51% is bereid om meer vir krag te betaal in ruil vir beter dienste, eerder as om minder te betaal en swak dienste te ontvang.

ʼn Derde van die respondente is glad nie eens bereid om die moontlikheid van ʼn tariefverhoging vir beter dienste te oorweeg nie en 17% is besluiteloos oor die saak.

Luidens die navorsing is die grootste steun vir hoër tariewe in ruil vir beter dienste onder inwoners van KwaZulu-Natal (66%). Diegene in die Oos-Kaap (37%) is uit al die ander provinsies egter die minste bereidwillig om dié opsie te oorweeg.

“Ondersteuning vir hoër pryse in ruil vir beter dienste neem toe met respondente se ekonomiese status en opvoedingsvlak,” lui die navorsing.

“Slegs ʼn derde van diegene met geen formele skoolopleiding nie is ten gunste van hierdie voorstel, terwyl byna 60% van diegene wat ekonomies die beste vaar dit ondersteun.”

Wie sal meer vir kragverskaffing betaal?

Hoe lyk toekoms van kragverskaffing?

Hoewel sowat 95% van Suid-Afrikaners toegang tot die nasionale kragnetwerk het, beteken dié koppeling nie dat daar altyd krag beskikbaar gaan wees nie.

Onder diegene wat van die nasionale kragnetwerk afhanklik is, sê byna sewe uit 10 (69%) dat hul elektrisiteit “meestal” (42%) of “altyd” (27%) werk. Drie uit 10 mense (30%) sê dat hul krag omtrent die helfte van die tyd of minder werk.

Afrobarometer het egter in sy navorsing bevind dat kragvoorsiening ʼn topprioriteit vir Suid-Afrikaners is, daarom voel hulle die regering moet dit behoorlik pak.

Slegs misdaad en werkloosheid word as meer drukkende kwessies beskou.

Altesaam 87% van die respondente is egter nie oortuig dat die regering ooit behoorlik sy moue gaan oprol nie, aangesien hy reeds liederlik misluk om betroubare basiskrag te verskaf.

Wat is dus die toekoms van kragopwekking en betroubare verskaffing in die land? Die meeste respondente glo die antwoord lê in privatisering.

Wes-Kapenaars is die meeste ten gunste (73%) van die idee van privatisering, maar die plan het nog nie vatplek gekry by inwoners van Noordwes nie.

Moet Eskom geprivatiseer word?

ʼn Groot meerderheid (76%) van burgers ondersteun ook die beëindiging van Eskom se monopolie op elektrisiteitverskaffing en sê die regering moet ander rolspelers toelaat om elektrisiteit in Suid-Afrika op te wek en te versprei.

Vrystaters (89%) en diegene in die Noord-Kaap (84%) is veral voorstanders van hierdie idee.

Moet ander geleentheid kry om krag op te wek?

“Die uiteinde van die opname skets ʼn duidelike prentjie: Die regering kon die meeste Suid-Afrikaners aan die kragnetwerk koppel, maar sy vermoë om op ʼn betroubare grondslag elektrisiteit te verskaf, is treurig.

“Daarom eis burgers dat Eskom sy monopolie prysgee ten gunste van beter kragverskaffing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Harley Davidson ·

Die weskaap moet totaal afstig van Suid-Afrika en ek stem saam escom moet geprivatiseer word en meer rolspelers moet tot die mark toetree, dit sal kompetisie tot gevolg hê wat net voordelig vir die kliënt sal hê.

Goldy ·

Dis die enigste maar enigste manier om te oorleef vir die wat nie sal kan emmigreer nie en dit moet nou baie hard voor onderhaldel word

Cherokee ·

Dink julle werklik die anc sal op enige manier daarvoor te vinde wees? Onderhandeling kan slegs plaasvind indien daar ‘n moontlikheid bestaan om te slaag.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die basis van onderhandeling is om iets aan die regime in ruil aan te bied wat aanloklik is.

Janine ·

Nie ALMAL van ons wil DAAR bly nie! Jul weer suig nog erger as Gauteng s’n….tsk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niemand sal jou “ons” verplig om “hier” te woon nie. Bly waar jy is en bly uit die debat.

Cherokee ·

Wie het jou na die debat genooi, RWS? Janine kry een van die voorste stoele.

Papsak ·

Asb ek stem saam hoe lank al vra ons vir privatesering vir eskom asb doen dit ons vra mooi privatiseer gou ook

Amelia ·

Probleem is heelwaarskynlik sal rama of sy kaders dit koop en krag prys opstoot dan sit ons met nog grooter probleem of as russe of china koop

JohanR ·

Mense die president van SA Gwede Mantashe en vroulief maak net te lekker geld uit steenkool aan Eskom te verkoop. Why kill the GOLDEN GOOSE!

Goldy ·

Net as ons hulle sal bly toelaat om ons lewens op te eet, maar dit gaan moet stop.

Goldy ·

Dis hoekom ons onsself van die vretende kanker kaneldiewe en kragdiewe moet lossny anders gaan die metastasis ons ook vernietig.

richard ·

Ek Wil net vra wat gaan die stap om Eskom uit die staat se hande te kry werk as daar nog moontlik sabotasie is
Nuwe wetgewing gaan ook nie baie aan die werk personeel verander nie.
Sien nie regtig n verbetering nie want die krag stasies sal aanhoudend breek as daar nie daad werklik stappe is om dit te keer nie.

Cherokee ·

Eskom het pas ʼn verlies van R21,2 miljard verklaar, die grootste nóg. Niemand sal dit wil hê nie.

annie ·

Nou is ons weer by die plan om die Karoo om te dolwe. Ons raai wie vasbyt aan daai plan. En terloops wat het toe van die Padda-gasveld geword in die verre omgewing van Mosselbaai? Het dit toe nie in die paddaprins verander nie?

domheks ·

NOOIT! Julle kan nie vra vir privatisering nie – waar kry hulle (cANCer) dan ‘n trog om te eet?

Goldy ·

Net as ons die staat nie gaan keer nie. Daarom moet ons instansies soos Afriforum, outa, VF plus en DA ondersteun.

Elizna ·

Hul moet kom leer in KZN Ladysmith se krag bly AAN ….nog nooit is ons krag af nie.omliggende areas amper heeldag in donker.

Althes ·

Eskom het ongeveer R21 miljard verloor in finansiele boekjaar. Niemand is meer lus vd regering se politieke speletjiea nie, so ja privatiseer ons belastingbetalende bodemlose put.
Ons almal is ‘aandeelhouers’ in Eskom omdat ons belastinggeld daarin gaan.

otter ·

of dit gebeur nou of die mense staan op en vat die land terug…. hulle het die land nou te veel opgeneek , tyd dat ons begin reg maak

annie ·

Hoe lank bly ‘n sterwende wat reeds ‘n klankie het aan duur lewensbehouende apparaat vasgekoppel? Om die een ou man se ego te streel? Marxiste klou soos die gierige ou aan sy kis vol goue ponde langs sy bed… Speel met sy ou vingers deur die klingels… Pateties verby. SA is in die sterwende se laaste rusplek. Die windjie dra die onaangename klankie vér. Dit raak pandemies van aard.

anko ·

Soweto en hul kaders in bevel se krag bly aan. Hulle betaal nie eens daarvoor nie. Ons ander moet “suffer”

Chris ·

Dit was maar die plan van die begin af – almal word deur “human herding” in die rigting gedruk. Dit is maar deel van die WEF se plan om ons almal slawe te maak van die “Big Corporates”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.