Privatiseer Eskom, SAL, sê Buthelezi

Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty op 17 Februarie 2015  tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty op 17 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die regering moet staatsbeheerde maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Eskom privatiseer en nie nog geld daarin pomp nie, het Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), Dinsdag gesê.

“Ons het goeie geld op slegte goed gemors,” het hy aan LP’s gesê tydens ʼn gesamentlike sitting oor pres. Jacob Zuma se staatsrede.

Buthelezi het Zuma aangeraai om die Britse eerste minister Margaret Thatcher se voorbeeld te volg deur die semistaatsinstellings te privatiseer. “Daar het ʼn ommekeer in die Verenigde Koninkryk se ekonomie gekom.”

Zuma het verlede week in sy staatsrede aangekondig dat R23 miljard aan Eskom gegee sal word.

Buthelezi het na die chaos in die parlement verlede Donderdag verwys en gesê LP’s behoort hulleself te skaam. “Wat gebeur het was ʼn vernedering vir ons land en ons behoort skaam te voel daaroor,” het hy gesê. “Die integriteit van hierdie Huis was in flarde.”

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het ook Dinsdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede behoorlik ingeklim onder pres. Jacob Zuma. Klik hier om meer te lees.

Lees alle vorige berigte oor die staatsrede op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Mnr Buthelezi, is nog van die ou skool, en die ANC en Zuma kan gerus na hom luister. Hy was en is nog altyd ‘n waardige respekvolle leier, en het hom self nog nooit vergryp aan swak gedrag nie. Ek stem saam met sy standpunt dat , “Ons het goeie geld op slegte goed gemors,”

amelia ·

My vraag is voor 1994 was daar nie eers gedagtes aan beurt krag nie Als was in stand gehou deur bekwame mense Vandag wag die “bekwames” net vir die end van maand vir hul geld en doen so min as moontlik vir so lank as moontlik Gee die werklike bekwame mense hul werk terug dan sal dit baie beter gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.