Privatisering van rioolaanlegte geëis

Dooie visse is deesdae nie meer ‘n vreemde verskynsel in die Vaalrivier nie. Foto: @SAVEthevaal/Facebook.

Die VF Plus sal ʼn mosie in die parlement ter tafel lê in ʼn poging om die privatisering van rioolaanlegte te bewerkstellig.

Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die vissterftes in die Vaalrivier dien as bewys van die erge besoedeling wat dié waterstelsel se totale ekosisteem nou bedreig terwyl ʼn “oënskynlik ongeërgde regering ontken dat daar ʼn wesenlike lewensbedreigende probleem vir mens en dier bestaan wat van dié water afhanklik is”.

Wessels meen hoewel die besoedeling van die stelsel goed gedokumenteer is, probeer die nasionale departement van water en sanitasie die probleem nogtans verdoesel deur te beweer die vissterftes is die gevolg van ʼn daling in temperatuur en ʼn tekort aan suurstof in die water.

“Die waarheid is dat die besoedeling van die Vaalrivier en ander waterbronne in die land deel is van die onbevoegdheid, wanbestuur en korrupsie wat munisipaliteite landwyd in duie laat stort.”

Die VF Plus meen die enigste oplossing vir Suid-Afrika se rioolkrisis is die privatisering van rioolaanlegte. “Die VF Plus eis dat rioolaanlegte aan kundige en bevoegde maatskappye oorgedra word sodat dit gereguleer en volgens gesonde sakebeginsels bestuur kan word.”

Wessels het gesê sy party neem kennis van die onderneming van die minister van water en sanitasie, Gugile Nkwinti, om pres. Cyril Ramaphosa te nader om die Sebokeng Streeksrioolskema (SRSS) tot nasionale sleutelpunt te laat verklaar.

“Om dié skema ʼn nasionale sleutelpunt te maak gaan egter nie die tekort aan kundigheid en bevoegdheid om die rioolaanleg te bestuur, oplos nie,” het Wessels gesê.

Wessels meen munisipaliteite geleë aan die land se belangrikste waterbronne veroorsaak die grootste besoedeling van riviere en waterbronne.

“Voorbeelde hiervan is die rioolaanlegte en nywerhede in Emfuleni (Vereeniging), Ngwathe (Parys), Mafube (Frankfort) en Moqhaka (Kroonstad). Die storting van riool in belangrike waterbronne soos die Vaalrivier, die Valsrivier en die Wilgerivier is uiters onverantwoordelik en is niks anders nie as sabotasie van een van die land se heel belangrikste hulpbronne.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Naomi ·

Haha. Global warming en een van die dae loop ons in SA met gasmaskers. Suurstof raak min. Ek dog ek is onfiks!!! Nee!! Dis ‘n suurstoftekort

Siek en sat ·

Nou het ek alles gehoor. Daars nie pille vir daardie departement nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeie voorstel……….maar dan betaal ek nie die Munisipaliteit vir die “diens” nie, want hulle gaan die rioolstelsel laat privatiseer………….en die koste daarvan met 500% eskaleer voordat hulle dit op die huis-eienaar se rekeningstaat aanbring. Met ander woorde……..hulle gaan doen wat hulle nou doen: Geld kry vir niksdoen.

Paul ·

Die mense/Regering aan die beheer van die land, verstaan nie die aardbol en hoe om ons voortbestaan te verseker nie.

Willem ·

Naamsverandering van dorpe en stede het verval saamgebring.

Anneli ·

Dankie! Dis al wat moontlik sal help om ons uit hierdie vieslike omstandighede te help.
Die mense van SA moet besef dat dit ALMAL in die land benadeel- nie net die witmense wat deur Affika verag word nie

Paul ·

Waar is Atlas wat die wêreld se probleme op sy skouers kon pas.

Petro ·

Hoop net hulle gee die tenders aan mense wat weet wat hulle doen

Nutraal ·

Nee wat. Dit sal n wonder wees indien dit aan die regte mense oorgedra word. Ons het dit mos al geleer of hoe dan nou.

Frans ·

Ek is ‘n Pr. Ing. wat 27 jare ondervinding on Biogasprodusering besit asook proseservaring vanaf Rioolsuiweringswerke besit. Ek kan prosesse wat nie operasioneel is nie, weer na operasionele toestand terugbring. Gaan julle bevoegde persone met ervaring toelaat, of gaan dit net ‘n “leë” belofte van privatisering wees? Ons Rioolsuiweringswerke is in ‘n kritiese chaotiese toestand. Ons ekosisteem en waterbronne is in groot gevaar t.o.v. besoedeling. Ons het behandelde water nodig om te oorleef! Wat is julle plan?

Afrikaanse Knaap ·

Frans… Frans… jy praat hier van die SA regering. Ou maat… as jy ‘n plan verwag… gaan jy verseker teleurgesteld wees. Die SA het geen planne anders as krises beheer nie. Geen. Absoluut niks.

Nutraal ·

Frans. Jou kwalifikasie is in die kol maar ons weet mos nou dat daar sal oor jou kop gekyk word na die man wat graad 5 het

lewies ·

Dit gaan ook oor WRKETIEK wat as ‘n vloekwoord deur die beleidmakers beskou word. Ek wonder of die woord “WERKSETIEK” deel is van die woordeskat van die toespraakmakers. Of is dit deel van die uitdrukking “challenges” waarna daar in elke toespraak verwys word, Kom ons praat vir ‘n slag reguit oor die groter, baie groter probleem.

Ellisras ·

Dit is ‘n idee wat gaan vlieg soos ‘n vrot vis. Net nog ‘n plek waar tenders vir een of ander Gupta gegee gaan word. Die stelsel het altyd goed gewerk. Dit moet net weer gemaak word dat dit werk.

Afrikaanse Knaap ·

Die manne wat die riool aanlegte op gepas het 2 dekades terug was almal middeljare blanke mans. Hulle is die eerste manne wat die regering gevra het om te gaan gebasseer op hulle vel kleur.
Toe was daar so 5 jaar terug ‘n ook ‘n artikel oor hoe die regering Kubane sou inkry om te help, en die skrywer het genoem in watse chaotiese toestand Kuba se water is.
Plaan bel die regering net hierdie manne wat seker vandag almal afgetree is en werk soek, en vra hulle om te help en ‘n nuwe genarasie op te lei. Maar nee… blankes mag mos nie vir regering werk nie, veral nie voorheen bevoordeelde ou Afrikaanse mans nie.

marco polo ·

Rioolwerke word bedryf met onder meer belastingbetalersgeld, spesifiek eiendomsbelasting. Indien dit geprivatiseer word, kan ek julle verseker dat belasting nie verlaag gaan word nie, dus jy gaan dubbeld betaal. Privatisering is natuurlik ook weer n ideale geleentheid vir n BEE maatskappy, en ons almal weet wat dit beteken. Nee VF, kry eerder die dinge waarvoor mense betaal weer in werking. Of laat ons heeltemaal onttrek en skuif na die beloofde selfbeskikkingsgebied, wat niemand weet waar is nie.

dolf ·

hoe gaan hulle privatiseer? deur net eenvoudig nog baantjies vir boeties uit te deel

Robbie Williams ·

Hoe veel van die riool aanlegte in S Africa is op standaard , Hier in Klerksdorp stort rou riool in die skoonspruit in en die spruit voed die vaal rivier , Hulle sal nie privatisering toelaat nie ,want dan verloor die korupte spil geld , wat hulle nou van die staat kry en dan op ander maniere spandeer ,, Ek glo daar is bitter min riool stasies wat 100% op standaard is ,, blameer altyd iets of iemand vir hul eie foute ,, so sal geen land voerentoe gaan nie ,,

Jean ·

Mooi man Suid Afrika jy het nou mooi nes soos die res van Afrika geword met indiensneming van kwotas of sal ons hul eerder swart ekonomies bemagtigges noem,of
Positiewe diskriminerende aanstellings nogal ne…wel daar het jy nou wat gebeur as jy n persoon op n kwota stelsel indiens neem en nie meriete nie ,jy drink menslikke riool gemors vir water….net jammer die ramphosas en kie sal ten duurste gebotteltde water koop en geen maat geen slapelose nagte he oor die gemors wat hul geskep het nie!! Hoekom nie want dit is al standaard wat hul gewoond is nie n feit nie??? Ja jong dit is maar Afrika met n klomp narre aan die stuur!

Anoniem ·

Vat van die water saam parlement toe en gee vir hulle om te drink miskien skrik hulle dan wakker

Isabel van wyk ·

Dink jy rerig dit gaan help. Hulle verbaas ons dalk en vra vir nog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.