Pro-lewe-dokter hof toe oor RGB se gesloer met tugsaak

Dr. Jacques de Vos. (Foto: Doctors for Life International)

Dr. Jacques de Vos, wat sedert 2017 wag dat die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) die tugsaak teen hom afhandel, het ʼn aansoek by die hooggeregshof in Gauteng ingedien om die raad te dwing om dit te doen.

De Vos is van onetiese gedrag aangekla nadat hy in 2017 aan ʼn swanger vrou gesê het dat haar ongebore baba ʼn mens is.

De Vos was destyds ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom sonder ʼn verhoor weens die opmerking van sy ginekologie-rotasie geskors het. Sy internskap is reeds afgehandel en De Vos moes met sy gemeenskapsdiens begin het.

Die hospitaal het egter geweier om hom af te teken en De Vos kon sedertdien nog nie weer praktiseer nie.

De Vos het in Desember 2019 onskuldig op die aanklagte teen hom gepleit.

Sy regspan sê die RGB vertraag die saak teen hom al drie en ʼn half jaar lank, ten spyte van hul beste pogings om De Vos ʼn geleentheid te gee om sy saak te stel. In September verlede jaar het die RGB die klagte teen De Vos vir ʼn tweede keer teruggetrek.

Sy regspan gaan nou in die hooggeregshof aanvoer De Vos is geregtig op ʼn bevinding van skuldig of onskuldig omdat hy ʼn pleit ingedien het en dat die RGB dringend met die verhoor moet voortgaan.

Hulle sê voorts De Vos, wat in ʼn rolstoel is, is ernstig benadeel weens die onverklaarbare vertragings, die versuim om by spertye te hou en ʼn weiering om hom van inligting te voorsien oor sy beweerde wangedrag.

De Vos is gereed om sy saak te stel en so ook verskeie kundiges op die gebied van menslike anatomie en psigiatrie.

Die balju moet die hofstukke op die respondente, onder wie die RGB, . Dit behoort teen Maandag gedoen te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Jammer dokter, jou vel is te wit! Al gaan daar duisende dood weens covid, het ons nie jou wit hande nodig nie. SKAAM JULLE RGB!!!

Hennie ·

Sterkte dokter gee hulle alle hel. Ek huldig die selfde standpunt as jy.

Sêmanet ·

As die ongebore baba nie ‘n mens is nie, wat is hy/sy dan? Dis al drie jaar later, en dalk hardloop die kleinding rond, en die ma is lief vir hom/haar. Nou moet die arme dokter nogsteeds wag vir die saak om teruggetrek te word. Dan het hy mos niemand skade gedoen nie. Of hoe?

Estelle ·

Om pro lewe te wees is een van die grootste sondes vir die wereld (nuwe wereld orde). Dis een van die redes hoekom die wereld Trump so gehaat het, omdat hy teen aborsie was. Dr. jy word vervolg deur n sondige organisasie en regering. (Die ANC en DA is voorstanders van aborsie.) God sal met hul afreken. Jy is reg, n fetus is n mens/baba. Mag Jesus jou red uit die hande van jou bose vyande en seen vir al die vervolging wat jy deurgegaan het

Hennie ·

Ja né! Die dingetjie daar binne is seker ‘n apie en dan, as dit uitkom dan kap ons die stert af en krap die hare af en dan spray ons dit ‘n kleur en dan as die goggelolettjie dit maak tot puberteit, DAN IS DIT EERS ‘N MENS! Hoe verdom kan die goed nie wees nie? Hier kom ‘n mooi groot eis…wat deur die belastingbetaler betaal gaan word!

Jaco ·

As jy wit is in dié anti-wit SA en jy hét werk, doen dan net PRESIES wat van jou verwag word. Ek weet hoe dit voel om werkloos te wees.

Sonia ·

Nie teen jou geloofsbeginsels nie! Hierdie jong dokter staan steeds by sy Bybelse beginsels, as hy ‘n zwakkeling was sou hy al lankal gedoen het wat jy voorstel.

Casper ·

Het die ma nie iemand anders gekry om die aborsie te doen nie.Wat is die verskil tussen ‘n aborsie en genadedood.In beide gevalle word ‘n lewe beëindig.Die een is wettig maar die ander is moord.Speel die dokter se geloofsoortuigings nie ‘n rol nie.

Phillip ·

Ek stem saam met die dokter. Net God kan n lewe skenk en die oomblik as daardie sperm met die eier geheg het is dit n lewe deur God geseën en niemand het die reg om dit weg te vat nie. Nie eers die ma nie. As sy geweet het om sex te hê moes sy geweet het wat die gevolge mag wees. Gee die baba op vir aaneming maar moenie dood maak nie.

Sandra ·

Hoe verstaan ek nou? Dit is mos ‘n mens in die baarmoeder. Die wêreld raak heeltemal simpel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.