Pro-lewe-dokter in ‘nagmerrie’ vasgevang

Dr. Jacques de Vos tydens die tugverhoor. (Foto: Doctors for Life International)

Drie jaar nadat ʼn jong dokter van onetiese gedrag beskuldig is nadat hy ʼn swanger vrou ingelig het dat haar ongebore baba ʼn mens is, sloer die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) se tugsaak teen hom steeds.

Dr. Jacques de Vos was in 2017 ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking. Hy is destyds sonder ʼn verhoor van sy ginekologie-rotasie geskors ná die opmerking.

Sy internskap is in Junie 2017 reeds afgehandel en hy sou daarna met sy gemeenskapsdiens begin het. Die hospitaal het egter geweier om hom af te teken.

De Vos kon sedertdien nog glad nie weer praktiseer nie.

Die saak, wat reeds etlike kere uitgestel is, sou in April vanjaar hervat word. Dit is weens die Covid-19-pandemie egter onbepaald uitgestel.

Martus de Wet, De Vos se regsverteenwoordiger, het die afgelope week gesê drie jaar nadat die klagte teen De Vos aanhangig gemaak is, wag hulle boonop steeds vir ʼn verklaring van die klaagster teenoor wie De Vos die opmerking glo gemaak het.

Terwyl die betrokke partye onderling informeel ooreengekom het dat die saak op 1 Oktober hervat sou word, het die RGB nie die datum bevestig nie. Daar is dus steeds geen datum vir wanneer die verhoor hervat gaan word nie.

Dr. Jacques de Vos.

“Dr. De Vos kan intussen steeds nie praktiseer nie. Hy doen wat hy kan om aan die gang te bly en vir homself te sorg. Die hele kwessie het uiteraard ook ʼn uitwerking op sy gesondheid,” het De Wet gesê. De Vos het diepaartrombose en is in ʼn rolstoel.

Twee van die aanvanklike vier klagte teen De Vos is sedertdien laat vaar en hoewel die RGB aangedui het dat hy die hooggeregshof gaan nader vir ʼn hersiening van hierdie besluit, is daar tot dusver nog geen sodanige aansoek ingedien nie.

De Vos se regspan het die tugkomitee gevra om hom onskuldig op die klagte teen hom te bevind sodat die “nagmerrie” waarin hy hom bevind, beëindig kan word.

Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die RGB, het by navraag gesê geen datum is nog vasgestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Skalla ·

Sterkte. Moord is moord, wat het geword van voorbehoed middels en bly van jou rug af?

Anoniem ·

Die wereld is siek, as n mens so behandel word wat pro-lewe is weet ek nie waarheen ons oppad is nie.

Annettest ·

Die wêrekd is siek!! Om moord te pleeg met aborsies is aanvaarbaar, maar om ‘n baba se lewe te probeer red, is ‘n misdaad!

Jaco ·

As jy in 2020 wit is in SA en jy het nog werk, doen dan eenvoudig PRESIES wat van jou verwag word. Om grootmond allerhande beginsels voor te hou waarom jy sekere werk nie wil doen nie, gaan net lei tot werksverlies en dan jare, ja jare, se gesukkel om weer werk te kry.

wim ·

Dit is omdat mense so redeneer dat vergrype soos die onder Mao Tse Toeng, Stalin, Pol Pot,en Hitler plaasgevind het, sowel as ‘n rits kleiner (nie volksmoord) ongeregtighede.

Anoniem ·

Die dokter het goeie beginsels, wat ek bietjie twyfel jy nie het nie Jaco, maar as n mediese dokter vir jou sê dat ń ongebore baba n mens is dan staaf hy heelmoontlik sy beginsels saam en op medisinie en studies en moet jy dalk vir n kenner soos hy luister as jy pro-keuse/aborsie is want dan sal jy sien aborsie = moord en deinitief verkeerd.

Lourens CFG ·

Ek wonder net, kan hy nie RGB dagvaar om op te hou sloer nie?
As hulle wil aankla, kla dan aan en kry klaar, of gooi die saak uit.
As die klaagster nie na vore kom nie, moet die saak finaal beslis word.

lollapot ·

Wat n skande…
Sterkstaan Dokter De Vos, God het n plan vir jou!

Jaco ·

Dié man is al 3 jaar sonder werk. Is dít ook deel van God se plan???

Mieke ·

Kyk gerus na Josef sê swaarkry in die Ou Testament… God het hom ook voorberei…. en kyk qaar het hy ge-eindig! Swaarkry maak mens net sterker. As jy alles op een slag kry, hoeveel waardering gaan jy hê?

annie ·

Welkom in die Nuwe Wèreldorde, mense. 1984 is met ons ~ reg is verkeerd, goed is sleg. Menseregte sluit op sy gagga-ste die mens se mag oor ‘n ander se lewe in. Terwyl dit moontlik is om nie swanger te word as jy nie wil nie (daar is uitsonderings), wil baie vroue ‘n magspel speel vir geld of wat ookal en as dit nie realiseer nie moet ‘n derde party die verantwoordelikheid dra en mamma se gewete is gesus. Waar is die pa’s?

4ntj13 ·

Ai, die Mediese Beroepsraad se Etiekkommittee…
Hulle vang blykbaar dikwels uiters dom dinge aan. Laat vaar sommer ernstige sake sonder ʼn onafhanklike ondersoek ook. In my opinie verantwoordelik vir meer sterftes in Suid-Afrika as enige, wrede dokter op sy eie. Ek sou enige dag dr de Vos bo duisende ander verkies, en hulle blok al die pasiënte soos ek! Dis mos ook oneties! Moet ek ʼn verklaring gee om die etiekkommittee vir onetiese gedrag aan te kla? Ek sal dit met graagte doen!

Gemaskerde Sopbeen ·

Sterkte. RGB weet hulle het swak saak so uitstel taktiek. Dis mos maar hoe dinge werk in die nuwe SA.

Blomme ·

Wonder of die swanger vrou hom genader het vir aborsie.. Indien lyk dit of normes en waardes nie meer ń voet het om op te staan in die reenboognasie van ons!! Wat nog van vryheid van spraak en godsdiensbeginsels!! Arme Suid Afrika!!

Kakamiet ·

Telling a pregnant woman her baby is human, is a crime??? What happens to someone who tells a woman the child she just miscarried wasnt a child it was a fetus?! Which one is the correct thing to say please? Medical Drs can educate us now. Who gets THE RIGHT to declare the formation in a womans belly, human or not? So human is alive, fetus is what? I’m confused but not really. This world is due to burn with all its evil ppl. Keep going, prove Gods word is right!

Jaco ·

As jy in 2020 wit is in SA en jy het werk, doen dan net presies wat van jou verwag word. Teëpraat en allerhande beginsels voorhou gaan nie werk nie. Hier is dié dr nou al 3 jaar werkloos.
Ek moet in my werk ook sekere beginsels maar by die huis los, dis beter as om werkloos te wees. Ek was al daar ook en dis regtig bitterlik moeilik om weer werk te kry. Oral word deure in jou gesig toegeklap oor jou “verkeerde” velkleur.

Mieke ·

Ja en wat van jou God gegewe gewete? Gaan jy ook teen God se beginsels besluit?

My siening ·

Vryheid van geloof en beginsels wat n grap, Dr baie dankie dat jy beginsel vas is want die ANC regering weet nie wat bogenoemde beteken want dis in elk geval n moord lustig samelewing waar in ons bly.

Jax ·

Dit is siek wêreld waarin ons woon! Ek staan verstom oor die mediese raad se besluit om hierdie dokter te dagvaar! ‘n Lewe is kosbaar – daardie kindjie het n reg op lewe. As die moordenaar se lewe “gespaar” word deur tronkstraf uit te dien ipv die doodstraf kry, kan ek werklik nie sien hoekom n ongebore kindjie se lewe ingevaar gebring word deur n aborsie nie. Hierdie dokter het eties reg opgetree. Dokters word geleer en toegerus om n lewe te beskerm en te red – ongeag wie, wat, waar en wanneer! Dit is moord!!!!!!!!
Dokter De Vos het reg opgetree. Dankie dokter, dat jy ook omsien na die kleinstes van die mensdom – hulle wat nog nie vir hulself kan praat nie. Mag die Here jou werk seën op elke terrein en omstandigheid! Jy is die tipe dokter wat hierdie wêreld baie baie nodig het!!

Hennie ·

Daar is definitief meer as een kant van die storie. Klink my hy is nie werklik geskik om in die mediese beroep te staan nie. Sal verseker nie van sy dienste gebruik maak nie.

Lynette ·

Ai Dr. Jacques, in ons land kan jy met moord wegkom. Letterlik. Toe jy jou mening ,met reg, lug om n nuwe lewetjie te red, word jy die “misdadiger”. Hoe onderstebo wil jy nog meer kry. Ek is oortuig sy/haar lewe word jou in die Hemel toegereken. Ek bid vir jou vir gesondheid. Ek bid dat in die land wat meer omgee vir woorde as lewens jy sal geregtigheid(ha!) kry, sodat jy kan gesond word en die puik dokter, wat jy is, kan word. Sterkte vir jou. Ek sit jou en ander dokters soos jy op my gebedslysie. Ek wonder hoeveel Covid gevalle se lewens jy kon help red het?

LiveAndLetLive ·

Hier is n mediese Dr. wat jare verloor waarin hy so baie mense kon help, veroorsaak deur n vrou wat besluit het voorbehoed pille is nie vir haar nie – laat vaar die saak sodat hierdie Dr. sy lewe kan leef – dit is absurd om hom te skors a.g.v simpel pasiente. En Dr’s hou maar eerder julle persoonlike uitlating vir julle self asb. Live and let live to both of you.

Gogga ·

Goed, so in my oe het die Dr 100% reg opgetree. In dieselfde asem wonder ek, is die baba toe deur ‘n ander Dr aborteer? Is die kind toe nou gebore? As die kind dan wel gebore is, hoop ek iemand sal hom vertel oor die hele debakel en ek hoop dat hy vir die Dr kan vertel dat hy dankbaar is dat hy kon lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.