‘Pro-lewe’-dokter: Regstappe teen hospitaal oorweeg

Dr. Jacques de Vos tydens die tugverhoor. (Foto: Doctors for Life International)

Die bevelvoerder van 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad het toegegee dat dit ʼn fout was om dr. Jacques de Vos te verhoed om as mediese intern afgeteken te word.

De Vos (32) word van onetiese gedrag aangekla nadat hy ʼn pasiënt glo geadviseer het dat haar ongebore baba ʼn mens is. De Vos was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking.

Volgens Doctors for Life International, wat De Vos in sy tugverhoor deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) ondersteun, is De Vos sonder ʼn verhoor van sy ginekologie-rotasie geskors ná die opmerking. Sy internskap is in Junie 2017 reeds afgehandel en hy sou daarna met sy gemeenskapsdiens begin. Die hospitaal het egter geweier om hom af te teken en hy is sedertdien verbied om te praktiseer.

Nadat die RGB twee van die aanklagte teen De Vos laat vaar het, is dit egter bevestig dat die verhoor nié die hospitaal keer om De Vos af te teken nie.

Die nuwe bevelvoerder van 2 Militêre Hospitaal het intussen aan De Vos se prokureurs geskryf en toegegee dat sy voorgangers verkeerd opgetree het en hom daartoe verbind om te help dat De Vos afgeteken word.

(Foto: Facebook)

Doctors for Life International sê ten spyte van dié verwikkelinge, is De Vos se dokumente steeds nie afgehandel nie en oorweeg hulle regstappe om die hospitaal te dwing om hom af te teken. Hulle oorweeg ook ʼn skadevergoedingseis – teen die betrokkenes in hul persoonlike hoedanigheid – weens die skade wat hy vanweë die gesloer met die saak gely het.

Die tugverhoor het intussen die afgelope week gehoor die ongebore baba waaroor De Vos die pasiënt geadviseer het, was tussen 19 en 20 weke oud.

De Vos ontken skuld op die oorblywende twee aanklagte teen hom. Die verhoor sal op 2 April 2020 hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Michael ·

Ek hoop hul stuur die foto aan die vrou wat die klag gelê het.

VanAfrika ·

Ek dring daarop aan dat julle Dr De Vos sal vrylaat van hierdie aantygings en hom in sy volle hoedanigheid laat praktiseer. Ons het eie reg en dit was sy reg om daardie baba te beskerm omdat die kleinding nie n stem gehad het nie. Ek sou daarvan gehou het dat as dit my ma was wat my wou aboteer, daar iemand soos Dr De Vos is wat vir my regte om lewe sal baklei. Ek is seker daarvan as daardie babatjie nog lewe, hy of sy eendag Dr De Vos sal bedank omdat hy of sy kans op lewe gekry het.

Cherokee ·

Ag ja VA, as jy dan so aanhou en aanhou… hulle sal dit maar doen soos jy vra.

Anti ·

Hi cherokee, my ma het altyd gesê as jy nie iets moois het om te sê nie, bly liewer stil…

Terrie ·

Hoe siek het ons wêreld nie geword nie. Is vervolgingswaansin die nuwe stokperdjie in ons samelewing. Die dokter is tog reg in sy mening. Wat noem die vervolgers, ‘n ongebore baba. Iets sê vir my dat die dokter dalk ‘n bedreiging vir sy seniors is want hy weet meer as hulle.

Maljan ·

Goed so. Ek hoop hulle stel n skadevergoedingseis in en dat dit slaag. Iemand behoort die ANC weer te herinner aan artikel 15 van die grondwet. As artikel 15 van die grondwet vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en mening waarborg, hoekom was die man benadeel en verhoed om te praktiseer omdat hy n moord wou keer? Is twaalf weke nie buitendien die afsny vir wettige aborsie nie? Hoekom was Penny Sparrow, Chris Hart en andere nie ook beskerm onder artikel 15 van die grondwet nie?

Elle ·

Anti, ek stem 100% saam. Ek Sal graag wil weet of dr de Vos vergoed sal word. Hy het binne sy menseregte en grondwetlike regte van SA.

Cherokee ·

Ek is werklik teleurgesteld dat regstappe teen die moordadige hospitaal slegs oorweeg word.

HPV ·

Suzette, daar is egter baie min logika by hierdie regering te vinde.

John ·

Daar is voldoene metodes om bevrugting te verhoed om te keer dat sulke probleme ontstaan. Sulke afkerige verwagtendes wil die voorgenome afdrywings op medici se gewetens oorplaas by wyse van hul instemming tot die daad. Waarom het die pasiènt toe gaan kla? Sy kon net elders ~ daar is plakkate orals opgeplak ~ iemand anders gaan sien het (wou seker gratis sonde pleeg). Wat gebeur het, is dat die dokter bloot haar gewete aangespreek het met die waarheid. Duisende aborsies word jaarliks glo in SA gepleeg. Die getal kan gerus kan die parlement gevra word. Gaan aborsies ook deel van die skoolprogram oor seksualiteit vorm?

Dorotie ·

Ek vra net en dit sal ook seker nie gepubliseer word nie. Hoekom word die persoon wat al die ellende veroorsaak se naam nie genoem nie? BELAGLIK

Strandloper ·

@ Charles. En duidelik n Christen ook. Dit gaan my verstand ten bowe hoe n regdenkende mens so stelling kan betwis? Wyk satan!

Bridget ·

Dr De Vos jy is ‘n wonderlike doktor jy het die regte woorde gespreek hou aan baklei jy wou net ‘n slegte ma vertel daai baba binne jou is al ‘n mensie staan bank vas agter jou het baie respek vir jou

Gritha ·

As jy amper 20 weke swanger is is dit n baba en nie n fetus nie. So in my oë bly dit moord, fetus of nie

Wettelose SA ·

Ek kan nie verstaan hoe vroue en meisies vandag nog swanger kan raak as hulle nie kinders wil he nie. Wereld wyd is voorbehoed oral gratis. En my siens wyse is,,,,, as jy op jou rug kan le om babatjies te maak moet jy op jou agterpote kan staan om hulle in die wereld te bring en groot te maak. Vir my bly dit moord want wie gee mense die reg om enige lewe te vat. Dr De Vos jy is n Dr duisend wat vasstaan op jou morele waardes en so sal jy die saak teen jou wen want jy is n man met christelike beginsels. Sterkte vorentoe vir jou loopbaan.

Josua Keys ·

‘n Swanger mama sien die dokter om haar ongebore baba te aboteer, dokter vra toe die ma waarom sy die baba wil laat afbring; Dokter antwoord sy,ek het reed twee kinders en sukkel om hulle groot te maak en kan nie met nog n baba sukkel nie alhoewel sy baie lief is vir haat twee kinders sal sal enige iets vir hulle doen. Dokter: mev ek het vir jou ‘n voorstel, bring vir my enige van jou twee kinders dan voer ons n genade dood op hom of haar uit dan hou jy die ongebore baba en wanner die baba gebore is het jy steeds twee kinders. Baie onsteld teenoor die dokter antwoord sy, Dokter hoe durf jy so iets voorstel dit is teen die wet en dit is moord staan op en wou by die spreekkamer uit storm van woede, mev roep die dokter ewe kalm uit en vra haar om te sit, mev verduidelik u nou vir my wat is die verskil? ofek nou een van jou gebore kinders doodmaak en of die een wat jy huidiglik in jou maag dra dit bly dieselfde waarop die ma in trane uitbars en vir die dokter onverskoning vra want sy het nooit so daaraan gedink nie. Hoeveel mense daarbuite wil bloed op dokters se hande plaas omdat hulle onverantwoordelik was……IS DIT REGVERDIG TEENOOR DIE DOKTERS??????

Hb ·

Ek hoop hy dagvaar hulle stukkend. Al wat jammer is is dat di belastingbetaler di gelag sal mut betaal in plaas van die bevelvoerder. Ek wens invidue kon persoonlik aanspreeklik gehou word vir sulke dade maar ja di ou het seker nog n meriete bonus ook nog gekry.

Asjas ·

En as die vroumens te sleg is om die kind groot te maak, laat die kind aanneem, daar is baie mense wat graag kinders wil he maar nie kan nie.

Lalla ·

Ons was vanoggend vir ons 12 weke scan en dit was reeds n ou mensie. Met perfekte beentjies wat skop, n lyfie wat buig, die mooiste ou lippies en neusie en n sterk hartkloppie. Mooi Dokter, baklei asb! Ons het mense soos jy nodig!
Ons het lank gebid vir ons babatjie en nou het ons haar amper by ons!

jakes ·

Kan MM dalk die naam van die vorige bevelvoerder van 2 Mil hospitaal bekendmaak? Dit sal sommer baie vrae beantwoord.

Engela de Klerk ·

Weet iemand of die baba gebore is en indien wel, wat het van die kind geword? Ek hoop die kind word eendag die waarheid vertel, van die dapper dokter wie vir sy/haar lewe opgestaan het. Ek vertrou die ma het die kind opgegee vir aanneming, want sy behoort nie die kind groot te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.