Probleme by hospitale nie altyd ‘verpleërs se skuld’

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die vakbond Denosa, wat verpleegpersoneel verteenwoordig, vra dat die gesondheidsombudsman, eerder as die Gautengse gesondheidsdepartement, die ondersoek na ʼn voorval by die Mamelodi-hospitaal behartig waar ʼn 76-jarige vrou verlede week ure lank aan ʼn stoel vasgemaak is.

Maroela Media het vroeër berig Martha Marais se familie het haar by die hospitaal aangetref waar sy met haar hande agter haar rug aan ʼn stoel in ʼn hospitaalgang vasgemaak is. Sy is glo ure lank só laat lê.

ʼn Hoëvlakondersoek is reeds na die voorval van stapel gestuur.

Denosa sê egter die ombudsman is die enigste onpartydige liggaam wat die ondersoek kan doen en glo die gesondheidsdepartement se ondersoek daarna is reeds verdag.

“Die publiek kasty dikwels verpleegpersoneel vir slegte ervarings oor goed wat nie dié personeel se fout of verantwoordelikheid is nie,” het Simphiwe Gada, woordvoerder van Denosa, gesê.

Vier personeellede, twee dokters, ʼn veiligheidswag en ʼn verpleegster, is ná die voorval by die hospitaal op verlof geplaas. Denosa sê die betrokke verpleegster is ʼn ma van twee met 28 jaar ervaring, ook in traumasorg, en is nog nooit van nalatigheid of pligsversuim beskuldig nie.

Denosa sê as die haglike omstandighede by talle gesondheidsorginstellings nie verbeter word nie, gaan meer hardwerkende verpleegsters soos dié sondaars gemaak word.

Gada het gesê by die Mamelodi-hospitaal in die besonder is daar talle leemtes. Dit sluit in ʼn tekort aan beddens wat ʼn alledaagse verskynsel is. Ongevalle-pasiënte slaap dikwels tot ʼn week lank op die vloer terwyl hulle wag vir ʼn bed. Psigiatriese pasiënte bly ook gereeld veel langer as die 72 uur-waarnemingsperiode by die hospitaal en moet versorg word deur personeel wat nie opgelei is om na hulle om te sien nie. Soms versorg agt verpleërs ook tot 100 pasiënte tussen hulle.

“Onder dié voortslepende swak toestande word daar steeds van verpleërs verwag om na die beste van hulle vermoëns te presteer. As Denosa sê ons dit is geweldig moeilik om dié rol onder sulke omstandighede te vervul.

“Ons doen ʼn beroep op hospitaalrade om te praat oor die swak toestande by hospitale sodat dié kwessies opgelos kan word. Dieselfde probleme teister die Mamelodi-hospitaal al jare lank,” het Gada gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

ne ·

Regverdig haar jare ondervinding en 2 kinders dat sy iemand anders aan ‘n stoel vasmaak? Nie eers my hond kry sulke bahandeling nie!!!

Santjie ·

Ek stem saam…. as dit nie die personeel was wat haar in die geval vasgemaak het nie (omdat dit nou volgens die dame nie die personeel se skuld is nie) wie was dit dan?

Vintcent ·

Solidariteit moet dalk gaan kyk hoe ‘n groot privaathospitaalgroep hul verpleegpersoneel behandel. Slawedrywers wat met minimum personeel wil klaarkom. Die personeel word dan links en regs blameer vir geringe foute wat insluip. Beheptheid met dissiplinêre optrede en dreigemente, veroorsaak dat gewillige en kundige personeel hul poste verlaat.

Grietjie ·

En kyk asb na super kieme m b t die man wat nou dood is nadat sy gesonde been ook gangreen gekry het. As ‘n oud verpleegster waag ek nie my lewe in ‘n hospitaal nie. Ek is ook byna dood van septisemia.

Dorie ·

Ek praat geensins hierdie voor al goed nie, dit moes nooit gebeur het nie, maar as n afgetrede verpleegkundige, met 45jr diens agter die rug, glo ek Gada het n punt hier beet. Mense wat nie indi bedryf staan nie, besef nie wat hierdie personeel deur maak nie. Wat doen jy, as daar slegs bv 3 personeellede aan diens is, maar die werk wat jy moet verrig, is 6 en meer personeel nodig. N situasie kan binne sekondes in so n eenheid verander, en dis hoogtyd dat daar nadi top gestuur gekyk word, wat gewoonlik nie”hands on” is nie en nie n vaagste benul het, en ook nie reaggeer as daar gekla word oor die probleme wat ervaar word nie.

zeno ·

Geen verskoning!!!!!!!!!!!!!!! Al is daar min personeel,`n mens word nie vasgemaak nie. Uiters swak,swak verby.

Grietjie ·

Genade Verpleegkundige, daar is mos protokol. Jy kan slegs die pasient vasmaak met verbande wanneer hulle in ‘n bed lê onder skoon beddegoed. Dan moet daar gereeld ‘n pan en ook vloeistof bedien word. Hoe KAN jy dié gedrag n punt beet noem?

Zelda ·

Sê asb vir my, want ek verstaan nie.
Watse “probleem” was dit wat die skuld gekry het en as gevolg daarvan moes sy die pasient aan die stoel vasbind? Dis hoe dit klink? Asof sy haar vasgebind het a.g.v. een of ander tekort…

pinkie ·

Slegte geriewe en tekort aan beddens is nie ‘n verskoning om ‘n bejaarde dame aan ‘n stoel vas te bind en op die vloer te laat le vir ure nie.

fred ·

my ervaring by die klinik is dat hulle te min personeel het en die verpleegsters wat daar is doen meer dan hulle beste…kan ook verstaan dat hulle gefrustreer raak en hulle geduld verloor maar die dienste is goed ..daar is natuurlik uitsonderinge wat n swak job doen…en ons moet geduldig wees

Landie ·

“Probleme by hospitale”…….daar is regtig geen verskoning wat aanvaarbaar sal wees vir wat hier gebeur het nie. Maar dis mos nou die “nuwe” SA so standaarde val, verskonings al is dit hoe belaglik is aan die orde van die dag. EN so sal die sorg in hospitale net bly agteruit gaan.

Natalene Visser ·

Het geweet hierdie berig sal kom. Nee wat, niks maar niks kan die behandeling van hierdie vrou, of dan BAIE ANDER gevalle, soos genoem word, regverdig nie. Moenie nou kom met 2 kleintjies nie – wat het hulle te make met die behandeling wat die ou vrou ontvang het? Ruk gelede was daar n berig van n persoon wat derduisende hospitaalbeddens, teaterbeddens ens ens ens by n sekere groot hospitaal in Gauteng afgeneem het wat in wind en weer staan en verweer. Glo nie meer goed vir herverbruik nie, volgens die hospitaal se antwoord daarop, maar dit sou beter gewees het as om op n koue vloer HIERDIE tyd van die jaar, te lê. Dis tyd dat geregtigheid in hierdie land weer herstel word. Moenie jouself vir medies kwalifiseer ander dan om deernis vir die siekes te hê nie.

Heleen Botha ·

Nou wie se skuld is dit dan?? Wie het haar vasgemaak? Elke persoon wat daar verby geloop het het skuld.

Cherokee ·

Kom ons draai die muntstuk om. Klomp jare gelede was ek in ‘n kop aan kop botsing wat my drie weke bewusteloos gelaat het. Ek was in ‘n bed met kantreëlings. My regtergewrig was gebreek en die hospitaalpersoneel het dit nie agtergekom nie, maar ‘n drup met aarvoeding in my regterpols geplaas. Nadat ek uit die koma gekom het maar steeds bewusteloos was, het ek, weens pyn, die aarvoedingbuis aanhoudend uitgepluk. Hulle het my vasgemaak om my te weerhou daarvan om die buis uit te trek. Iemand is skuldig vir halwe ondersoekwerk, maar nie ek of die verpleegster is skuldig. Ek blameer hulle nie daarvoor nie.

DS ·

Ma van 2 soveel te meer moes sy verstaan het dat daardie ou mens nie op ‘n harde koue vloer gelos kan word nie. Glo my daar is min na geen menslikheid meer by verpleegpersoneel nie dis’ n werk net vir geld. Maar daar is die uitsondering – en vir die personeel se ek dankie dat julle siek mense nog met respek behandel.

AT ·

Die staatshospitale is in haglike toestande en die behandeling wat mense daarkry onaanvaarbaar! Dis besig om ‘n groot krises te word, is daar iets wat gedoen kan word? Ek wonder maar net in die dorp aan die oos-rand waarin ek woon is dosyne GP’S wat hard werk en betaling daarvoor kry kan daar nie onder hulle iemand opstaan wat ‘n groep stig soos byvoorbeeld “doctors without borders” wat al is dit een dag ‘n maand uit te gaan help by die staatshospitale naby hulle nie… Hierdie plekke is besig om in lykshuise te verander i.p.v om te help mense gesond te maak. Daar is egter ook gerigte dat dit nie goed gaan met die Netcare privaathospitaal groep nie, hulle verpleeg personeel is onvoldoende opgelei en veroorsaak angs by familie lede wat geliefdes agterlaat in hulle onbekwane hande. Blykbaar klomp bekwane mense afgele en reeds ander mense in hulle plekke aangestel wat nie die werk kan doen seker vir helfte van die salaris. Mediese fondse betaal ten duurste hierdie privaat hospitale maar hulle kliente kry tweedehandse diens. Dankie tog vir goeie dokters wat nog oor is in Suid-Afrika maar wat help dit hulle doen hulle bes maar het swak verpleeg personeel wat nasorg moet toepas?

Ina ·

Geen privaat Dr’s word toegelaat by staatshosp. AL jare ni Meer mag hul daar werk nie. In Bothaville het hul sessies gedoen maar dis AL omtrent 15jr gelede gestop. In my tyd is onbeheerde pasiente wel geboei aan n bed. Polisie was groep om dit te doen en dit was in die tagtigs AL so

olivia ·

ek stem heeltemal saam dat die gesondheidspersoneel meer ure moet werk as gewoonlik ,maar die feit dat hulle meer oortyd moet werk en die feit dat n vrou aan n stoel vasgemaak was…is twee verskillende situasies. twee hande met tien vingers het daardie moeder vasgemaak. nou se vir ons wie is daai persoon met daai twee hande en tien vingers. wie is daai persoon . dan konsentreer ons op daai een sondebok en ons los die ander personeel uit wat oortyd gewerk het. wangedrag kom regverdig met oortyd nie…

T ·

Daar sal drasties ook aandag gegee moet word aan die ambulans dienste 112 laasnag so 12:45 het ek die no geskakel hul het gevra watse dorp ek is toe deur gesit na die afdeling waar jy hul die volledige adres moet gee sodat hul die ambulans kan stuur 2 ure en paar minute het verby gegaan toe is dit al 2:58 wat ek weer skakel om te hoor wat die ophou is hul se toe vir my hul is nou by een of ander plek waar in Brakpan is ons str rerig so het dit aan gegaan dat ek elke uur hul skakel om te hoor uiteindelik 4 :35 daag hul op. Ek het die ambulans man gevra hoekom hul solank neem sy antwoord we just receive the call haar dr is by OR OTHAMBO hosp nie ver van waar ons woon hul neem haar Germiston toe agv OR te vol was ek meen dit is on aanvaarbaar my tannie het Long en hart versaking sy was al voorheen dood waar di dr haar gered het. Hul sal mense moet aanstel wat mooi kan hoor en reg inligting kan deur gee. Ek dink die departement moet dit asb ook opvolg .

Boerin ·

Stem saam Natalene…elke verskoning onder die son…behalwe die werklike doen en late! Mens glo amper nie die reaksie van Denosa nie…maar dit is nie n verrassing om weereens te sien hierdie mense sit in poste en het nie n clue wat aangaan nie…!Maar weereens n bewys van hoe alles grond toe gaan!

En Dorie…dan bind jy nie n pasient op die grond aan n stoel vas nie!!!

peet ·

Elke beroep het sy uitdagings. As n professionele beampte moet die take uitgevoer word in belang van die klient dws in die mediese beroep die pasient. Soos in enige werksituasie is daar keuses. Shape up of ship out. As daar verskonings is vir elke versuim moet ons vra hoeveel pasgebore babas mag n verpleer op die vloer laat val om statisties nog bevoeg te wees.

toy ·

Twak, wie se skuld is dit, sy het sekerlik nie haarself aan ‘n stoel vasgemaak nie. Dit is om van te skree.

Wonder ·

Ek wag vir die berig wat gaan sê waarom die vrou vasgemaak is.

P'tjie ·

Ek is jammer dat NIEMAND die skuld wil aanvaar nie, want ons almal is te maklik om ‘n “pass the buck” optrede in te neem.
Daar is GEEN verskoning of rede om enige person hetsy kind of bejaard aan ‘n stoel op die vloer vas te maak in ‘n hospital nie, en dit nog met boeie?????? is ons hospitale nou tronke ook???? is die tronke te vol dat hulle nou die hospitale gebruik????en BOEIE wat gaan aan in ons land???? dit breek my hart en ek glo enige mens met ‘n hart wat sien wat die omstandighede is in ons land “never mind” net die hospital????WOW ons kan net bid glo en vertrou dat ons Hemelse Vader Sy hand sal laat ingryp en ons land reg ruk.

Jojo ·

Ek sê ook dankie vir die handjievol goeie dokters en verpleegkundiges wat nog daar buite is. Eerlik dink ek die ander doen dit bloot om te oorleef en is daar geen sprake van omgee vir die pasient nie.

PJC ·

Pasiente is ook nie altyd so onskuldig en weerloos as wat hulle voorgee om te wees nie maar nog steeds moet personeel dinge op die regte manier hanteer. Hulle kon haar maar bo-op ń bed vas gemaak het as haar kop deurmekaar was.

Sarel ·

Dat daar geen Leierskap en onbevoegde Amptenare in beheer is , is ‘n feit. Maar Vakbonde met gedurige geweldadige stakings is beslis nie so onskuldig nie.

khat ·

as die personeel doen wat van hulle verwag word en betaal word sal dit klaar 100% beter gaan maar nee hulle is so in hul self gekeer voel niks vir pasiente nie maar moet se daar is wel baie bekwame personeel wat hulle beste gee en doen maar hulle word geintemedeur die rasistiese minderheid en al wat hulle wil doen is tooi toii en strike in plaas dat hulle n hart het vir siek mense sal hulle hul liewers op grond laat slaap al is daar beddens oop en hier is die regering blameer vir hulle toelaating van bedrog nen korupsie dat geld wat begroot ios vir hospitale eerder aan gewend word vir iee gewin

judie ·

Te kort aan beddens??? Wat van daai klomp wat agter ‘n ander hospitaal le in oproes?? ‘n Geroeste bed is beter as vasgemaak op ‘n koue vloer!!! Geen verskoning vir swak diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.