ʼn Toename in meganiese foute Saterdag by Eskom se kragstasies verlaag die beskikbaarheid van voldoende kragopwekking en beurtkrag sal Sondag waarskynlik na fase 2 aangepas word.
Die kragvoorsiener het gesê hy was nie in staat om voldoende reserwes op te bou vir die komende week nie. “Ons moet dus ongelukkig aankondig dat fase 2-beurtkrag ʼn hoë moontlikheid is vir Sondag. Daar is ook ʼn hoë waarskynlikheid vir fase 2-beurtkrag Maandag, 10 Desember. Ons vra om verskoning vir die laat kennisgewing en die ongerief wat dit mag veroorsaak.”
Eskom doen steeds ʼn beroep op inwoners en ondernemings om spaarsamig met elektrisiteit te werk te gaan. “Skakel asseblief alle geysers, nie-noodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle af.”
Beurtkragskedules vir Eskom-klante is op Eskom se webwerf beskikbaar of kontak die kontaksentrum by 0860 037 566.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
48 Kommentare
Ek wonder darem waarvoor berei ESKOM EINTLIK verbruikers voor… Nog n droogte ( elektries van aard )?
Hierdie dinge gaan lei tot ‘n totale krag onderbreking.
Bitter swak beplanning, hulle wil net die verhoging meer maak en minder doen , die probleem is hulle is te veel ,”fatcats” , en niemand kan / wil die werk doen .
Aggenee ouens ek het nie krag hiervoor nie….
Druk jul verskoning waar die son nie skyn nie.. as jul maar net n idee gehad het hou julle die land opgef.. het