Probleme by kragaanlegte verhoog waarskynlikheid vir beurtkrag

Argieffoto

ʼn Toename in meganiese foute Saterdag by Eskom se kragstasies verlaag die beskikbaarheid van voldoende kragopwekking en beurtkrag sal Sondag waarskynlik na fase 2 aangepas word.

Die kragvoorsiener het gesê hy was nie in staat om voldoende reserwes op te bou vir die komende week nie. “Ons moet dus ongelukkig aankondig dat fase 2-beurtkrag ʼn hoë moontlikheid is vir Sondag. Daar is ook ʼn hoë waarskynlikheid vir fase 2-beurtkrag Maandag, 10 Desember. Ons vra om verskoning vir die laat kennisgewing en die ongerief wat dit mag veroorsaak.”

Eskom doen steeds ʼn beroep op inwoners en ondernemings om spaarsamig met elektrisiteit te werk te gaan. “Skakel asseblief alle geysers, nie-noodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle af.”

Beurtkragskedules vir Eskom-klante is op Eskom se webwerf beskikbaar of kontak die kontaksentrum by 0860 037 566.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Uiltjie ·

Ek wonder darem waarvoor berei ESKOM EINTLIK verbruikers voor… Nog n droogte ( elektries van aard )?

Koos ·

Ek het dit gelees as “ESKOM STEM VOLKOME SAAM MET JOU” en eers toe lekker gelag. Maar ek dink hulle stem elkgeval saam.

Daru ·

Bitter swak beplanning, hulle wil net die verhoging meer maak en minder doen , die probleem is hulle is te veel ,”fatcats” , en niemand kan / wil die werk doen .

Johan H. ·

Druk jul verskoning waar die son nie skyn nie.. as jul maar net n idee gehad het hou julle die land opgef.. het

Nel ·

Op die waarskynlikheidsskaal sou ek raai ons staan ‘n 100% kans op ‘n genuine ‘kers’fees hierdie jaar.

PJ ·

Dan nogal vir ons gesè ons gaan nie donker Kersfees hè ha ha ha

Pieter Jruger ·

Probleme??
Of dalk steenkool uitvoere na o.a. China i.p.v. eie gebruik vir eie krag opwekking???
Iemand moet verduidelik!!!

DRB ·

Blykbaar word daar huidiglik miljoene ton 1ste graad steenkool in Richardsbaai op 37 Chinese skepe gelaai. Daar is selfs “flight restrictions” oor Richardsbaai. Hoekom? Kan net wees as daar onderduimse bedrywighede is wat die publiek nie moet weet nie. Daar is n klompie fotos wat op WhattsApp rondgestuur word vd skepe en die hawe. Dit lyk of dit alles waar is.
Hoe anders het ons gedink gaan Ramaposa die biljoene betaal wat hy by China geleen het. Daar word ook n merske groot Chinese stad beplan naby Messina – en die Krugerwildtuin is vol steenkool!!! Dit vertel die verhaal van hoe die ANC hulle vergryp en korrupsie bevonds!

Neels Marais ·

Wat se verskoning gaan volgende wees. Seker is die kole dan weer te nat na die reën. Elke keer n ander verskoning, dit is al waarmee eskom goed is. Stem saam met die vorige kommentaar, net vroeër die week is gesê tussen 15 Des en 15 Jan nie veerkrag nie, dink dit was net n leë belofte

Melissa bothma ·

Hoe lank gaan ons nog moet wag vir krag herstel geen plugs of niks.

Kragloos ·

Moenie verskoning vra nie Eskom. Al wat ons vra is gaan lê ‘n klag by SAPS teen die wat Eskom beroof het

Maljan ·

Ja soos die hele plakkersgemeenskappe wat krag aangelê het na plakkershuise wat bpvan swart plastiek gemaak is. Hoe veilig kan dit wees? As hulle die plakkers en ander townshios se kraggebruik kan insamel sal die prys met 90% verlaag kan word. Verder, een kW, een prys. Of jy nou 10 000kW koop in Clifton on 10kw koop in Guguletho.

Boet Fasie ·

Eskom kry nie sy geld gevorder van munisipaliteite nie , so daar is nie bonusse nie. Ek dink Eskom voer nou al die krag uit na ons buurlande daarom is daar nie genoeg krag nie. Eskom is nie spyt oor die beurtkrag nie want hulle wil he dat die staat en uiteindelik die verbruiker hulle skuld moet betaal. Hoop daar word gekyk dat Eskom se bestuur nie prestasie bonusse kry nie – alhoewel dit seker ‘n helse prestasie is om Eskom finansieel in hierdie gemors te kry, kyk net watter duur voertuie word gebruik.

Eugene ·

@Escom Fase 1, Fase2 en Donder Fase!
Hulle werk reeds aan die verskonings!

Yolandi ·

Flippe nee nee nee nee flippe flippen ESKOM spaarsamig gaan ek nie te werk nie.gaan julle s paarsaamig met die publiek se rekeninge werk? Gaan julle s paarsaamig minder KFC Koop ?
Gaan julle spaarsaamig minder karre Koop? Top bestuur minder travel?nee ,I don’t think so.So pick a flippen finger .

Justice ·

Dit wys net – daardie top bestuur wie se verlof gekanseleer is om dinge reg te ruk – dit werk ook nie. Fase 2 – begin nou om hulle af te dank.

jennefer ·

Wil net weet of daar tydens “loadshedding” selfoon netwerk beskikbaar is in die stede. Heelwat plase sit sonder sein, kan nie eens n nood oproep maak sou dit nodig word.

T.S ·

Ons sukkel ook met sein in Overberg. Die krag en netwerk gaan gelyk af.

Lindie ·

Wonder ek ook! Ons is totaal afgesny wanneer die krag af is! Geen stukkie netwerk van n dag oud nie!

Anton ·

Bele onmiddelik in n tweerigting radiostel wat jy met jou buurman deel.

Anton ·

Organiseer onmiddelik n vergadering met alle boere van die omgewing. Reel buurtwag patrollies, verdediging opleiding, kommunikasie, werker databasis vir vreemdeling beheer ens. want in die donker moet jy op jou hoede wees vir hienas.

jaco ·

Ek sidder vir regstellende aksie tegnici wat dalk instandhouding by Koeberg kernkragstasie moet doen. Wat as hulle die verkeerde knoppie druk. Onthou net mense wat op meriete en goeie opleiding by Chernobyl gewerk het, kon die ramp daar nie eens keer nie.
1 verkeerde knoppie by Koeberg gedruk en die hele Kaapstad word met die gevare van nuclear meltdown bedreig…

Peet Schabort ·

Dit laat my vêr terugdink sonder krag en selfs geen munisipale water op Trichardt. Ons was bevoorreg met ‘n windpomp terwyl handpompe en waterputte alledaags was. Slegs die hoofstraat was geteer en daar het ons kaskar gery in ‘n stil ou hoofstraat. Die buitelatrine in die winter het jou saggies laat sluip in die nag deur die ryp wat kirts-kirts onder die voete. Oom Carel Grobler se koolstoof op die plaas wat ons stook met die mieliestronke dat die plate rooi bewe. Die swem in die plaasdamme en Trichardtspruit se kuile. In daardie spruit het VaalJaap Naudé se fiets vanaf die brug in die water geval en is met groot moeite uitgehaal. As 12-jarige het ek gereeld op oom Jim Matthee se plase gaan duiwe skiet vir pastei, daar waar Secunda vandag is. Die heuglike aande by die Miller-lamp (natuurlik het ek nog dit!) en voor die kaggelvuur. Die donkiekamp waar ons donkies gery het en ook afgeval het! Skoolkinders wat te voet, te perd en perdekarretjie skool toe gekom het. Daar waar ek geleer fietsry het tussen twee turksvylanings in die nagsteeg. Daar waar in die gemeenskap geen onderskeid was of jy skoenmaker, nagkardrywer, dokter, prokureur, boer, stasiewerker, onderwyser was nie. Alle kinders het saam gespeel. Daar waar die destydse minister van landbou Greyling Wentzel (afkomstig van Trichardt) op die hoofstraat se sypaadjie sit en hy en die boeregemeenskap land en sand gesels. So vat Eskom se mislukking my terug na veelbewoë dae vd verlede . . .

Baardbek ·

Geagte Peet, daar is seker bitter min nog van ons oor wat hierdie kan deel, kan terugdink, en daarmee kan “assosieer”, om dan nou ook maar ‘n “geleerde term” te prober gebruik?!
Daar word lankal in ons “bos gekap”, en weldra is all daardie herinneringe ook saam met ons onder die kluit. Hoeveel van ons nageslag sal dit nog in ere wil bewaar en koester?
Geniet u dag, en lewe verder! Boeregroete.

callie ·

Can the media & “non- corrupt Parliament members” investigate and get some answers please?
“7.2 million tons of coal destined for China from Richards Bay Harbor refers:
36 Chinese ships are waiting for coal to be loaded in Richards bay Harbor.
Where is the shortage now Eskom❓
Each ship takes about 36 hours to be loaded.
200 000 tons of coal per ship average
It is Grade A anthricite.
The informant also says that Eskom have huge stockpiles of coal.
They lie because they want that 15% increase in electricity tarriffs.”

(Information sent as received)

J J Van Greunen ·

Raak ontslae van alle onwettige verbindings en koppelings in plakkerskampe. En julle sal miljoene spaar. En nog lewens ook.

PJ ·

Het iemand daaraan gedink om wigte en teen wigte in te bou vir hierdie eksdom gemors ?

Wonder net ·

Ek glo nie hierdie storie van Eskom nie. Wie sal ooit weet of daar werklik oornag soveel probleme ontstaan het? Ironies dat binne 24 uur nadat die bestuur van Eskom gestraf is en hul verlof gekanselleer is, word die hele land erger gestraf met Fase 2. Dis soos om te se: As ons hier gestraf word SAL almal saam daaronder ly. Ons verbruikers wat in die middel vasgevang is word erg benadeel deur Eskom en die Regering

Hennie ·

Ongelooflik,dele van Noord Wes om Ventersdorp gebiede al vir 31 ure sonder krag ,Eskom kan nie die fout herstel nie!Ongelooflik!

Werner ·

Ek glo nie ons moet te veel verbaas wees as die krag net eendag totaal afgaan nie

Anoniem ·

Ek dink nie mense besef hoe skrikwekkend dit sal wees nie. Gaan lees maar op hoe dit werklik gebeur het in moderne 1ste wereld – en nog steeds plus minus drie maande gevat het om weer aan te kom. Geen telefone/ sel om ambulans of polisie te bel nie, geen petrol vir jou kar nie.slegs hier en daar besighede, winkels en hospitals wat generators het. Generators moet ook brandstof of krag iewers vandaan kry

Carel ·

Ek het verneem van Eskom ingenieurs dat van hul verbied is om onderhoud uit te voer of voor te stel. Van hulle is met afdanking gedreig Inden hulle dit weer aandui of opper.

Leon ·

Kom ons stel bietjie perspektief oor sommige vd feite:
1. ESKOM se skuld beloop tans R40miljard
Teen net 10% beloop die rente jaarliks R4miljard. Dit is ‘n R200 000 (‘n klein kar)aan ELKE enkele persoon in Carolina waar ek bly. Net een jaar se rente!
2. Daar is iets soos 38 000 te veel personeel by ESKOM. Alhoewel ek simpatie het met die indiwidu wat sy werk gaan verloor, kan nie verwag word dat die res vd land daarvoor betaal nie. Verder is hierdie salarisse ook veels te hoog(volgens ‘n bekende ekonoom onlangs op RSG).
3. MILJARDE RAND is deur ESKOM vermors/verlies gelei agv korrupsie, wanbestuur, vrugtelose besteding en sommer net roekelose vermorsing en diefstal……DUISENDE MILJOENE (miljarde)
4. Iets soos R17 miljard uitstaande van munisipaliteite. Ek sou graag wou sien wat die stand vd res vd debiteurelys en slegte skuld is………
5. Swak ontwerp en konstruksie by Kusile en Medupi moet NOG miljarde kos om reg te stel, indien dit enigsins reggestel kan word.
6. Projekbegrotings wat tydens uitvoering selfs verdubbel! Wie stel sulke begrotings op?. In privaat besigheid waar ek betrokke is (selfs in plaaslike owerheid waar ek voorheen was) gaan jy nie lank hou as jy so werk nie, veral nie met dié soort bedrae nie.
Nou sê ek: ESKOM, JULLE KAN NIE VERWAG EK MOET VIR DIE GEMORS BETAAL NIE. Kry eers julle huis in orde, dan kyk ons na die res

Hans ·

Daar word tussen 7 & 8 miljoen ton per maand deur Richardsbaai uitgevoer na verskeie lande, oa China aldus ‘n afgetrede kenner van Eskom. Hoeveel na elkeen…??

Martin ·

Ek het vir hulle gewerk tot ek afgetree het 2011. Voorbeeld hoe daar gemors word net vir geld se onthalwe (als word uitgerek) n turbine word afgeskakel 7uur in die aand vir n nood herstel werk aan n groot water pomp. Die pomp word kompleet opgeknap met een ambagsman, een arbeider en een ou op die draaibank. 6 uur die volgende oggend word die turbine opgestart en aan die net werk gekoppel. Vandag word dieselfde werk gedoen deur 2 ambagsmanne 2 arbeider en die draaier wanneer benodig, dan vat dit tot 16 dae en dan word daar dubbel skof op gewerk. Bo en behalwe die feit van swak werkers op die toerusting laat bestuur en toesighouers dit toe. Al die inligting rakende vorige “history” on beskikbaar op hul stelsel en argiewe.

Boet ·

Eers was dit die steenkool toe die damme se watervlakke toe herstel werk wat gedoen word. Ek het taamlik ondervinding van groot “rotating machinery” soos wat eskom gebruik. Die lewensduurte van sulke toerusting is nolmaalweg 20 tot 25 jaar indien dit instand gehou word. Dit wil vorkom of hierdie tydperk nou om is en dat alles nou uitmekaar val. Al die bekwame mense wat die kennis en vaardigheid gehad het moes plek maak vir ander persone. Lyk nie of hulle die mas opkom nie.

Anton ·

Ek stem saam met die persoon hierbo. Dit is net om die prysverhoging deur te druk.

Christo ·

Ons is woonagtig net so 8 km diskant Nelspruit op plaas ,ook gereeld geen krag en geen sein ,baie moeilik om n kantoor aan gang te hou !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.