Probleme by Laerskool Meyerspark kring uit

laerskool-meyerspark-embleem

Laerskool Meyerspark se embleem soos dit tans lyk gaan binnekort verander. Foto: Rainbowgr.com

Ná ʼn vergadering tussen die Gautengse onderwysdepartement en die beheerliggaam van Laerskool Meyerspark is daar nou nog meer vrae as antwoorde oor prosedures by die skool en die mag wat die beheerliggaam oor die skool se werksaamhede uitoefen.

Bekommerde ouers het Dinsdagmiddag ʼn notule aan ʼn verteenwoordiger van die onderwysdepartement se distrikskantoor oorhandig wat al hulle griewe bevat oor onlangse gebeure by die skool in die ooste van Pretoria. Die ouers het veral beswaar gemaak teen die afskaffing van Afrikaanse onderrig in 2017 by die skool, maar dit blyk uit die notule dat daar ook ander ongerymdhede by die skool plaasvind.

“Ouers is nie toegelaat by die vergadering nie, maar ons het terugvoer van die departement geëis. Ons gaan nie terugvoer van die beheerliggaam aanvaar nie omdat ons besware juis die beheerliggaam en voorsitter is,” het Earl Kim-fley gesê. Kim-fley verteenwoordig tans die groep besorgde ouers by die skool.

Volgens Marius Botha, ʼn onderwyskonsultant wat as vrywilliger die ouers in hulle saak bystaan, het gesê daar is beslis vrae oor hoe die beheerliggaam tans Laerskool Meyerspark bestuur. Botha is bekommerd oor die donker wolk wat oor die bestuur van die finansies by die skool hang.

Botha sê die onderwysers by die skool is ook nou bekommerd oor hulle toekoms. “Die skool het nog nie die onderwysers se kontrakte vir 2017 hernu nie. Dit blyk ook dat die beheerliggaam net verhoging vir onderwysers toegeken het wat minder as vyf jaar by die skool werksaam is. Dit is beslis onbillike arbeidspraktyk.

“Ek dink hier is ʼn wanpersepsie by die beheerliggaamlede oor wat hulle funksie en verantwoordelikhede by die skool is,” het Botha verder gesê.

Daar is veral bekommernis oor sekere beheerliggaamlede wat glo hulle persoonlike finansiële belange by die skool bevorder. Maroela Media het die voorsitter van Laerskool Meyerspark se beheerliggaam, adv. Frans Mothoa, genader vir kommentaar oor hierdie aantygings: “Ek wil nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie, bel my asseblief Vrydagoggend, dan sal die meeste van hierdie kwessies uitgesorteer wees.”

Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het bevestig dat beamptes uitgestuur is om die saak by die skool te ondersoek. “Die vergadering wat Dinsdag by die skool plaasgevind het, is egter uitgestel na Donderdag omdat al die lede van die beheerliggaam nie by die vergadering opgedaag het nie. Ons is op ʼn missie om soveel feite moontlik in te samel om vas te stel wat die omvang van die probleme by Laerskool Meyerspark is,” het Bodibe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

hans ·

Daars n duisternis wat oor sa HANG en net God kan ons red op ons kniee.Op 16 desember 1838 het HY ons gered en weer sal Hy ons red.

JC ·

Ditsem hans, ditsem.
Ek vier hierdie jaar vir die eerste keer in my lewe GELOFTEDAG oftewel Dingaansdag.
Genoeg gehad van hoofstroom media manipulasie, ontkenning van my AFRIKANERGESKIEDENIS en die eensydig gesinde reenboog!
#AFRIKANERTROTS!!

rudi ·

Die land is moreel klaar by die afgrond af. Daar is net twee dinge waarvoor ons kan bid. Een ons bid dat die meerderheid van die land sal bekeer en ophou steel en moor of ons bid om staande te bly tussen die heidene. Ek se ons bid vir wysheid om staande te bly met planne wat sal werk.

Basson ·

Jy meen soos in Zimbabwe?

Nee wat, spring uit en doen iets SELF!

sasclown ·

moenie dat panaroti lesufi jou hoor nie. hy sal ongedaan maak wat God op 16 Des 1838 gedoen het. ou panaroti lesufi is n baie belangrike as dit kom by skole wat met WIT BELASTING GELD gebou was.

Johann ·

Maar Lesufie en vriende is natuurlik hoegenaamd nie gepla nie, dis deel van hul plannetjies en alle kritiek is soos water van ‘n eend se rug.

Ja Nee ·

Daar is ‘n skool in die moot wat ook eintlik bietjie ondersoek nodig het. Die skool hoof is ‘n blanke, maar dit is heel duidelik ‘n familie besigheid daai en nie ‘n skool nie. In die skool kry Ryk ouers se kinders al die voordele. My skoonsus is vroeer die maand ingeroep deur die skool, waar hul vir haar gese het, dat haar seun ongelukkig nie leier kon word nie, want hulle is arm. Hoe laat die department van onderwys dit toe, daai kind se selfbeeld is heeltemal gebreek, waarheen gaan die Land as dit alreeds so in ons skole aan gaan. Kinders word afgebreek en verneder omdat ouers nie ryk genoeg is vir die skool nie, gaan kyk bietjie die beheerliggame by die skole hulle almal het geld, want ja by skole praat geld. En die ouers wat die skole so vol prop van geld, waar gaan jou kind wees oor 20 jaar van nou af as ma en pa se geld nie meer beskikbaar is om als vir die kind om te koop nie. Dit is iets om van siek te word skole is ookal politiek.

E.K. ·

Ja Nee, dit gaan by hope skole so, glo my. Die ouers wta baie by die skool lê en gedurig geld skenk se kinders word leiers. Weet jy wat doen jy, jy maak ‘n eie “wapentjie” en hou spesiale seremonietjie tuis vir daardie kind en kies hom/haar as ‘n spesiale leiertjie. Kry sommer paar maats (verkieslik nie van daardie skool) en ander familie bymekaar en vertel die kind dan mooi met die “seremonie” hoe belangrik hy/sy is. Vertel hom dat sg leiers op skool nie noodwendig eendag leiers word nie maar as hy/sy hard werk kan niemand dit van hom/haar afneem en sy/haar dag sal kom. Sterkte. Dis verseker hartbrekend om so iets te lees!

Koos1 ·

Stadig julle twee. Julle maak aantygings onderskuilname en veralgemeen vreeslik baie. Ek en my vrou se gesaamentlike inkomste is soos die #feesmustfall gestipuleer het in die “missing middle”, ek ek is op my kinders se skool se beheerligaam. Nie omdat ek geld het nie, en nee ons kry ook geen sent of voordeel daar voor nie. Ek is op ‘n verkiesing in gestem. As my hulp by die skool benodig word is ek daar. Ek was die afgelope 2 weke seker 20 tot 30 ure by die skool, om met alles en nog wat te help. Ek glo daar is beheerliggaam lede by skole net vir hulle eie gewin, maar onthou julle as die ouers het hulle ingestem, en kan hulle weer uit kry ook!

Maria Van Dieweeck ·

Saam met jou JC! 16 Desember vier ek die Boer manier vanjaar. Ons gelofte!

snoefie ·

wat my nog altyd gepla het, is die opstek van daardie skool-beheerraadsliggame. hoekom is dit nie verteenwoordigend van die kinders in daardie skool nie? daar is net voer dr’s kinders in die skool maar dr of mev. dr is op die beheerraadsliggame. net twee predikantskinders maar D’s dien. een bank best hurdlers kind, maar ta sit. terwyl daar 205 winkelklerke se kinders is, 69 ambagsmans kinders, 80 veiligheidswagte se kinders, maar hierdie getalle nerings is glad nie op die beheerraadsliggame nie. dis mos bog. dis ook die groot rede vir die vreeslike duur skoolfonds wat in VOORHEEN MODEL C SKOLE aan die orde van die dag is. terwyl VOORHEEN EN STEEDS swart skole heeltemal gratis is. met ander woorde mnr lesufi, blankes moet steeds julle skole befonds.

Ja Nee ·

Koos1, dankie dat jy so eerlik is, maar glo my daar is ongelukkig van die ouers wat in ons skool se beheerliggaam wat dink die son skyn @!!! waar dit nie moet skyn nie. En ongelukkig leer hulle kinders ook hul maniere aan, en haal dit op die minder bevoorregte kinders uit. Doen ons ander mense wat nie ons tower stafies by ons laerskool kan swaai nie, omdat die meerderheid rykes daar heers, kyk of jy dit by julle skool kan reg kry dat van die kinders wie se ouers nie ryk is nie, ook gekies kan word as leiers, glo my daai kindertjies het ook leier einskappe, en doen ook goed in die skool, al wat hul agter hou is die kwessie dat hul ouers nie ruk genoeg is nie. Die feit bly staan dis diskrimineer teen die armes. Ek dog ek se maar net.

E.K. ·

Strem Ja Nee. Nie ek of jy het gesê by ALLE skole gaan dit so dus het nie ek of jy veralgemeen soos Koos1 sê. Maar dit gaan wel by BAIE skole so, dis ‘n feit soos ‘n koei. Ek hoop jul gaan regtig iets baie ouliks doen virjou susterskind. Sterkte vir hom

WitBlits ·

Nogal opmerklik dat Panyaza Lesufi nie self opdaag as gegriefde Afrikaanse ouers ‘n saak rapporteer nie, maar eerder sy beamptes stuur en dan maar eerder aandag aan sy politieke agenda gee.

Flintstone ·

Hierdie aksies is nie om gelyke opvoeding te bewerkstellig nie.Dis gerig om effektiewe afrikaanse opvoedingsinstansies te elemineer.

Griki ·

Wel, nadat ek die voorsitter van die beheerliggaam se naam gesien het, is ek glad nie verbaas nie.

peet ·

Die hoof is nie inbeheer van sy skool nie maar 3 lede op bl is. Hoof gaan bl nie tee nie. Hierdie is die begin, nog meer sake gaan ondersoek word.

Francois Ferns ·

Die departement kan gerus ook die volgende ondersoek by Meyerspark Laerskool. Ingevolge die skolewet moet ouers wat minder as 10 maal die skoolfonds verdien 100% subsidie kry. Al by talle ouers wie se name ek nooit sal bekend maak nie verneem dit nie gebeur nie en geld onwettig uit arm ouers gemelk word. Ook word na bewering onwettigge registrasiefooie gehef. My eie opinie is dat die sogenaamde sportakademies maar net n manier is om te diskrimineer teen arm kinders want dis onbekostigbaar. Ek wonder ook soms wie is nou eintlik in beheer van die sportakademies en of dit werklik so privaat is.

Peet ·

Waar kry jy jou inligting? Jy weet duidelik nie hoe werk die stelsel nie! Subsidievorms word voltooi en ingehandig by skool en formule word gebruik, besoek die skool

Francois Ferns ·

Peet, ek het mos die formule gegee in my plasing igv 100% subsidie. Die regte formule word nie gebruik nie en Beheerligame vat kanse. Oningeligde ouers word oral ore aangesit. Ek het nou weer n brief gekry van n naburige skool waar sogenaamde deposito gevra word. Laas jaar het hulle dit n registrasiefooi genoem. Daar word ook duidelik genoem dat subsidie nie geld vir hierdie “fooi” nie. Vergewis jou asb van die wet voordat jy weer so aanvallend is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.