Probleme by SABS ʼn risiko vir almal, sê DA

SABS (Foto: SABS Approved, Facebook)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê probleme by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) is ʼn risiko vir alle Suid-Afrikaners.

“Die disfunksie en gebrek aan aanspreeklikheid by die SABS het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, genoop om te eis dat die SABS-raad dringend ʼn gedetailleerde proses moet begin om ʼn omkeerstrategie vir die SABS te verseker,” het Dean Macpherson, woordvoerder vir die DA, gesê.

Dit wil voorkom of die SABS nie rekenskap kan gee vir bedryfsbates onder sy bestuur nie. Dit het aan die lig gekom tydens ʼn reaksie op ʼn vraag van die DA in die parlement, toe Davies versoek is om rekenskap te gee oor kommer wat rolspelers in die bedryf oor die SABS se toetsvermoë geopper het.

Die SABS is ʼn statutêre liggaam kragtens die Wet op Standaarde en moet nasionale standaarde, wat betref die gehalte van kommoditeite, produkte en dienste, ontwikkel, bevorder en volhou.

Macpherson het gesê die DA sal Davies nou versoek om ʼn spesifieke tydsraamwerk te verskaf wanneer die omkeerstrategie by die SABS verwag kan word, insluitend ʼn register van bates onder sy bestuur.

Die entiteit het ʼn verlies van R44.3 miljoen in die finansiële jaar 2016/17 getoon. “Dit is nou belangriker as ooit dat die omkeerstrategie geformuleer word en geïmplementeer word,” het Macpherson bygevoeg.

Davies het in sy reaksie ook die volgende laat blyk:
– die onvermoë van die SABS om die name van laboratoriums te verskaf wat gedeeltelike toetse op produkte uitvoer;
– die SABS kan nie bevestig hoeveel vervaldatum-merkers gebruik word nie, wat die produkte is of wanneer dit verval nie;
– die SABS het slegs een uitvoerende raadslid wat nie sedert 2015 bedank het nie – en dit dui op ʼn ernstige kwessie in die bestuurstruktuur;
– die SABS kan nie sê hoeveel klante hy die afgelope twee finansiële jare verloor het en wat die kostes hieraan verbonde is nie; en
– die uitvoerende hoof het ʼn motorbestuurder wat deur die raad goedgekeur is, alhoewel die redes of kostes hieraan verbonde nie bekend is nie.

“Suid-Afrika kan nie bekostig om disfunksionele standaarde of sertifiseringsliggaam te hê nie, aangesien dit ʼn negatiewe impak het op ondernemings wat steun op standaarde vir marktoegang en -groei,” het Macpherson bygevoeg. “Dit is onaanvaarbaar dat die SABS nie inligting kan verskaf oor toetsfasiliteite wat nie meer in werking is nie of wat opknappingswerk benodig en wat die verwante koste hieraan verbonde sal wees nie. Dit onthul die swak finansiële- en interne beheermaatreëls binne die SABS, wat ʼn oortreding kan wees van die interne ouditstandaarde binne die staatsdiens.

“As daar een ding is waaroor ons seker is, is dat chaos en wanorde die enigste standaard is waarteen die SABS gemeet word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johann ·

Skokkend! Maar dan weer:wat verwag jy in SA? Disfunksionaliteit op elke moontlike vlak…

marous ·

Suid Afrikaanse Buro van Skande! Alles in die land het verval tot riool status en niemand dra verantwoordelikheid nie. Die land is in ‘n gemors met geen hoop op herstel nie .

Peet Schabort ·

Ek kan werklik nie onthou wanneer laas ek ‘n produk gesien het met die SABS-merk, nog minder gekoop het. Ek glo ons kyk ook nie eers meer vir die merk maar koop en hoop vir die beste aangesien enige ding skynbaar nou se dae die land binnekom. Vroeër jare het vervaardigers met trots die koper se aandag gevestig op die merk op hulle produkte. Help my reg maar ek is onder die indruk dat daar enige ding ingevoer word wat ‘voetstoots’ aan die publiek verkoop word, veral elektroniese-/elektriese ware wat merendeels dan ook verkoop word met ‘n waarskuwing dat dit nie omruilbaar is. Ook het ek nie geweet dat die SABS nog bestaan! Sjoe, ek sal moet bykom . . .

sina ·

verkeerd hein. ons is lankal op die rang van die res van afrika. jy hoor maar nou eers hiervan

Eish ·

Eens n trotse instelling van standaardinstelling waar kundiges die entiteit gebou tot n wetenskaplike reus.
Onder meerderheidsregering, n hool gevul met hopelose kaders wat nie weet of dit Maandag of Dingaansdag is nie.
” What a waste! What a national shame!”
Qua Vadis Suid Afrika?

LR ·

Hierdie mense (die ANC) het nou al telkemale gedemonstreer dat hulle net doodeenvoudig nie die vermoë het om enige besigheid te kan bestuur nie. Kyk in hierdie verband na ESKOM, die SABC, SPOORNET, DENEL, die SAL en andere.
Dan wil hulle die grond ook nasionaliseer, dit voorspel hongersnood vir hierdie land. Dit blyk dat hulle vermoedelik die witman in hierdie land haat, nie soseer oor apartheid nie, maar eerder oor hulle historiese agterstande. Hulle sit met die kennis en vermoëens in hierdie land wat n totale ommekeer in hierdie land se ekonomie kan maak. Al wat hulle moet doen is om hierdie beskikbare kennis en vermoë te gebruik en te moboliseer deur bv van BEE, regstellende aksie, kwotas ens ontslae te raak.
As hulle dit nie doen nie gaan hierdie kennis en vermoë n heenkome elders in ander lande vind. Dan sa SA maar net nog n tipiese Afrikaland word. Dis mos maklik om hierdie som te maak. Australia hier kom die boere.

Fourie ·

DANKIE DA!! Dis iets wat my lankal pla. Daar is so baie produkte wat net nie meer op standaard is nie. Veral in die BOUbedryf
Alles gaan net oor geld en swak finansiële syfers en bestuur. Maar die kwaliteit is tog die belangrikste omdat dit met veiligheid te doen het.

Grassie ·

Alles wat die ANC-kaders hul hand aan slaan word geplunder en verwoes. Dink maar aan die SAL, Eskom, Prasa, gesondheidsdienste, onderwys, honderde munisipaliteite, nou ook die SABS, Denel en nog baie ander. Hulle is ook hard besig met die Staatsdienspensioenfonds wat soos ‘n lemoen uitgesuig en dan weggesmyt gaan word. Daar is geen suksesse nie, nêrens nie, net agteruitgang. Hul onbevoegdheid en korrupsie gaan nog tot totale anargie in die land lei, maar dit pla hulle blykbaar nie. En die paddaman bly maar stook aan die vuur onder die pot.
Trieste, Suid Afrika, want jou voorspoed en vooruitgang van vervloë dae is vir altyd verby.

Ella ·

Grassie jy praat die waarheid. En al wat ons kan doen is wag om ales te tot niet gaan. Maak my woedend en hartseer. Ons wou dit nie so gehad het, eens trotse land.

snoefie ·

maar aaron motsoaledi staan reg met die belastingbetaler se geld om lewende en dooie slagoffers van listeriose met regshulp te voorsien. great stuff aaron!

anton ·

Hulle het mos die meeste blankes wat die kennis het laat gaan. So hoe verwag mens dat alles reg gaan verloop.
n vriend van my het daar gewerk!!!

Deon Koegelenberg ·

Wat ek ,nie verstaan is die feit dat vroeer dae sou daar onmiddelik inspeksie plaasgevind het in enige staats departement en daar sou onmiddelik vasgestel gewees het wat van die geld geword het wie die betalings goedkeur en as daar gevind was dat jy geld oorplasings na enige private rekening oorgedra was was jy summier geskors en aangekla . Nou wil dit my voorkom of alles maar net stil stil onder die mat ingevee word en geen haan daaroor kraai nie. Skokkend is al wat ek kan se . Ek hoop dat Solidariteit hierdie skurke kan hof toe vat indien niks daaraan gedoen word nie . Gee hulle net drie maande en vat dan die saak aan.

3De Wêreldland Bosvark ·

Batho Pele, ISO, Modelle vir Bestuursuitnemendheid (“Excellence Frameworks for Performace Excellence”), PFMA (“Public Finance Management Act”) of wat ookal. Wie in Suid-Afrika gee nog ‘n flenter om oor internasionaal erkende standaarde en wêreld beste praktyke? Dit gaan oor MAG en toegang tot bronne hier en nou. Vergeet die armes en die jeug. Hulle is net stemvee.

Proffie ·

119 van middelbestuur neem SABS CCMA toe, laat mens nogal dink.

andre ·

snaaks alles wat ons in suid afrika maak moet sabs wees ,maar die gemors wat inkom van china nie…wonder maar net…of is ons maar altyd met die gemors tevrede..kyk maar net die vrot hoender wat hul invoer en in ons monde wil druk…dan kan mens nie eers bekostig om siek te word nie …want dokters/hospitaal tariewe ook belaglik

Ella ·

Grassie jy praat die waarheid. En al wat ons kan doen is wag om ales te tot niet gaan. Maak my woedend en hartseer. Ons wou dit nie so gehad het, eens trotse land.

Elizabeth ·

Kan ons ‘n toets aanlê: Elke werknemer wat nie weet wat ‘n “standaard” is en wat die prosedure is om standaarde te skryf nie, behoort met onmiddellike effek in die pad gesteek te word.

Casper Labuschagne ·

@Elizabeth Ek glo dat Indië so ‘n standaardtoets het om ‘n in die staatsdiens te mag werk, en dat dit verseker dat Indië wel ‘n effektiewe diens kan lewer. Maar kan jy jouself die gevolglike bohaai voorstel wat sal gaan oor “rassisme” as sommiges hier plaaslik nie daardie toets slaag nie?

Mickey ·

Die eerste ding wat ek doen as ek iets koop is kyk waar dit vervaardig word. As dit sê China hou ek verby. So ek koop bykans niks. Ek het 2 buustelyfies wat aanmekaar vas was by Miladys gekoop. Een aangepas en dit was reg. Toe ek by die huis kom is die ander een seker 2 nommers kleiner. Kyk agterop die lappie binne wat sê Miladys. Sowaar ‘made in China’

Nita ·

Ai ons probeer verbete klou aan norme en standaarde, van die vorige bedeling, maar ons swem stroomop teen n massa onbeholpe, korrupte mense, wat absoluut niks tot volvoering kan bring nie.

Casper Labuschagne ·

Sit die eerstewêreldse bril op en jy sien postkoloniale verval. Sit die derde wêreld se bril op en jy sien dekolonisasie.

Penellope Jones ·

SABS staan tog vir Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde – wat is dit wat hulle nie van standaarde verstaan nie, en wat is dit at hulle nie van die nagevolge verstaan nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.