Probleme met ID’s en paspoorte uitgestryk

‘n Voorbeeld van die nuwe slim ID-kaarte

Die departement van binnelandse sake sê probleme met sy stelsel, wat tot gevolg gehad het dat mense nie vir paspoorte en identiteitsdokumente aansoek kon doen nie, is uitgestryk.

Thulani Mavuso, woordvoerder van die departement, het gesê die stelsel vir paspoorte en slim-identiteitskaarte het onder probleme gebuk gegaan weens kwessies verwant aan die departement se nasionale identifikasiestelsel.

Dit het tot gevolg gehad dat sommige van die departement se kantore se omkeertyd beïnvloed is. Volgens Mavuso is daar ook van een webwerf na ʼn ander geskuif terwyl tegnici aan die stelsel gewerk het.

Hy het gesê die stelsel werk weer en dat hulle volgende week weer na die primêre webwerf sal terugskuif. Volgens hom is die identifikasiestelsel baie oud en word dit juis daarom vervang.

Slegs kantore wat die stelsel vir nuwe slim-identiteitsdokumente gebruik, is hierdeur geraak. Ander dienste, insluitend sertifikate om geboortes, huwelike en sterftes te registreer, is nie hierdeur beïnvloed nie.

Die departement het om verskoning gevra vir enige ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Die konsep SLIM KAART is nogals irronies in ag genome die voorbeeld? En iemand het seker nie die Xtra oorbetaal aan die ZUMAIMKIES kinttakteur nie…

Cherokee ·

Daar’s ‘n hacker site met ‘n gekraakte program waarmee jy jou eie slim-ID-kaart kan druk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.