Probleme met OVK-stemproses bekend gemaak

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag reeds ’n groot aantal probleme rakende die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se munisipale stemproses geïdentifiseer.

AfriForum het die probleme geïdentifiseer met behulp van waarnemers wat deur dié organisasie aangestel is om as waghond by meer as 150 stempunte op te tree. Die organisasie het ook ’n app ontwikkel, AfriForum-verkiesingswaghond, waarop waarnemers sowel as kiesers terugvoer oor die stemmery kon gee en ongerymdhede kon aanmeld.

Volgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, kan dié probleme die verkiesingsuitkoms beïnvloed indien dit nie onmiddellik deur die OVK aangespreek word nie.

Probleme wat deur die loop van die dag by AfriForum aangemeld is, sluit onder meer die volgende in:

• stembokse word nie aan waarnemers gewys voordat dit geseël word vir gebruik nie;
• verskeie politieke partye is bedrywig binne die afgesperde OVK-stempunte;
• ’n kieser wat in Boksburg, Gauteng moes stem, is weggewys omdat hy glo in die Wes-Kaap geregistreer is, hoewel hy nie in dié provinsie geregistreer het nie;
• vroue met naellak, akriel of jel op hulle naels is verhoed om te stem alvorens hulle nie die nael skoongemaak het nie;
• kort ontwrigtings, weens gewelddadige optredes en intimidasie deur party-agente verbonde aan die ANC en EFF, is by sommige stempunte ondervind en aangemeld;
• Gauteng ervaar ’n tekort aan stembenodigdhede soos stembriewe, kiesersrolle en skandeerders; en
• die OVK reik ongestempelde stembriewe uit, met die gevolg dat dié stembriewe ongeldig sal wees.

“As burgerregtewaghond het AfriForum ’n verantwoordelikheid teenoor sy lede en die publiek om alle probleme wat by dié organisasie aangemeld is, te openbaar,” het Pawson verduidelik. “Die stemproses moet regverdig, vry en deursigtig geskied. Boonop mag burgers nie weens ongeldige redes van hul grondwetlike regte ontneem word om te stem nie.”

Pawson het bygevoeg die organisasie het baie inligting van die publiek ontvang op die app en beplan om alle probleme en ongerymdhede wat geverifieer kan word in ’n verslag saam te vat en bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

stem ·

Niks nuuts nie……hierdie regering doen in elk geval alles half pad,half pas,half mas,half dood en half diek……verwag niks beter nie!!! Walglik!!!

Johann ·

Wooopeeee…great…wow…net NOG waarnemings en feite en en en en wat tot absoluut NIKS gaan kom nie…want die Regering; ANC; en trawante is verhewe bo vervolging. En AS daar n proses begin word: belasting geld om Hofsaak na hofsaak uit en af te stel.

Amanda ·

Stemming by Magalieskruin laerskool was pateties. Menige mense het omgedraai en nie gaan stem nie agv die lang rye. Ons het 2.5 uur in die ry gestaan. In die lokaal is die persoon 3 keer deur die lys om my van te soek. Teen sluitingstyd was die ry nog 300 meter lank. Ek dink die langdradige stemproses was onregverdig teenoor kiesers wat omgedraai het.

Anzia ·

Na 2ure se tou staan by- Magalieskruin Laerskool Pta kon ek my kruisie trek. Baie stemme verloor! My voorstel is dat die IEC van ABC file dividers gebruik maak. Die manuel “scanners” het hul vrek gesukkel en baie tyd geneem om mense se vanne in die stapel papiere te kry.
Die saal lyk soos n varkhok met al die take away houers. Agnee man, ons is ordentlik en gooi goed in die asblik

G Smith ·

Almal besef dat enige verkiesing in SA ‘n klug is. Kyk na die meningeopname op die blad en besef ‘n skrale minderheid het enige vertroue in die huidige verkiesingsproses.

Marina ·

By Mokopane Primary School, Mokopane, was ons by die lystetafel verseker dat twee by een hokkie kan kruisies merk! Die een wat die stembokse oppas het my bespring toe ek my ma tot by haar hokkie begelei het en ek daarna sou aanskuif na die hokkie langs haar hokkie. My woorde aan die bespringer? “I know”!

Moegviraldiebeloftes ·

Ons stem lokaal se hulp en diens was soos altyd uit die boonste rakke uit!!! uiters bekwaam – oues van dae is uit die rye gehaal, dan ouers met kinders, rolstoele en krukkelys is sommer by die hek van die stem lokaal direk na die stemlokaal geneem om te gaan stem. Die ry was baie lank maar dit is agv die volumes nogtans het dit die gewone persoon so 1 -1.5 uur geneem om te stem. By die binnedeur van die stemlokaal het hulle iemand gehad wat jou van vra en dan jou sommer in die regte ry plaas om jou van die rol af te haal. Jy het glad nie nodig gehad om te vra nie hulle wys jou hoe en waar om heen te gaan. hulle het 3 beamptes gehad wat die stembriewe uitgereik het en hulle wys vir jou hoe stempel jou briefie op die agterkant. By die stemhokkies is daar iemand wat jou wys watter hokkies is leeg en as jy klaar gestem het is daar iemand wat jou weer pertinent sê waar watter briefie moet gaan. En dit staan by die 3 bokse en beskerm soos ‘n ouer haar kindjie.

Wally ·

Ek en my man was weggewys by Laerskool Wespark omdat ons name nie op die lys verskyn het nie maar ons is geregistreer om daar te stem. Wat nou? Hoe regverdig is die stemmery dan?

MrMin ·

Wally,
Lyk my die ABCD…… het sy tol geeis by die Manual scanners. Hulle het na n lang gesukkel agter gekom dat V net na U op die lys is en toe kry hulle ons ….. ha- a- a- a- a !!!! Siestog!

Elsje ·

Vriende van ons ook nie op regte plek geregistreer, maar hul bly al jare op selfde plek ???? Het al by hierdie punt gestem nou moet hul gaan stem waar hul ouers woon dus 12 jaar terug se registrasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.