Probleme met proses vir onteieningswet uitgewys

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. (Foto: Verskaf)

Die portefeuljekomitee gemoeid met die onteieningswetsontwerp word daarvan beskuldig dat hy nie ag slaan op geskrewe voorleggings nie en versuim om alle deelnemers wat kwalifiseer by openbare verhore in te sluit.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die sakeorganisasie het vandeesweek tot dié besef gekom toe Sakeliga uitgesluit is van ’n skedule vir mondelinge aanbiedings wat gedurende die week van 22 Maart sal plaasvind.

“Dit ondanks die feit dat Sakeliga in Februarie ʼn geskrewe voorlegging aan die komitee gelewer het en dit duidelik gestel het dat hy ook tydens die openbare verhore ’n mondelinge voorlegging wil lewer.”

Volgens Le Roux moes die organisasie se regspan eers ’n brief aan die komitee rig voordat die organisasie Vrydag ’n geleentheid toegestaan is om aan die openbare verhore deel te neem.

Sakeliga se prokureurs het Donderdag hul afleidings in ’n brief aan die komitee gerig en versoek dat dit reggestel word.

Le Roux sê die komitee versuim sy grondwetlike plig om ʼn behoorlike proses te volg, insluitend behoorlike en billike deelname deur die publiek.

“Die vraag is nou: hoeveel ander deelnemers, wat nie geredelik tot ʼn regspan toegang het nie, word steeds van die proses uitgesluit?” wil Le Roux weet. “Die komitee moet die proses regstel, alle skriftelike voorleggings oorweeg en alle kwalifiserende partye tydens mondelinge verhore akkommodeer.”

Sakeliga is vroeër vandeesweek by navraag deur die komiteesekretariaat in kennis gestel dat hy in die e-posgedeelte van sy voorlegging, en nie soos gewoonlik in die aangehegte PDF-dokument nie, moes verklaar het dat hy ook ʼn mondelinge voorlegging sou wou lewer.

“Hierdie ongewone en nademaalse vereiste is onaanvaarbaar,” meen Le Roux.

“Die mees voor die hand liggende gevolgtrekking is dat die komitee aangaan sonder om die skriftelike voorleggings wat hy ontvang het te lees. Andersins sou hy maklik die versoek van Sakeliga om mondelinge vertoë te rig op die eerste bladsy van die voorlegging raakgesien het.”

Sakeliga verneem dat ongeveer 90 000 skriftelike voorleggings ontvang is. Hy wys daarop baie, indien nie die meeste nie, sou die gebruiklike prosedure gevolg het om hul voorleggings deur middel van ʼn PDF- of Word-dokument aan die e-pos te heg.

Ten minste tientalle wettige deelnemers met waardevolle bydraes, wat in die voorleggings sou versoek het om aan die verhore deel te neem, word waarskynlik nou toegang tot die volledige openbare deelnameproses geweier.

“Ons dring daarop aan dat die komitee alle voorleggings lees en oorweeg en dat deelname aan die verhore heropen word vir almal wat in hul voorleggings versoek het om deel te neem. Ons neem kennis van en ondersteun soortgelyke versoeke deur ander organisasies, veral die Instituut vir Rasseverhoudinge, in ʼn gedetailleerde brief aan die komitee op 18 Maart.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Aikie ·

Janee, wanneer jy probeer kortpad vat, moet jy onthou dat so ‘n pad gewoonlik’ n rowwe pad is. Die komitee het dit probeer en daar val hulle in die vrot plekke van hulle redenasie vas. Het hulle dan regtig gedink hulle gaan met so ‘n foefie wegkom? Daar is eenvoudig te veel SA burgers wat weet die onteieningswet is’ n verskriklike ding om op ‘n land los te laat.

Kremetart ·

Hulle gaan wegkom daarmee. Ek is jammer om te sê, maar ek dink ons behoort te weet die inleiding van jou aangehegde brief word herhaal in die e-pos om seker te maak dat dit gelees word. Watter lui siel lees aangehegde dokumente?

Pieter ·

Ag skrik net wakker asb julle is besig met ANC kommuniste. Praat gaan ons niks help nie ons moet n manier vind om die brein dood ANC se geld te vat.

Werner ·

Die wet sal deurkom probleme of te nie.Akie jy is met komuniste deurmekaar hulle steur hulle nie aan die mense nie.

john ·

Hulle … dinges… ek het al my beleggings klaar offshore buite bereik van die ANC regeering geplaas en besig om my vaste eiendomme te verkoop en te bele offshore ( die wet is in ieder geval onwettig under international law) My besigheid gaan op die mark volgende jaar. EN die huis waar ek in bly as hulle dit probeer vat n ongelukkie met n gas stoof gebeur gemakklik. Hulle gaan niks van my vat waar ek hard vir gewerk het . Hulle het klaar meer as hulle deel weg in belastings wat ek betaal het.

Grassie ·

Al hierdie stappe en prosedures wat die regering nou aan die gang sit is net ‘n rookskerm. Die finale besluite is laaankal reeds geneem. Die optredes wat die regering nou loods is net om die buiteland te probeer paai en voor te gee dat hul optrede wettig en sinvol is. Dit is deel van die ANC se veldtog om die witman in ons land in die stof in te trap, om ons taal, ons kultuur, ons bates te vernietig en ons te laat verstaan dat ons nie hier hoort nie.

Gert ·

Hulle besluit is klaar geneem voorleggings of te nie hulle gaan maar net deur die mosie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.