Probleme om Aarto te implementeer stuur af op mislukking

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het gesê probleme by die owerheid vir padverkeersoortredings (RTIA) om behoorlik te funksioneer, laat dit duidelik blyk dat die liggaam, buiten ander faktore, hoegenaamd nie in staat sal wees vir ʼn massiewe bykomende werklas soos e-tol-boetes nie.

Anton Alberts, woordvoerder van die party, het verduidelik luidens ʼn aanlynberig van Moneyweb het ‘miljoene’ rekeninge vir verkeersoortredings wat uitgestuur moes word, nou verval omdat RTIA agterstallig is met sy rekening by die poskantoor. “’n Statutêre liggaam wat nie eens sy rekeninge vir posdienste kan betaal nie, is beswaarlik in staat om vertrou te word met beregtiging van verkeersoortredings,” het hy gesê.

RTIA is die liggaam wat verantwoordelik is vir die administrasie van die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (Aarto). Die wet geld tans net in Johannesburg en Pretoria, en die staat het planne om dit landwyd uit te brei.

Volgens Alberts laat RTIA se onbeholpenheid dit nou reeds misluk, en dit is onmoontlik om in die lig hiervan te sien hoe dit ʼn landwye instelling gemaak sal kan word, of hoe dit boonop gebruik sal kan word om e-tol af te dwing.

“Vorige probleme was die versending van Aarto-kennisgewings per gewone pos terwyl geregistreerde pos deur die wet vereis word. Verder is daar die onderbemanning van RTIA wat hulle nie in staat stel om die duisende oortredings wat na die liggaam verwys word vir beregtiging, te hanteer nie,” het hy bygevoeg. “Aarto is duidelik ʼn gefaalde stelsel en daar bestaan tot vandag toe nog geen Aarto-howe nie. Dit beteken dat mense verhinder sal word om hul grondwetlike reg uit te oefen deur hulself in ‘n hof te verdedig.”

Hy het gesê Aarto is ook ʼn gefaalde stelsel aangesien die toetsfases in Johannesburg en Pretoria geensins padveiligheid, wat die hoofdoelwit van Aarto is, verbeter het nie, maar eerder ʼn teelaarde vir korrupsie en magsvergrype geskep het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karolis ·

Tereg Thys, maar eerder nog ‘n mislukking van ‘n geldmaak storie.

GERRIE ·

Is dit nie die bangkrotskap van SAPO wat n groot rol speel in die versuim om kennisgewings te versend agv n tekort aan kontant vloei.

M A ·

Die mense in Johannesburg en Pretoria is nou dik daarvoor om as proefkonyne vir geldmaak slenters gebruik te word. Hulle is seker nou die halstarrigste mense in die land. Hoekom kies die skelms nie Kaapstad om te teiken nie? Hulle het immers ‘n wonder van die wêreld, Tafelberg (en baie toerisme geld).

François ·

M A, hulle het Kaapstad probeer, maar die DA regerende provinsie met die DA stadsraad van Kaapstad het dit doodeenvoudig afgeskiet! Dit was oral in die media bekend gemaak. Snaaks jy het dit nie raak gelees nie. Gauteng is ook die kleinste maar rykste & digbevolkte provinsie. Kaapsrad laat nié met haar mors nie!

Reinhardt ·

Eenvoudig, die Stad Kaapstad baklei teen e-tolle in die hof. Die ander munisipaliteite is te slapgat om so iets te doen. Verhuis gerus Kaap toe, ons het alle Afrikaners hier nodig om die Kaap weer Hollands te maak.

Rupert Ashford ·

RTIA se salarisrekening beloop seker ook weer meer as 80% van sy totale begroting soos meeste van hierdie staatsorganisasies. Die dat daar nie geld oor is vir ordentlike administratiewe funksionering nie.

Johann Marx ·

En steeds is daar mense wat elke aanmaning wat deur die pos kom gryp en gaan betaal….want hulle ken nie hulle regte nie, of die voorskrifte waaronder hierdie boelies boetes MAG op-eis nie.

Ahooy ·

POSKANTOOR???!!!
Het die week verskeie briewe ontvang wat in Desember en Januarie gepos was.
Maar soos ons al is SA gebreinspoel is……….. Moet seker dankbaar wees ek het dit wel gekry.
Hoe sal RTIA kan bewys boetes is wel deur oortreders ontvang??? En voertuiglisensie hernuwingskennisgewings word ook nie meer gepos nie. Net NOG frustrasie en tyd in toue om dit in die handete kry. Praat van produktiwiteit!!!

Scalla ·

Ek dink die woord mislukking is seker deel van hul job discription

neelsie ·

Kan iemand asb in gewone taal vir ons verduidelik wat hier aangaan en hoe ons dit moet hanteer.
Wat van die e-tol rekening ?
Ons ontvang niks en weet nie waar ons staan nie.
Wil nie later onkant betrap word nie!!

Pieter.v ·

As jy nie seker is wat aangaan nie ignoreer dit, word n lid van SOLIDARITEIT OF AFRIFORUM hulle sal jou kan help.

Susanne van Graan ·

Kyk maar op die lisensie hernuwing, jy betaal al van die jaar her, elke jaar R30.00 per transaksie vir Aarto en dit is nog nooit geïmplemineteer nie. Ek wonder hoeveel miljoene R is al in die staatskas as gevolg hiervan.

Scalla ·

Dit is R36.00 transaksie fooi per item en dan ontvang jy nie eers n kennisgewing deur die pos nie en moet vir elke voertuig n vorm voltooi

Susanne van Graan ·

Kyk maar op die lisensie hernuwing, jy betaal al van die jaar her, elke jaar R30.00 per transaksie vir Aarto en dit is nog nooit geïmplemineteer nie. Ek wonder hoeveel miljoene R is al in die staatskas as gevolg hiervan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.