Prof. Kgwadi ontvang memorandum oor Afrikaans

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi het gehoor dat Afrikaans as onderrigtaal op die NWU se Potchefstroom-kampus ononderhandelbaar is.

“Hiér trek ons nou die lyn. Ons gaan nie toelaat dat ʼn handjievol radikale ons kampus kom verwoes en verdeel nie.” Só het Hans Gildenhuys, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak op NWU se Potchefstroom-kampus, gesê.

“Studente ry nou verby ander kampusse wat histories Afrikaans was, soos die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV), om ’n tuiste by die NWU-Puk se kampus te kom vind. Die rede hiervoor is dat die NWU-Puk die laaste tuiste is waar jong Afrikaanse studente onderrig in hul moedertaal kan kry.”

Volgens Gildenhuys verwerp AfriForum Jeug Pukke ReformPUK se argument dat die universiteit se taalbeleid misbruik word om teen Engelse studente te diskrimineer. “Só ’n stelling is eensydig en ongegrond. Hierdie klein radikale groepie van slegs 50 lede is besig om die NWU-Puk gyselaar te hou.”

Gildenhuys het gesê ReformPUK hou Afrikaans as die vyand voor om die fokus van sy ware agenda weg te hou. “ReformPUK se blatante rassisme maak egter sy agenda van verwoesting en verdeling baie duidelik. Een van ReformPUK se leiers, Tsholofelo Motlogeloa, het reeds in 2012 op sy Facebook-profiel geskryf: ‘I hate white people with [a] passion n [sic] they must f***** go back 2 [sic] Europe.’”

Gildenhuys het gesê Afrikanerstudente kan nie toelaat dat die “rassistiese ReformPUK-groep” ʼn gesonde universiteit verwoes nie.

AfriForum Jeug Pukke eis dat sy memorandum met die volgende eise voor die NWU-raad dien: die verwerping van ReformPUK se memorandum; die behoud van Afrikaans as enkel-onderrigmedium; die opleiding van tolke en die uitbreiding en opgradering van tolkdienste; die behoud van ʼn kurrikulum van gehalte; die aanstel van gehaltepersoneel wat Afrikaans magtig is; die behoud en beskerming van Afrikaner-erfenis; die transformasiebeleid word nie op studente afgedwing nie; die plasing in koshuise wat op meriete gegrond is; die nie-uitstel van eksamens op die NWU-Puk-kampus; die behoud van gesonde studentetradisies om goeie studentelewe te verseker; die vervolging van mnr. Motlogeloa weens sy rassistiese aanmerkings; en die verwerping van ReformPuk as organisasie.

Volgens AfriForum Jeug Pukke het hulle met ’n aantal studente gepraat wat van tolkdienste gebruik maak, en dié studente is almal gelukkig met al die maatreëls wat die universiteit ingestel het om Engelse studente op die NWU welkom te laat voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Manie ·

Dit is hoogtyd dat die streep in die sand getrek moet word. Raak ontslae van kgwadi en stel iemand aan wat wil baklei vie Afrikaner regte. Ons soek nie meelopers van Lethuli huis nie

gerrie ·

Manie. Jy ken jou politiek.
Dit vat nie n siener om te weet wat is aan die kom nie. My voorstel is n eksklusiewe Afrikaanse universiteit in Orania.

Martin ·

Gerrie, die Orania ding van julle is net so siek spul soos die lot wat die PUK wil verander. Wat is daar aan Orania. Dink jy nou vir enige oomblik al wat Afrikaanssprekende student is wil nou daar gaan studeer? Orania?????????

Ben de Klerk ·

Stem saam. Kom ons nooi Martin Orania toe! Hoekom nie? Veilig en ten minste bou ons aan n volhoubare werklikheid. Waar anders Martin?

Dup du Plessis ·

Die ironie is dat daar duisende Afrikaanse studente by ander instellings ingeskryf is wat vir hul eerste keuse by Puk aansoek gedoen het maar nie keuring gekry het nie. Dus is daar nog ‘n baie groot mark wat vir ‘n Afrikaanse kampus beskikbaar is. Lee Afrikaanse lokale sal daar dus nooit wees nie (bygese as toelatings geskied soos wat dit moet) – hierdie is gewoonlik die argument wat by skole gebruik word. Die staat wil ons egter bly demografies opdwing aan mekaar en dit veroorsaak baie meer kwaad as goed. Kan daar nie ‘n wiskundige bepaling gedoen word wat die bydrae van Afrikaners/Afrikaanssprekendes tot die staatskas is nie want dalk sal daar dan besef word dat ons sekerlik op een Afrikaanse kampus kan aandring en getalle het om dit te regverdig. Toets huidige skoliere se wil of hulle in Afrikaans verder sal wil studeer dan kan daar dalk ‘n paar ligte aangaan vir eensydige besluitnemers wat vet word met Afrikaanssprekendes se belastingeld.

Bruno Stef ·

Horende doof en sienende blind is n ou spreekwoord wat my oorlede ma altyd gebruik het.Dit laat my baie dink aan die drie apies met die uitsondering dat die opstokers baie verbaal is maar andersins blind en doof is.#kwadi/froneman/venter must fall behoort Agriforum jeug se slagspreuk te word.Ek hoop my skrywe is nie weer nie aanvaarbaar vir Maroela omdat n hele paar kommentare wat ek gelewer het eenvoudig net nie geplaas is nie.

Deon ·

Ek kan nie sien dat die regering sal toelaat dat intelligente Afrikaners ‘n intellektuele tuiste kry waar breinkrag saamgesnoer word nie. Hulle besef al te wel dat hulle ‘n reuse voordeel het terwyl Afrikaners nie fisies “saamsit” nie, maar verspreid is oor die land, en denke verdun word deur die inmenging van liberale kulture.

Rakker ·

VEG ASB vir AFRIKAANS!!!! Dis ons REG om ons taal te praat!!! Prof Kwadi must fall!!!!!

Izzy ·

ASSEBLIEF staan op vir Afrikaans by Potchefstroom kampus! Dankie vir afriforum en elkeen wat opstaan vir ons , ons kinders en kleinkinders se nalatenskap in Afrikaans.

danie ·

Is dit so n onreg om in engels klas te loop, gaan dit werklik jou mens wees skade doen om in engels klas te loop. Jy gaan mos nie verleer om afrikaans te praat nie, dit gaan mos nie jou afrikaner wees verander nie. As jy mos werk moet jy maar engels praat, die buitelanders verstaan mos nie afrikaans nie. Is al die bakleiery nodig, of mis ek die versteekte agenda aan beide partye se kant. As ek le en bloei en het hulp nodig gee ek mos nie om wat se taal die persoon wat my moet help praat nie, solank hy my help. Ek dink ons moet bietjie chill en iets anders kry om oor te bakly, iets wat almal raak soos die hoe misdaad in die land.

Marlien ·

Dit gaan oor die misbruike van die Afrikaner! Daar gaan later niks vir ons oorbly as ons nie opstaan vir ons taal, tradisies en dit wat ons so hard aan gewerk het tot vandag toe nie. Voel asof ons n rooi teiken op ons rue dra. Kan ons mekaar nie net respekteer nie?

Dup du Plessis ·

…….duidelik het jy nie ‘n idee waardeur selfs van jou voorouers is om Afrikaans as taal te vestig nie, dis ‘n hartsaak – soos geloof, jy glo of jy glo nie……en ironies gee ons grondwet (vir wat dit beteken) ons die reg om in Afrikaans te laat onderrig…….

chrisp ·

Danie.
Ek kan al jou swak stellings(idees) uit die water skiet.Maar kom ek vat vir eers net die swakste een aan.”As jy mos werk moet jy engels praat”. Dink bietjie mooi watter lande(nasies)lewer die beste ingenieurs op.Duitsland ,Japan,Italie,frankryk,Rusland en Amerika(help reg asb).Hoeveel van die lande se ingeneurs gaan na jou sogenaamde Engelse universiteite toe om dan in die werksplek engels te praat?’n Groot rede vir hul sukses is juis moedertaal onderig.Wees verseker dat baie van die ingenieurs vir engelse maatskappye werk,my suster is een.Haar engels was soos myne,uiters swak.Inteendeel ons het net engels gehoor as daar per ongeluk oorgeskakel is na ‘n verkeerde stasie!
Dit is einlik baie eenvoudig leer in jou moedertaal(alle moedertale) en gaan praat dan engels as jy vir so maatskappy werk.Jy hoor engels orals in die land en dit is nou baie maklik.My seun in gr10 se engels is beter as wat ons sin was op 22 jaar en tog presteer sy(my suster met haar gewese swak engels) buitengewoon in haar werk.
Hierin le juis ons in RSA se groot probleem. Stuur jou kind na ‘n Zoeloe skool en universiteit toe en sien wat gebeur met sy punte.Hoekom moet my kind of Thabo se kind benadeel word omdat ons nou almal ewe skielik in engels moet leer.

Maar ons gun jou die geleentheid om jou kind in engels te laat studeer. Is dit nou volgens enige regdenkende persoon ‘n probleem as ek myne in Afrikaans en Thabo syne in Zulu wil laat leer .Hemel man, daar is mos nou baie waaruit jou kind kan kies ek vra nie eers dit nie, maar net een!

Anne-Nisce de Wet ·

Ja, dis waar dat ons in die werkplek baie keer in Engels moet werk, maar dis nie in alle beroepe die geval nie. Ons handboeke is klaar Engels wat dit moeilik genoeg maak. Ons het die reg om ten minste ons klasse in Afrikaans te kry en die powerpoints. Nes hulle die reg het tot Engelse onderrig het ons die reg tot Afrikaanse onderrig. Ek was in ‘n Afrikaanse skool, die handboeke, alles was in Afrikaans. Dis vir my ‘n groot aanpassing om net my handboeke in Engels te hê. Wat nog as al my klasse Engels moes wees? Die terme is alklaar nie maklik in Afrikaans nie. In Engels is dit nog 10 keer moeiliker. Universiteit opsig self is klaar moeilik, al is dit in Afrikaans. Is dit rerrig nodig om dit NOG moeiliker te maak deur net Engels te maak? Nee, ek glo nie dit is nie. Daarom is dit hoekom ons veg, vir ons huistaal, vir die taal waarop ons trots is, ons taal. Nie vir enige ander verskuilde agenda nie, maar omdat ons die reg het om onderrig te word in ONS taal. Afrikaans. En mens kan vir hulle bewyse kry en wys, hul gaan hulle nogsteeds nie daaraan steur nie. Al wat ons kan doen is opstaan vir ons taal, ons stemme laat hoor, hoop en bid en vertrou dat die Here sal maak dat ons stemme nie op dowe ore val nie en dat al hierdie moeite vrug sal dra.

Bruno Stef ·

Dit is so ironies dat my dogter wat dubbele burgerskap van SA en Australie het en haar graad op die RAU bekom het vir my se dat die kommunikasie taal in hulle kantoor hoofsaaklik Afrikaans is.Ons sukkel in SA om die jeug in Afrikaans te laat studeer maar in klein Pretoria by die see(Perth) is dit al een van die vele kommunikasie tale wat jy orals hoor so jy kan nie eers lekker skinder nie.

vermeende ·

My vraag is, in watter taal groed hierdie groepie sy ouers of groot ouersl Ek sit my kop op n blok en wet jull dit is nie in Engels nie. Engels is die stok waarmee die brandsiek Afirkaanse taalhond mee dood geslaan kan word. Ek was die week self daar op die kampus en het n swart student gepraat, sy Afrikaans was uitstekend en skoon. Ek wens ek kon my moedertaal praat soos hy en ek dink dit is waar die probleem le. Daar is reeds so baie swart leerlinge in Afrikaanse skole wat veafrikaans en dit skep n probleem vir die comrads, so haal Afrikaans uit die uniwersieteite dan is Afrikaans ge-doom op skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.