Prof. Kgwadi ontvang memorandum oor Afrikaans

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi het gehoor dat Afrikaans as onderrigtaal op die NWU se Potchefstroom-kampus ononderhandelbaar is.

“Hiér trek ons nou die lyn. Ons gaan nie toelaat dat ʼn handjievol radikale ons kampus kom verwoes en verdeel nie.” Só het Hans Gildenhuys, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak op NWU se Potchefstroom-kampus, gesê.

“Studente ry nou verby ander kampusse wat histories Afrikaans was, soos die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV), om ’n tuiste by die NWU-Puk se kampus te kom vind. Die rede hiervoor is dat die NWU-Puk die laaste tuiste is waar jong Afrikaanse studente onderrig in hul moedertaal kan kry.”

Volgens Gildenhuys verwerp AfriForum Jeug Pukke ReformPUK se argument dat die universiteit se taalbeleid misbruik word om teen Engelse studente te diskrimineer. “Só ’n stelling is eensydig en ongegrond. Hierdie klein radikale groepie van slegs 50 lede is besig om die NWU-Puk gyselaar te hou.”

Gildenhuys het gesê ReformPUK hou Afrikaans as die vyand voor om die fokus van sy ware agenda weg te hou. “ReformPUK se blatante rassisme maak egter sy agenda van verwoesting en verdeling baie duidelik. Een van ReformPUK se leiers, Tsholofelo Motlogeloa, het reeds in 2012 op sy Facebook-profiel geskryf: ‘I hate white people with [a] passion n [sic] they must f***** go back 2 [sic] Europe.’”

Gildenhuys het gesê Afrikanerstudente kan nie toelaat dat die “rassistiese ReformPUK-groep” ʼn gesonde universiteit verwoes nie.

AfriForum Jeug Pukke eis dat sy memorandum met die volgende eise voor die NWU-raad dien: die verwerping van ReformPUK se memorandum; die behoud van Afrikaans as enkel-onderrigmedium; die opleiding van tolke en die uitbreiding en opgradering van tolkdienste; die behoud van ʼn kurrikulum van gehalte; die aanstel van gehaltepersoneel wat Afrikaans magtig is; die behoud en beskerming van Afrikaner-erfenis; die transformasiebeleid word nie op studente afgedwing nie; die plasing in koshuise wat op meriete gegrond is; die nie-uitstel van eksamens op die NWU-Puk-kampus; die behoud van gesonde studentetradisies om goeie studentelewe te verseker; die vervolging van mnr. Motlogeloa weens sy rassistiese aanmerkings; en die verwerping van ReformPuk as organisasie.

Volgens AfriForum Jeug Pukke het hulle met ’n aantal studente gepraat wat van tolkdienste gebruik maak, en dié studente is almal gelukkig met al die maatreëls wat die universiteit ingestel het om Engelse studente op die NWU welkom te laat voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Manie

Dit is hoogtyd dat die streep in die sand getrek moet word. Raak ontslae van kgwadi en stel iemand aan wat wil baklei vie Afrikaner regte. Ons soek nie meelopers van Lethuli huis nie

Dup du Plessis

Die ironie is dat daar duisende Afrikaanse studente by ander instellings ingeskryf is wat vir hul eerste keuse by Puk aansoek gedoen het maar nie keuring gekry het nie. Dus is daar nog ‘n baie groot mark wat vir ‘n Afrikaanse kampus beskikbaar is. Lee Afrikaanse lokale sal daar dus nooit wees nie (bygese as toelatings geskied soos wat dit moet) – hierdie is gewoonlik die argument wat by skole gebruik word. Die staat wil ons egter bly demografies opdwing aan mekaar en dit veroorsaak baie meer kwaad as goed. Kan daar nie ‘n wiskundige bepaling gedoen word wat die… Lees meer »

Bruno Stef

Horende doof en sienende blind is n ou spreekwoord wat my oorlede ma altyd gebruik het.Dit laat my baie dink aan die drie apies met die uitsondering dat die opstokers baie verbaal is maar andersins blind en doof is.#kwadi/froneman/venter must fall behoort Agriforum jeug se slagspreuk te word.Ek hoop my skrywe is nie weer nie aanvaarbaar vir Maroela omdat n hele paar kommentare wat ek gelewer het eenvoudig net nie geplaas is nie.

Deon

Ek kan nie sien dat die regering sal toelaat dat intelligente Afrikaners ‘n intellektuele tuiste kry waar breinkrag saamgesnoer word nie. Hulle besef al te wel dat hulle ‘n reuse voordeel het terwyl Afrikaners nie fisies “saamsit” nie, maar verspreid is oor die land, en denke verdun word deur die inmenging van liberale kulture.

Rakker

VEG ASB vir AFRIKAANS!!!! Dis ons REG om ons taal te praat!!! Prof Kwadi must fall!!!!!