Prof. Russel Botman oorlede

Prof. Russel Botman. Foto: Twitter

Prof. Russel Botman. Foto: Twitter

Prof. Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch , is Saterdagoggend oorlede.

Die universiteit het op Twitter bevestig dat prof Botman in sy slaap oorlede is. Volgens Eikestad Nuus het prof. Botman ‘n hartaanval gehad. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie.

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het intussen op Twitter gesê dat prof. Botman se afsterwe ‘n “hartseer dag vir hoër onderwys is.”

Die universiteit se FVZS-instituut vir Studenteleierskapontwikkeling het op Twitter gesê: “Ons is geskok en hartseer oor die skielike heengaan van rektor Russel Botman. Medelye aan Beryl en die kinders.”

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het ook op prof. Botman se afsterwe reageer. “Suid-Afrika het vandag ‘n fantastiese man verloor. Hy sal altyd onthou word vir die rol wat hy gespeel het in die stryd teen apartheid.”

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het gesê: “Ek is verby geskok oor die nuus rakende die afsterwe van prof. Russel Botman. Wat ‘n fantastiese persoon, visioenêre leier en inklusiewe nasiebouer.”

Prof. Botman was sedert 2007 rektor en visekanselier by die universiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Demokraat ·

Alhoewel ek medelye het met die familie van Prof Russel Botman met sy skielike afsterwe, was hy nie baie geliefd by my nie – het die saak van die Afrikaanse-taal aan US baie skade berokken tydens sy termyn as Rektor.

Prof Botman het hom opsigtelik daarvoor beywer om die US sy jarelange karakter as Afrikaanse Universiteit, ongedaan te maak – en dit terwyl daar reeds minstens 3 ander hoër onderwysinrigtings in die Wes-Kaap is met Engels as voertaal. Buiten onderrig, het Prof Botman dus ook ‘n bykomende agenda gehad en dit was om die wittes en hul taal te kleineer.

Dit was binne ‘n bepaalde tydsbestek sekerlik geregverdig om hom teen apartheid te verset en stemme daarteen te maak maar as teoloog moet hy mos ook geweet het om, in die na-apartheids-era, nie kwaad met kwaad te vergeld en ‘n houding van “ek sal julle terugbetaal” ingeneem het nie.

Demokraat ·

Grassie, ek het vroeër vandag kommentaar met soortgelyke strekking, alhoewel ietwat sagter, geplaas maar het Maroela Media dit goedgedink om dit te verwyder.

Wil maar net graag laat weet dat ek jou siening deel en daar onwillekeurig alreeds ‘n bedekte vrees is oor wie sy opvolger gaan wees – dalk nog iemand wat meer radikaal gaan wees ten opsigte van wittes en die Afrikaanse taal.

Naomi Mondzinger ·

My deepest symphony to the family. It is indeed a great shock to loose a man with integrity and honor. Stellenbosch will surely miss you.

Moses da Gama ·

Ons innige medelye aan die Botman familie, Stellenbosch universiteit gemeenskap asook sy mede
Christen en geloofsvriende en familie. Dankie dat ons paaie kon kruis en ek ‘n blaaie uit sy lewe kon neem. Rus in vrede. Moses en Abby da Gama.

Kosie ·

U het die suiwerste Afrikaans gepraat en bevorder prof. Botman, ‘n voorbeeld vir sommige sogenaamde “afrikaners” wat kommentare op forums probeer lewer.
U nalatenskap sal vir ewig opgeteken staan. Dankie dat ek, my lewenswandel met u kon gedeel het.

Sterkte aan die familie en vriendekring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.