Prof se moordenaars gevonnis

Prof Daan Wybenga

Prof Daan Wybenga

Twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op prof. Daniel Wybenga (69) van Clarens in die Vrystaat, is Vrydag in die hooggeregshof in Bethlehem gevonnis.

“Simon Dlamini (23) en Thabiso Makoetji (28) is lewenslange tronkstraf opgelê plus 15 jaar elk vir roof met verswarende omstandighede,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.

Wybenga, vroeër ʼn dosent aan die Noordwes-Universiteit, is in Oktober 2013 in sy huis in Clarens dood aangetref. Hy is verwurg. Sy Toyota Corolla, selfoon en hoëtroustel is gesteel.

Lt.genl. Thabethe Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het sers. Johannes Aslett en konstabel Elias Maphisa gelukgewens met hul spoedige maar sorgvuldige ondersoek van die saak. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ia Esterhuizen ·

Die vonnisoplegging sal NOOIT kan vergoed vir die wegruk van ‘n begaafde en geliefde pa, oupa, studieleier en vriend van vele nie. Minstens geskied geregtigheid, en dit sou vir Daan uit sy christelike oortuiging waarskynlik voldoende gewees het. Ons sal jou altyd mis, liewe Daan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.