Die bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend, kort ná sy 91ste verjaardag op 31 Mei, aan natuurlike oorsake in ʼn private hospitaal in Potchefstroom oorlede.
Cloete was vir lank verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus se Skool vir Tale en Skryfkuns.
Johan van Zyl, woordvoerder van die NWU, het aan Maroela Media gesê Cloete is Sondag in die hospitaal met griepsimptome opgeneem. “Sy toestand het verswak weens sy hoë ouderdom en hy is vanoggend aan natuurlike oorsake oorlede,” het hy gesê. “Sy familie was by hom.”
TT Cloete is onteenseglik een van die merkwaardige figure op die Afrikaanse literêre toneel. Hy is literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker.
Inligting oor sy gedenkdiens sal gedeel word sodra reëlings getref is.
Lees alle vorige berigte oor TT Cloete op Maroela Media.
‘n WONDERLIKE mens en digter; groot verlies vir Agfrikaans. Vrede, aanvaarding en sterkte vir sy familie.
Hy was ‘n kolos gewees.Onthou nog goed 1973 aan PUK. Afrikaans-Nederlands I by hom gekry.