Prof wil bates gryp ná slaggat-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Universiteitsprofessor het met stappe begin om op van die Noordwes-regering se bates beslag te lê aangesien hy nog nie vergoeding ontvang het nadat hy sy ma se begrafnis misgeloop het nie, het Beeld Sondag berig.

Die premier van Noordwes het ingestem om prof. Wannie Carstens R115 000 te betaal vir die emosionele pyn wat hy ervaar het aangesien hy sy ma se begrafnis gemis het. Twee van sy Mercedes-Benz se bande het naby Ottosdal gebars nadat hy deur ‘n slaggat gery het op pad na sy ma, Dot, se begrafnis.

Carstens en sy vrou, Wilma, is nie tydens die voorval beseer nie maar het die begrafnis misgeloop. Carstens, direkteur van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale, moes op 30 Junie reeds die betaling ontvang.

Cerneels Lourens, Carstens se regsverteenwoordiger, sê hy sal nou met ʼn proses begin om op die premierskantoor se bates beslag te lê.

Bonolo Maohlakoana, waarnemende woordvoerder van die premier se kantoor, sê die betaling is goedgekeur en sal na verwagting die komende week gemaak word.

Carstens sê hy het nie die saak ter wille van die geld aangepak nie, maar om die regering aanspreeklik te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willie ·

Nou is die geld ewe skielik goedgekeur. Roer hulle professor, roer die onbevoegdes.

Johan ·

Ek kan nie glo dat ‘n professor so dom kan wees nie! Dink hy regtig dat hy die regering ‘n les sal leer? Nee prof, as hulle ‘n les geleer het, sou hulle mos lankal al die ander slaggate wat moontlike eise kon veroorsaak, reggemaak het. Minstens kan jy twee nuwe bande vir jou Merc koop en wat oor is aan jou prokureur betaal. Die berig is baie goeie advertensie vir jou prokureur, want ek sal verseker dieselfde prokureur gebruik as my kar deur ‘n slaggat beskadig word.

Peter Says ·

Ken die gevoel, ek het Vrydag nuwe bande opgesit, Saterdag n band in sy glorie in. Ek gaan nie eens poog om te eis nie.

pop ·

As almal eise begin instel sal hulle hopenlik iets begin doen. Prys die prof eerder as om hom nou as dom af te maak. Dis hoekom ons mense is waar hulle nou is< slapgat houdings en n gekla en gemor en klippegooi het gemaak dat ons nou in n gemors is. As almal ophou kerm en iets doen<

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.