Die 32-jarige selfverklaarde profeet van Limpopo wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders, bly nog ʼn rukkie agter tralies.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die pastoor, wat homself in Desember verlede jaar tot profeet verklaar het, het Donderdag in die Lenyenye-landdroshof buite Tzaneen verskyn op vier aanklagte van die verkragting van minderjariges.
Die saak is tot 29 Augustus uitgestel vir nadere ondersoek en wanneer hy na verwagting formeel om borgtog gaan aansoek doen.
Maroela Media het vroeë berig die man, wie se naam nie genoem mag word totdat hy gepleit het nie aangesien hy teregstaan op aanklagte van ʼn seksuele aard, is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders.
Ngoepe het Woensdag gesê die man is deur die Tzaneen-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in die Maake-polisiëringsgebied in hegtenis geneem.
“Die verdagte het hom in Desember 2016 tot profeet verklaar en glo die vier slagoffers, wat bodes in sy kerk in die Burgersdorp-nedersetting was, verkrag,” het Ngoepe gesê.
“Hy het na bewering die meisies, tussen 12 en 16 jaar oud, op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid en terwyl hulle besig was met gebed, het hy hulle verkrag.”
Die verdagte moet binnekort in die Lenyenye-landdroshof verskyn op vier aanklagte van verkragting. Die polisie se ondersoek duur voort.
Stem Willie. Die land is onder leiding van ant sisters. Ons Christene moet op ons knieë bly!
In die vroee 70’s, toe ek nog op laerskool was, het ons in sondagskool geleer van sektes. Een van hierdie sektes was die “Lekker Geloof” sekte. Lyk my hierdie sekte bestaan nogsteeds in die Burgersdorp nedersetting!