Profeet dwing gemeentelede glo om slange te eet

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

Die ACDP het uitgevaar teen profete wat hul gemeentelede glo laat kaal uittrek, petrol drink en slange eet.

“Ek doen ʼn beroep op predikante van die evangelie wat teologiese opleiding ontvang het en al meer as 30 jaar in die bediening is, nog voordat sommige van hierdie sogenaamde profete gebore is, om hierdie individue wat buite orde is en ’n bespotting van die evangelie van Jesus Christus maak, te berispe,” het eerwaarde Kenneth Meshoe, president van die ACDP, gesê.

Dit volg ná berigte oor profeet Penuel Mnguni (24) van End Times Disciples Ministries in Soshanguve wat sy gemeentelede glo beveel om onder meer slange, klere en klippe te eet. Daar word gereeld foto’s van die gebeure op die kerk se Facebook-blad gedeel.

Die foto’s wys onder meer hoe slange geëet word, die profeet op gemeentelede se rûens ry en vroue al hul klere uittrek. “Hoe word God verheerlik deur kerkgangers te dwing om hul klere uit te trek?” Volgens Meshoe word dit gedoen om die wellustige oë van mense wat naakte vroue in die kerk wil sien te bevredig.

“Wat hulle doen, is verkeerd en grens aan heksery en moet daarom ten sterkste veroordeel word.” Meshoe het gesê dié soort profete blyk verkeerdelik publisiteit te soek en maak in die proses ʼn bespotting van Christenskap. “Indien die sogenaamde profete hul gemeenskappe wil help, dan moet hulle eerder die armes, behoeftiges en diegene wat deur dwelms vernietig word, help,” het Meshoe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Landie

Lekker malletjie. Bly ek gaan nie na sy kerk toe nie. Grossy!!!

Akram

Genugtig dit raak erger. ek het ook n opname gesien van een van die kerke waar die persoon kontant donasies vra. dit enige iets wees, solank dit net 100 is, dollar, euro rand pond. wat my stom slaan is die feit dat darr so by sulke byeenkomste n groot getal mense is. en die getalle groei net. ek dink daai persoon het die vermoe om mense se normale denkwyses te beinvloed. dink net wat hy regkry. om iemand te ooreed om n slang te eet. dis nou letterlik om met n adder in jou boesem te loop. en petrol is… Lees meer »

urshla

Asb die priester moet aangespreek word om n kind van God te wees is om ander te help en n boodskap te gee dis n kerk nie n sirkes te hou.

Debs

Skandelik dat mense godsdiens so vermorsel…. iemand moet iets hieraan doen want die arme mense weet nie van beter nie ….

Rene

Kits kerkies en nog laster daarby. Ons kan nie sit en sien dat daar n ‘mockery’ van God’s woord is nie. Hoop hy word gou gestop.. Dis pateties dat mense hiervoor val en dan nog uitgebuit word.