Profeet dwing gemeentelede glo om slange te eet

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

Die ACDP het uitgevaar teen profete wat hul gemeentelede glo laat kaal uittrek, petrol drink en slange eet.

“Ek doen ʼn beroep op predikante van die evangelie wat teologiese opleiding ontvang het en al meer as 30 jaar in die bediening is, nog voordat sommige van hierdie sogenaamde profete gebore is, om hierdie individue wat buite orde is en ’n bespotting van die evangelie van Jesus Christus maak, te berispe,” het eerwaarde Kenneth Meshoe, president van die ACDP, gesê.

Dit volg ná berigte oor profeet Penuel Mnguni (24) van End Times Disciples Ministries in Soshanguve wat sy gemeentelede glo beveel om onder meer slange, klere en klippe te eet. Daar word gereeld foto’s van die gebeure op die kerk se Facebook-blad gedeel.

Die foto’s wys onder meer hoe slange geëet word, die profeet op gemeentelede se rûens ry en vroue al hul klere uittrek. “Hoe word God verheerlik deur kerkgangers te dwing om hul klere uit te trek?” Volgens Meshoe word dit gedoen om die wellustige oë van mense wat naakte vroue in die kerk wil sien te bevredig.

“Wat hulle doen, is verkeerd en grens aan heksery en moet daarom ten sterkste veroordeel word.” Meshoe het gesê dié soort profete blyk verkeerdelik publisiteit te soek en maak in die proses ʼn bespotting van Christenskap. “Indien die sogenaamde profete hul gemeenskappe wil help, dan moet hulle eerder die armes, behoeftiges en diegene wat deur dwelms vernietig word, help,” het Meshoe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Landie ·

Lekker malletjie. Bly ek gaan nie na sy kerk toe nie. Grossy!!!

Akram ·

Genugtig dit raak erger. ek het ook n opname gesien van een van die kerke waar die persoon kontant donasies vra. dit enige iets wees, solank dit net 100 is, dollar, euro rand pond. wat my stom slaan is die feit dat darr so by sulke byeenkomste n groot getal mense is. en die getalle groei net. ek dink daai persoon het die vermoe om mense se normale denkwyses te beinvloed. dink net wat hy regkry. om iemand te ooreed om n slang te eet. dis nou letterlik om met n adder in jou boesem te loop. en petrol is reeds so duur.

urshla ·

Asb die priester moet aangespreek word om n kind van God te wees is om ander te help en n boodskap te gee dis n kerk nie n sirkes te hou.

Debs ·

Skandelik dat mense godsdiens so vermorsel…. iemand moet iets hieraan doen want die arme mense weet nie van beter nie ….

Rene ·

Kits kerkies en nog laster daarby. Ons kan nie sit en sien dat daar n ‘mockery’ van God’s woord is nie. Hoop hy word gou gestop.. Dis pateties dat mense hiervoor val en dan nog uitgebuit word.

Riaan ·

Mense het die soort goed 100 jaar en meer gelede gedoen.Wys jou net hoe ver het hulle gevorder.Moet se ek sal nog al meer kerk toe gaan as die vroulike lede al hulle klere moet uit trek LOL.Snaaks dat die dames dit so goeds gemoeds doen!

Peet Schabort ·

Net in Afrika.
Dis soos hulle ook na die stembus gaan.

neelsie ·

Bespotting van christelike godsdiens.
Afrika gaan altyd na die uiterste.
Manier om skare te trek en miljoene te maak.
Gaan alles net oor :”EK.”

Winston ·

Ja….wat meer kan mens sê? Ek wil nie graag sy straf hê nie. Hy weet van beter maar keer terug na sy weë.

Eish! ·

Ek weet regtig nie hoe kan enigiemand die dinge glo nie. Dink die sg profeet is so oortuigend dat hy homself glo en regtig glo hy is ‘n profeet.

Yolande ·

Ek weet nie van duiwels nie (daarvoor moet mens eers glo dat daar duiwels is… ), maar dis dieremishandeling (en ek praat van die slange wat lewend geëet word – nie van die mense wat die slange eet nie – ek hoop die SPCA gaan ondersoek instel!

Berhalet Beukes ·

Boos, onnatuurlik, onderaards, buite die norm, wat ookal gepas is vir jou persoonlik. Dit bly walglik en ja, ek stem dat SPCA dit moet ondersoek.

AmY ·

Waarsku die Bybel dan nie teen valse profete nie? Hoe kan mense so blind wees? Of gee hulle iets vir die mense om te drink voor Kerk om hulle “te bedwelm? “

Se Maar Net ·

Wat ‘n klomp verwarde mense is hulle nie? Dit is nie ‘n kerk nie!!!

Pierre Celliers ·

Gemeentelede eet maar die slange, sonder om die booswig onder verdenking te plaas!

Nou hoe is dit moontlik? Hulle sien mos wat hy doen kan nie God se goedkeuring wegdra nie!!

San ·

Siestog, ek het daardie soort slange as troeteldiere gehad toe ek klein was…

Johannes Meintjes ·

In ons kerke gebeur die dinge net meer subtiel …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.