‘Profeet’ in hof oor verkragting, seksuele aanranding

Argieffoto

Die 32-jarige selfverklaarde profeet van Limpopo wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders, se borgtogaansoek is Vrydag in die Lenyenye-landdroshof buite Tzaneen geweier.

Die pastoor wat homself in Desember verlede jaar tot profeet verklaar het, staan tereg op vyf aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding.

Maroela Media het vroeër berig die man, wie se naam nie genoem mag word totdat hy gepleit het nie aangesien hy teregstaan op aanklagte van ʼn seksuele aard en die betrokkenheid van minderjariges, is deur die Tzaneen-polisie-eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in die Maake-polisiëringsgebied in hegtenis geneem.

Die Lenyenye-landdroshof het Vrydag beveel dat die man in aanhouding bly terwyl ʼn polisieondersoek voortduur.

Hy sal weer op 12 September in die hof verskyn.

“Die verdagte het homself in Desember 2016 tot profeet verklaar en glo die vier slagoffers, wat bodes in sy kerk in die Burgersdorp-nedersetting was, verkrag,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

“Hy het na bewering die meisies, tussen 12 en 16 jaar oud, op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid en terwyl hulle besig was met gebed, het hy hulle verkrag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.