‘Profeet’ vas oor video met vals nuus

Argieffoto (Foto: Vincent Thian/AP)

ʼn Man, wat homself ʼn profeet noem, is in hegtenis geneem oor ʼn video met vals nuus wat hy versprei het.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, het die inhegtenisneming van die man in Thohoyandou verwelkom.

“Die polisie het ʼn wenk gekry oor mense wat gekla het oor die video van die man wat homself ʼn profeet noem en uitvaar teen die president se opdrag, dat mense tydens die nasionale afsonderingsperiode by die huis moet bly,” het Ramathuba in ʼn verklaring gesê. “Die ‘profeet’ versprei misleidende inligting in die video en dit verbreek die reëls en regulasies van die Covid-19-afsonderingsperiode.”

Ramathuba het gesê die departement van gesondeheid verwelkom die vinnige optrede deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens om die man dadelik in hegtenis te neem ná hulle in kennis gestel is van sy boodskap. “Dit sal as ʼn afskrikmiddel dien vir enigiemand wat misleidende inligting of vals nuus versprei. Die departement sal nie duld dat enigiemand vals nuus versprei of ons president beledig nie, veral nie gedurende hierdie moeilike tyd wanneer ons almal die Covid-19-pandemie moet bestry nie.”

Die LUR benadruk die versoek deur die president om die reëls en regulasies van die afsonderingsperiode na te kom.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Susan ·

Goed so ons is almal gestress en bekommerd oor ons werke en di ekonomie. Ons het ni nog mense nodig wat dink ulle weet meer as ons en dan glo hulle dit ook nog. Snaaks n mens glo nooit di waarheid ni maar fopnuus word net so aanvaar sonder om dit te bevraagteken

David ·

So die media en dwases verbly hulle oor die onderdrukking van vryheid van spraak onder die dekmantel van “fake news”
En Bheki Cele en sy blou Gestapo word geluk gewens oor die onderdrukking van grondwetlike regte van vryheid van beweging en spraak en handel dryf terwyl Gautengse skole leeg geplunder word deur “kommin” diewe.
Hoe ver het ons media gefaal…
Mens winder wat Donald Gordon en Steve Biko oor hierdie lafaards sou gesê het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.