‘Profeet’ vas wat glo kinders verkrag

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het ʼn 32-jarige selfverklaarde profeet in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man is deur die Tzaneen-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in die Maake-polisiëringsgebied in hegtenis geneem.

“Die verdagte het hom in Desember 2016 tot profeet verklaar en glo die vier slagoffers, wat bodes in sy kerk in Burgersdorp was, verkrag,” het Ngoepe gesê.

“Hy het na bewering die meisies, tussen 12 en 16 jaar oud, op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid en terwyl hulle besig was met gebed, het hy hulle verkrag.”

Die verdagte moet binnekort in die Lenyenye-landdroshof verskyn op vier aanklagte van verkragting. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genieve ·

Liewe aarde die man geen vrees nie,sommer terwyl gebed gedoen word.Profete en nogmals profete.

Ouma ·

Hoeveel misdade teen die mensdon is al gepleeg in die naam van “godsdiens”? “Godsdiens” kan gevaarlik wees as jy nie ‘n waaragtige daaglikse, verhouding het met die lewende Here wat jou sal lei en leer om te onderskei tussen goed en kwaad nie. Almal is deesdae “godsdienstig”. Die duiwel ook.

marous ·

Die SAP smeek vir bystand van die gemeenskap. Gee hom vir die slagoffers se ouers , dan kan hulle die polisie en die hof se werk doen ..kosteloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.