‘Profeet’ wat glo kinders verkrag hoor oor borgtog

Argieffoto

Die 32-jarige selfverklaarde profeet van Limpopo wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders, het Maandag gehoor of sy borgtogaansoek suksesvol was.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die pastoor, Confidence Monyela, is borgtog van R12 000 toegestaan op voorwaarde dat hy een keer per week by die Ritavi-polisiestasie aanmeld en nie die Tzaneen-landdrosgebied mag verlaat nie.

Hy staan tereg op vyf aanklagtes van verkragting en een van seksuele aanranding. Hy het tydens sy borgtogaansoek onskuldig op dié aanklagte gepleit.

Maroela Media het vroeër berig Monyela is in Augustus in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders.

Hy is deur die Tzaneen-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in die Maake-polisiëringsgebied in hegtenis geneem.

“Monyela het homself in Desember 2016 tot profeet verklaar en glo die vier slagoffers, wat bodes in sy kerk in die Burgersdorp-nedersetting was, verkrag,” het Ngoepe gesê.

“Hy het na bewering die meisies, tussen 12 en 16 jaar oud, op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid. Terwyl hulle besig was met gebed het hy hulle verkrag.”

Hy moet weer op 9 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Geskok ·

3000 rand borg werd per kind wat se lewe verwoes is…die mense dink nie reg nie.

Johann ·

Dra beslis n goeie boodkap oor aan verkragters oor hul onaantasbaarheid! ANC LEGACY in ons reg stelsel…borgtog vir als en almal BEHALWE waar blankes verdink word.

Theresa ·

Ongelooflik. Onder gebed verkrag. Watter bewyse het die polisie dat hy dit NIE gedoen het nie? Hoe is dit moontlik om hierdie man borgtog te verleen?????
Dis in so ‘n geval dat mens nie die kinders wat hierdeur is, se ouers kan kwalik neem as hul ontstoke word en die kamstige profeet te lyf gaan nie. Is dit die “doom” profeet?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.