‘Profeet’ wat glo kinders verkrag in hof

Argieffoto

Die 32-jarige selfverklaarde profeet van Limpopo wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders, het Vrydag in die Lenyenye-landdroshof verskyn.

Die kinders was tussen 14 en 17 jaar oud.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die pastoor, Confidence Monyela, is borgtog van R12 000 toegestaan op voorwaarde dat hy een keer per week by die Ritavi-polisiestasie aanmeld en nie die Tzaneen-landdrosgebied mag verlaat nie.

Hy staan tereg op vier aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding. Hy het tydens sy borgtogaansoek onskuldig op dié aanklagte gepleit.

Maroela Media het vroeër berig Monyela is in Augustus in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders.

Hy is deur die Tzaneen-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in die Maake-polisiëringsgebied in hegtenis geneem.

“Monyela het homself in Desember 2016 tot profeet verklaar en glo die vier slagoffers, wat bodes in sy kerk in die Burgersdorp-nedersetting was, verkrag,” het Ngoepe gesê.

“Hy het na bewering die meisies op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid. Terwyl hulle besig was met gebed het hy hulle verkrag.”

Die saak is tot 27 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.