‘Profeet’ wat glo minderjarige verkrag vasgetrek

Argieffoto

ʼn “Vals profeet” wat die afgelope naweek na bewering ʼn 16-jarige meisie verkrag het onder die dekmantel dat hy haar met haar lewensprobleme sou help, is vasgetrek.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het naby Thohoyandou in Limpopo plaasgevind. Die man (31), wat reeds gesoek is op aanklagte van verkragting, is Sondagaand in die Lwamondo Mathule-nedersetting buite Thohoyandou vasgetrek.

Dié selfverklaarde profeet het hom vermom en die meisie na ʼn kerk in die Dzwerani-nedersetting gelok.

“Toe sy daar aankom, het hy haar na die betrokke kerk geneem en haar opdrag gegee om omgang met hom te hê om sekere mistieke kragte te ontvang. Sy het die versoek van die hand gewys, maar hy het haar glo verkrag en haar gedwing om swart klere wat hy saam met hom in ʼn sak gedra het aan te trek voor hy saam met haar die kerk binnegegaan het.”

Volgens Ngoepe was daar binne die kerk onbekende kerkgangers wat ook swart klere gedra het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het hierdie “barbaarse daad wat onder die dekmantel van geloof gepleeg is” ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lerato ·

Ongeletterdes sal enigiets glo. Die verskriklike uitbuiting van die stomme mense

jakes ·

Nogal kenmerkend hoeveel selfaangestelde nuwe profete en apostels nou op n daaglikse basis hul verskyning maak. Ek weet van n vrou wat ook n profeet kamtig is en heilige ysblokkies aan mense verkoop teen R250 vir 6 blokkies. En sy maak geld soos bossies. Lerato is korrek in haar seining dat ongeletterdes uitgebuit word deur sluwe skelms wat agter godsdiens skuil.

walg ·

Dis omdat hulle Kan weg kom daarmee. Kyk hoe Lyk Ons land.
Ons smeek die president asb doen iets . Hou jou belastingbetaler gelukkig kyk na jou belastingbetaler S kyk na jou voed sel Hou Ons veilig van kriminele asb asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.