Professor buite sy huis doodgeskiet

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en onderrig, het Donderdag haar skok uitgespreek oor die koelbloedige moord op ʼn professor en voorsitter van die Universiteit van Zoeloeland se senaat.

Prof. Gregory Kamwendo is Dinsdag buite sy huis in Empangeni, noord van Durban, doodgeskiet. Die motief vir die moord is egter nog nie bekend nie.

Pandor het gesê sy het onlangs met Kamwendo (53) tyd deurgebring toe sy die Universiteit van Zoeloeland in Richardsbaai besoek het, nie net as deel van haar veldtog om haarself bekend te maak met al die universiteite in die land nie, maar ook in ʼn poging om oplossings te vind vir uitdagings van die instansie in die gesig staar.

“Prof. Kamwendo was passievol oor die pogings van die senaat om die betreurenswaardige gevolge en persepsies af te skud wat oor die universiteit hang ná hulle die skandaal rondom die verkoop van grade moes hanteer. Die senaat het hard gewerk om hierdie probleme te korrigeer,” het Pandor gesê.

Kamwendo het ʼn span van die senaat gelei om ʼn voorlegging aan die minister te maak oor wat gedoen kan word om die geloofwaardigheid van die universiteit se akademiese programme te herstel.

Pandor het gesê sy was hartseer om te verneem dat ʼn belowende akademikus se lewe op so ʼn sinnelose manier kortgeknip is.

“Ek pleit by ons wetstoepassingsagentskappe om geen steen onaangeroer te laat om die skuldiges aan die pen te laat ry nie. Namens myself en my departement, betuig ek ons innige meegevoel met prof. Kamwendo se familie, naasbestaandes, vriende en die universiteitsgemeenskap. Mag sy siel in vrede rus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sê maar net ·

Ek sien daar is ‘n nuwe sin snede aangeleer.
“Daar moenie ‘n steen onaangeraak los om die misdadigers aan te keer nie”….???

Andrew ·

Hoekom is sy geskok? Waar bly sy dan? Kom sy net Kersfees SA toe?!!!

Johannes ·

….maar jy is nie geskok as BLANKE BOERE WREEDAARDIG OP ‘N DAAGLIKSE BASIS GEMOOR word nie? Laat mens nogal wonder nê?

MAGGIE ·

Net so Johannes. Ons is niks Meer in Hulle Ogies nie. Ek word ELKE dag benouderboude.

Johann ·

Ja Pandor. Bel jou ANC buddy Sisulu en bevestig asb met haar hoe die moord inpas by haar veilige en beskaafde SA?

Dis nou nadat jy lekker jam smeer aan die absolute skande van n Universiteit wat handel dryf in Grade?

30% slaagsyfers en so laag moontlik standaarde “for the people” en STEEDS jim “the people” nie deur nie?

So dan verkoop jou instellings blatant kwalifikasies?

Onder watter gefinansierde afdeling van die ANC se nuutste studente ondersteuning val die aankoop van n Graad?

Gekke paradys!

pieter ·

Laat weet asb vir Lindiwe sy is nie bewus van sinlose moorde in sa nie

Michael ·

Ja Pandor die boere sal ook in vrede rus. Die boere wat kos op julle tafels gesit het.Ek hoop net julle besef dit.

Giel ·

Michael, die minister van Landbou en visserye se mos die Kosovo kom van Spar en PickaPay af so die boere is nie nogdig op die please nie. Ons is niks meer werd in die land nie.

Michael ·

Giel ja verstaan jy nou hoekom SA in so n gemors is my maat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.