Projek begin om Pretoria se erfenisskatte reg te ruk

Van die DA-aktiviste wat gehelp het om die Voortrekkermonument op te ruim (Foto: Verskaf)

Die DA moedig inwoners van Pretoria aan om hul moue op te rol en saam met DA-aktiviste al die erfenisgebiede in die stad op te knap. Dit vorm deel van ʼn projek wat dié party van stapel gestuur het om al die erfenisskatte in die stad te besoek met die oog daarop om ten volle rekenskap te gee van die land se ryk en diverse erfenis.

Die DA sal ook eersdaags ʼn petisie aan die provinsiale regering oorhandig om die beskerming van erfenis in die stad ’n prioriteit te maak.

Met die projek en petisie wil die DA weer bewustheid oor die onderhoud en instandhouding van erfenisgebiede skep om dit met trots en waardigheid vir die nageslag behoue te laat bly. Die party wil ook só ʼn beroep op die provinsiale regering en inwoners doen om aktief betrokke te raak by die bewaring van die erfenisskatte.

“Vir te lank is die bewaring van sulke kultuurhistoriese bakens óf as vanselfsprekend aanvaar, óf bloot geïgnoreer. Ons kan nie meer passief langs die kantlyn staan en niks doen nie,” sê DA-raadslid Francois Bekker.

(Foto: Verskaf)

“Ons moet nooit wegskram van historiese momente wat ons gebring het tot waar ons onsself vandag bevind nie. Ons moet ook die verskillende bydraes wat gemeenskappe oor dekades heen gemaak het, erken en ons opnuut herinner aan die ryke diversiteit van die land en hoe dit ons as nasie vorm.”

Die DA gaan volgens Bekker ’n omvattende bestekopname van al die kultuurhistoriese bakens in Pretoria doen en soveel as moontlik van die erfenisgebiede van alle kultuurgroepe identifiseer en besoek. Die meeste van hierdie terreine is negatief deur die Covid-19-pandemie beïnvloed deurdat die toerismebedryf tot stilstand geknars is.

Die DA het op Erfenisdag (22 Maart) saam met verskillende belanghebbendes die Voortrekkermonument besoek en om die monument skoongemaak, gras gesny en algemene instandhouding gedoen.

Hulle beoog om Vrydag die Koppies Monument in Wonderboom-Suid en volgende week Vrydag die Komjekejeke- kulturele dorp te besoek.

“Die DA nooi alle gemeenskappe uit om ons te steun met die viering van diversiteit en die bewaring van ons kultuurskatte wat ons saamwees aan die suidpunt van Afrika bevestig, sodat ons stories en mites die gom kan word wat ons met mekaar bind. Wat gevra word, is dade, nie lippediens nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Meisie ·

Wies dit? LOL net van hulle gehoor in die verkiesingstydperk en toe nie weer nie..

Genis ·

As die VF+ in Pretoria aan bewind was, het dit nie so gelyk nie… Die DA het nes die ANC Pretoria en die middestad vernietig! Ons areas lyk skokkend!

koos10 ·

Ek het geen probleem om my deel te doen nie, maar sal die DA dan asseblief my belasting geld kan terug gee, want die konsep van betaal vir ‘n diens en dan die diens self lewer, pas nie vir my te lekker nie! Dis netso met die vullis verwydering. Die werkers staak en hulle kry dan gee vergoeding nie, maar ek kry nie korting op my rekening vir die dienste wat nie gelewer word nie. So die stadsraad hoef dan nie die werkers te betaal nie, maar kry ook nog my geld in.
As al die DA raadslede, en al die stadraad werkers en bestuurders daar is, bel my dan kom ek ook help.
O ja, hou op op my gevoelens speel, met die mooi woorde van die eerste paragraaf. Die weklikheid is dat die bestaande regering alles wat Afikaans en blank is wil vernietig.

deHAS ·

Ek dink hulle dink nie eens meer oor die bron van inkomste nie, “dit kom maar net”..

Wakkerslaper ·

Ek verstaan nie hoekom die links-liberale DA nou so skielik vreeslik behep is met Afrikaners en ons belange nie… is dit nie juis die DA wat SEB en kwotas en onteiening steun nie? Probeer die DA, nadat hulle goed pakslae gekry het in die laaste verkiesing, nou om Afrikaner stemme te werf? Mag my volksgenote se oë oop en wakker wees. Jammer, maar ek as konserwatiewe Christen kan nie in dieselfde jeuk trek as die DA nie…

Di ·

Ja as ons nie self opstaan en iets doen om ons erfenis te bewaar nie sal niemand nie. Hierdie regering is te besig om korrupsie te pleeg en hulle self te verryk. Daar word NIKS in stand gehou nie, als gaan ten gronde onder hulle bewind.

Genis ·

Kom ek so se, die VF+ gaan die Moot vat in die volgenede minisipale verkiesing!

Eden ·

Nou hoekom voel dit vir my of die DA probeer punte wen by die Afrikaners? O ja, die munisipale verkiesing is op pad.

isabelle ·

ek dink dis FANTASTIES!! as almal net bietjie bietjie doen maak dit n verskil….Ons het juis in ons dorpie self skoon gemaak en geverf want anders het dit so lelik en verniel gebly

Philip ·

Ag sorry man DA maar julle kouse het julle weggegee moet nie na Sweizer Reineke fiasco toenadering probeer soek nie.Die stemvee aan Afrikaner kant sal maar n ander opsie moet maak en ek dink ek weet wat dit sal wees.

Kaptein ·

Ek wil net vir Walkerslaper së mens kry nie n konserwatiewe Christen nie. Jy is vir God of teen God. Daar is nie n linkse of regse Christenskap nie.

Anel ·

Sover ek weet het Afriforum so 2 weke terug klaar die amfiteater by die Monument skoon gemaak. Net soos hulle parke ens in ons omgeeing skoonmaak. Dan kom die DA paar dae later en mask ook kastig skoon. Kan hulle ook maar nie vertrou nie.

Johan ·

Kan iemand asb vir ons besonderhede plaas om donasies vir die monument se instandhouding te kan gee

Boeing ·

Ek dink nog steeds ons moet Oom Paul se standbeeld vanaf kerkplein verwyder en by die Voortrekkermonument gaan staanmaak. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor ‘n klomp EFF vandaliste dit gaan beskadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.