Projektiel tref Brakpan-huis

Argieffoto van ʼn M224-mortier ter illustrasie Foto: Adrian Muehe, Wikimedia Commons

Argieffoto van ʼn M224-mortier ter illustrasie Foto: Adrian Muehe, Wikimedia Commons

ʼn 20-jarige vrou is Saterdag beseer toe ʼn projektiel, wat deur ʼn mortier afgevuur is, ʼn huis in Brakpan, oos van Johannesburg getref het.

“Ons ondersoek die oorsprong van die projektiel en wie dit lanseer het,” het kapt. Kabelo Marumo, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Sondag gesê.

Die projektiel het die dak bo die vrou se slaapkamer getref.

Marumo sê die mortier kon nie op sy eie afgegaan het nie, en versoek enigiemand met inligting om die polisie by te staan. “Indien die persone anoniem wil bly, is daar kanale wat hulle kan volg,” het hy bygevoeg.

Hy kon nie bevestig of ontken dat die projektiel aan die Suid-Afrikaanse Weermag behoort tot dat die ondersoek afgehandel is nie.

Die vrou is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand by ʼn hospitaal in Benoni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petro Swannepoel Joubert ·

Dis n erge onverskuldige aangeleendheid. Dis agv onkundige mense wat nie goed opgelei word nie.

Chrisjan ·

Dit sal net erger aangaan met die Kader regering ,tot daar niks oor is ,hoop die mense wat oogklappe aan het sien tog ,hul is besig met n totale oorname ,Sterkte Boerseun

Jan Cilliers ·

Ek glo daardie mortier is by die Pannefees afgevier want daar is gewoonlik n weermag uitstalling.

Paul ·

Ja nee, dis uiters effektiewe terreur om ‘n onaktiewe oefenmortierbom deur ‘n huis se dak te laat val. Hoe sidder ek nou hier in my skoene!

Karin ·

kader regering? Wat is dit? Skiet hulle goed? Skiet ons regering goed? Ek weet van niks?

Karin ·

kader regering? Wat is dit? Skiet hulle goed? Skiet ons regering goed? Ek weet van niks?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.