‘Prokureur’, 11 ander vas oor veediefstal

Van die verdagtes. Foto: SAPD

Die polisie in Mpumalanga het ʼn 32-jarige man, wat glo ʼn prokureur is, asook 11 ander verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die 32-jarige man is in die Breyten-omgewing in hegtenis geneem nadat die polisie inligting gekry het oor ʼn “ooreenkoms” wat glo aangegaan is.

Lede van Middelburg se veediefstaleenheid het ʼn operasie van stapel gestuur met die bystand van ander eenhede en ʼn private veiligheidsmaatskappy, Anti-Crime Security Unit (ACSU).

“Die lede het op twee vragmotors afgekom wat vol vee gelaai is en ʼn derde vragmotor wat hulle nog besig was om te laai.”

Van die verdagtes. Foto: SAPD

Van die verdagtes het van die toneel gevlug, maar die 32-jarige man en nog ʼn ander man is in hegtenis geneem. Die polisie het egter leidrade opgevolg waarna nog 10 verdagtes, tussen 34 en 53 jaar oud, in hegtenis geneem is.

Volgens Hlathi het die polisie op die drie vragmotors, ʼn bakkie en R95 000 kontant beslag gelê. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van veediefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Hlathi het gesê daar is vasgestel dat dit nie die eerste keer is dat die gemeenskap rondom Breyten onder veediefstal deurloop nie.

“Daar word ook berig dat twee mans en ʼn vrou wat tydens die diefstal na die vee gekyk het, deur die verdagtes aangeval is. Hulle hande en voete is glo vasgebind en hulle is aangehou terwyl die verdagtes die vee gesteel het.”

Die ondersoek na die voorval gaan voort.

Een van die vragmotors waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Ai waar gaan ons heen. Weereens geld gierigheid. Hoe siek het ons samelewing geword.

Gert van Wierdapark ·

Die persoon is nie ‘n prokureur nie, hy is’ n “Prokurower”!

Ruaan ·

Ek stem saam Loun. Maroela, hou ons asb op datum met hierdie berig

Boerin ·

Misdadigers het baie regte Loun…word erg beskerm in SA…is eintlik n beskermde spesie,lyk of hulle op dieselde plek gevang is…en die polisie hou hulle apart,mens wonder hoekom? Seker versagtende omstandigheid bespreek vir die voorheen benadeeldes !

Sê maar net ·

Kyk nou net hoe ‘rassisties’ is die polisie om wit en swart apart te sit…..

IK ·

Dink net, een in jou geledere wat eerstehandse kennis het van gebeure en jou nog gratis gaan verdedig ook. Voorwaar ‘n pluspunt . . .

Gert van Wierdapark ·

Miskien het hy die boodskap van sy a en see vriend verkeerd verstaan toe die hom gevra het om “stemvee” vir die verkiesing te help aanry! He-he-he!

Bees ·

Dis baie goed ons boere het baie vee verloor die afgelope tyd in die omgewing ons verloor daagliks vee en dit was tyd gewees dankie aan acsu julle verdien n bells kerels was n sukses

Blaarman ·

Die wat geboei is het probeer vlug tydens arres. Dit staan in die berig geskryf…

Wonder ·

Nog n 32 jarige prokureer, eers een wat verdwyn en gevind is… Nou die een!

Lomea ·

Ek het nie meer woorde nie!! En dit ‘n geleerde blanke man… wat hom skuldig maak aan diefstal…dis ‘n skande!!

Blits ·

o ja nou sien ek, sorry, ek is vandag soos die mrk sien niks raak nie hehhehehe

Chris ·

Hier is nog steeds apartheid want die prok en sy maat moet mos tussen die ander wees of hoe volgens Mallema.

Johan ·

Nie net dit nie, let op die blankemans is nie met “cable ties” geboei nie.

Verbaas ·

Ek vermoed dis dieselfde man….die 32-jarige prok wat verdwyn het en die een wat gevang is….ai ai en dan doen hy dit aan sy mede blanke boere. Gee hulle dalk oor aan die boere gemeenskap laat hulle met hulle afreken.

LB ·

Julle wat nou aangaan oor op watter manier die manne geboei is, ek dink die twee wat aanmekaar vasgeboei is het ‘n voertuig daarnie en dus ‘n groter vlug risiko is. Ek het iewers verneem daardie prokureur is ‘n pa en seun. Wat ‘n skande om jou aan so ‘n daad skuldig te maak. Ek is bevrees dat daardie vragmotor dalk nog ‘n boer s’n is of die prokureur het dalk ‘n plasie en ‘n slaghuis iewers?

Bees ·

Lb koreksie dus nie n pa en seun nie en hulle was met hulle eie voertuig daar die media moet asb seker maak van feite oor die pa en seun storie dis nie so nie

Chris ·

Bees as jy so op hoogte van sake is weet jy seker ook aan wie behoort die Amarok waar by hulle sit .

Neels ·

Maak nie saak hoe hulle geboei is nie feit is hulle is medepligtig , moontlik die organiseerders, hulle moet saam met die ander staan . Maak nie saak wie en wat jy is nie of jou posissie in die samelewing is nie, as jy oneerlik moet jy maar die music face

Blaarman ·

Neels, lees die berig. Hulle is op verskeie tye/plekke gearresteer. Die vier het gevlug toe die polisie toegeslaan het. Geen sprake daarvan dat hulle ligter gaan afkom daarvan af nie.

LEES DIE BERIG

LD ·

Is dit nie dalk die 32jarige prokureur wat vermis is nie? Kon dalk nie by die hof opdaag nie want hy was besig om die vee te laai? Wil nie op tone trap nie, wonder maar net? As iemand dalk weet?

Wonder ·

Selfde deur my kop gegaan… Hopelik nie maar altwee 32 ook nog

Renschia ·

Die prokureur wat vermis was en weer gevind is, woon in die Kaap. Die prokureur wat vir veediefstal aangekeer is, het in Breyten, Mpumalanga die misdaad gepleeg. Dis ongeveer 2000km van mekaar af. So duidelik is dit nie dieselfde persone nie. Dit help nogal as mens die hele berig deurlees en nie net hoofopskrifte nie.

Jaco ·

Berig op google se dit os wel Pa en seun.
Ek wil net weet is die 2 prokereurs in nuus selfde ou

.apartheid ·

Ja die polisie diskrimineer die wittes sit by die bakkie in die skaduwee maar die swartes moet sit en skroei in die son.Nog n voorval van BEE was dit nie daarvoor nie het die skelms weggekom dan het hulle nie nog die hof se tyd gemors nie.

Heksie ·

Ook nou nie die eerste blankes wat gevang word vir veediefstal nie, Tinus Groenewald van Brakpan het 15 jaar gekry ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.