Prokureur beboet wat kliënt bedrieg

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

’n Prokureur is Woensdag in die streekshof in Sasolburg, Vrystaat, skuldig bevind op aanklag van diefstal en gevonnis nadat hy een van sy kliënte se geld gebuit het. Hy is ʼn prokureur van Parys in die Vrystaat.

Volgens Christopher Singo, polisiewoordvoerder, het Meshack Mfana (51) van Ndobela Attorneys in Januarie 2016 ʼn siviele eis teen die staat ingestel vir die onregmatige inhegtenisneming van sy kliënt. Die staat het toe die bedrag van R60 000 in die trustrekening van Ndobela Attorneys betaal, maar die kliënt het nooit die geld ontvang nie.

“Die saak is by die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie in Bloemfontein aangemeld, waarna ’n dagvaarding in Junie 2019 aan Mfana beteken is,” sê Singo.

“Hy het by verskeie geleenthede in die hof verskyn totdat hy Woensdag eindelik skuldig bevind is.”

Mfana is tot drie jaar direkte tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie ʼn soortgelyke oortreding gedurende die tydperk van opskorting pleeg nie.

Die hof het Mfana ook beveel om ’n bedrag van R41 000 binne 90 dae aan die staat terug te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Tragies….juis hy behoort van beter te weet..sies man

Robert

Ek sien nie dat sy naam van die rol geskrap is nie of mis ek iets?