Prokureur bedrieg glo huiskopers in Pretoria

Foto ter illustrasie. (Foto: Schluesseldienst/Pixabay)

ʼn Prokureur van Burgersfort word daarvan aangekla dat hy geld uit voornemende huiskopers in Pretoria-Noord geswendel het.

Nkoemakea Mola (42) staan tereg op 15 aanklagte van bedrog en 15 aanklagte van diefstal en het Donderdag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Daar word beweer dat Mola sedert 2019 voornemende huiskopers uit meer as R2 miljoen geswendel het deur voor te gee dat hy ʼn prokureur is wat die koop en verkoop van eiendom hanteer. Hy sou glo ʼn huiskoper vra om ʼn bedrag geld in sy maatskappy se rekening in te betaal om die eiendom te koop. “Sodra die geld in die maatskappy se bankrekening wys, het hy dit dan na sy eie private rekening oorgeplaas,” het Lumka Mahanjana, streekswoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Nadat die polisie verskeie klagtes oor Mola ontvang het, is hy op 6 Julie by sy huis in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem.”

Die staat het borgtog teengestaan, omdat hy meen Mola hou ʼn vlugrisiko in en kan moontlik met getuienis inmeng. Die hof het egter borgtog toegestaan op voorwaarde dat hy sy paspoort inhandig en nie enige van die getuies direk kontak nie.

Die saak is tot 27 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Die skelm gaan vlug, hoekom uit op borg, hou hom in veilige bewaring soos hy veronderstel was om sy kliente se geld te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.