Prokureur gevonnis ná sy geld vir haarself hou

Argieffoto

Argieffoto

Denise van der Ryst, ʼn prokureur van Middelburg in die Oos-Kaap, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die oortreding van die Wet op Prokureurs.

Landdros Louis Classen het haar Donderdag in die Port Elizabeth handelsmisdaadhof effektief tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Van der Ryst, wat verantwoordelik was vir die oordrag van eiendomme, was wetlik verplig om ʼn trustrekening oop te maak waarin sy alle geld, wat met haar praktyk verband hou, moes deponeer. Sy het egter die geld, wat vir oordragkoste en ander uitgawes geoormerk was, vir haar eie persoonlike gewin aangewend.

Sy is vrygelaat op borgtog van R5 000 hangende haar aansoek om verlof tot appèl.

Sy sal na verwagting weer op 5 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

N Prokureur skuldig? Dis nuus. Ons wag STEEDS na amper 25 MAANDE dat die Prokureirs Orde ontvangs erken van ons klagte. Die betrokke Prokureur het willens en wetens die rente op n kontantbedrag wat in sy trust betaal is; vir homself gehou? Maar sy pelle lyk my trek eerder n ignore en wag dat dit verby gaan attitude. S.l.a.p.g.a.t optrede. Maar nou ja…seker nie verwag N instelling in RSA is actually funksuoneel nie?

Raad ·

Johann, het jy ‘n magtiging geteken vir die gelde om belê te word? Om rente te verdien? Prokureurs mag nie gelde belê sonder jou getekende toestemming nie. Die trust rekening is ‘n gewone rekening en die min rente daarop word aan die prokureursorde oorbetaal en word nie deur die prokureur gehou nie. Die prokureurs orde is gewoonlik vinnig en dit is snaaks dat jy nog geen ontvangserkenning gekry het nie. Dalk moet jy seker maak hul het jou klag ontvang. Groete.

Lydia ·

Johann volgens my kennis word alle rente wat ons trustrekenings verkry word aan die prokureursorde betaal en ontvang geen prokureur die rente op ‘n trustrekening nie.

Cherokee ·

Interessante terugvoer, Lydia. Indien jy sou reg wees kan daar mos geen gronde wees vir Johann se beskuldiging nie. Dit klink net snaaks dat hy dit (nou nog) nie weet nie.

Lydia ·

Ek weet dit vir ‘n feit want ek werk self by ‘n prokureursfirma. Alle rente op trustgelde word aan die prokureursorde oorbetaal. Geen kliënt of prokureur is geregtig daarop nie. As ‘n kliënt rente wil ontvang, moet dit op ‘n aparte rekening belê word en as die belegging opgevra word, ontvang hy dan die rente.

Scalla ·

8 Jaar vir diefstal van geld, as dit melk en sweets was sou sy 15 jaar gekry het, dis hoe ons regstelsel werk.

sanette ·

Ja, jong….en mense wat moord gepleeg het kom met ‘n jaar of twee of minder weg. Mense regte is mos belangriker want dis die fokus van ons grondwet – of jy ‘n moordenaar is of watookal – jou regte is vreeeeslik belangrik.

Muller ·

Johan ek dink julle moet dalk weer julle klagte deur stuur, ons het ‘n klagte ingedien en presies 2 maande later ‘n antwoord ontvang. Hier is hulle epos adres: [email protected]
Sterkte hoop julle hoor sommer vining van hulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.