
Argieffoto
Die 58-jarige Wellington Buti Nkathi, ʼn man wat hom as prokureur voorgedoen het in Mpumalanga, is Maandag in die Witbank-streekhof skuldig bevind aan onder meer diefstal.
Die skuldigbevinding kom nadat hy namens kliënte eise by die padongeluksfonds ingedien en dan die geld in sy eie sak gedruk het. Só het hy nagenoeg R400 000 gebuit.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Nkathi is tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal wat opgeskort is vir vier jaar, op voorwaarde dat hy nie in dié tydperk hom aan diefstal skuldig maak nie.
Die beskuldigde is ook tot vier jaar tronkstraf met ’n boete van R2 000 gevonnis vir die onwettige praktisering as prokureur.
Volgens Sekgotodi het Nkathi na bewering in Maart 2009 versuim om sy waarborgsertifikaat te hernu om as prokureur te praktiseer. “Sy sertifikaat is teruggetrek weens onetiese gedrag,” sê Sekgotodi.
Die prokureursorde het destyds ’n saak teen Nkathi aanhangig gemaak. Die Valke het die saak oorgeneem en die beskuldigde in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Cowboy Country die SA van ons!
So hoe lank gaan hy nou eintlik in die tronk wees.
Hy gaan nie tronk toe, kry ‘n boete van R2000, hy mag homself net nie vir die volgende 4 jaar skuldig maak aan ‘n soortgelyke oortreding.
Dit help niks. Die tronke is seker te vol.
@Ivan – ek lees die berig dat hy ‘n opgeskorte vonnis gekry het wat die diefstalklag betref, maar vier jaar tronkstraf + R2 000 boete opgelê is omrede hy onwettig as prokureur praktiseer het.