Prokureur glo met dwelms by hof betrap

Foto: SAPD Wes-Kaap

ʼn 39-jarige prokureur is Woensdagoggend by ʼn hof in Bellville in die Wes-Kaap in hegtenis geneem danksy ʼn waaksame hofordonnans.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die prokureur is betrap met dwelmmiddels wat glo vir sy kliënt bedoel was.

“Die hofordonnans was aan diens by die Bellville-streekhof toe hy ʼn groen plastieksak in die prokureur se besit opgemerk het. Tydens die verrigtinge het die landdros die prokureur verskoon op vermoede dat hy onder die invloed is.”

Toe die man die hof verlaat het die ordonnans hom agtervolg en ʼn soektog uitgevoer. Altesaam 200 mandraxtablette en tik, met ʼn geraamde straatwaarde van R9 600, is in die groen plastieksak gevind.

“Die prokureur, wat in Khayelitsha woon, is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in dieselfde hof verskyn.”

Die polisie stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hardekwas

Lekker plek waar ons woon. Prokureur is hoog én smous sy dwelms in die hof. Ek glo nie Hollywood het al so n draaiboek onder hande gehad nie.

JohanR

Dit is nou net een dom prokureur. Sal ons miskien kan se dat Jacob Zuma het meer breinselle?

SjN

Net in die nuwe SA

Casper

Wie gaan hom verdedig.

Hasie

Give that man a bells