Uitspraak is Dinsdag gelewer in die borgtogaansoek van die vooraanstaande prokureur wat daarvan beskuldig word dat hy vier werkers verlede week op die Zebediela-sitrusplaas geskiet het.
Tumi Mokoena, wat onder andere die EFF-leier, Julius Malema, verteenwoordig, het in die Lebowakgomo-landdroshof in Limpopo verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Mokoena is borgtog van R10 000 toegestaan en die saak is tot 25 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.
Mokoena is Vrydag by sy kantoor in Polokwane in hegtenis geneem ná ʼn skietvoorval vroeër die dag op die sitrusplaas, waarvan hy ʼn direkteur is.
Maroela Media het vroeër berig Mokoena het met werkers vergader toe konflik glo ontstaan het. Hy het na bewering ʼn vuurwapen uitgepluk en lukraak op die werkers geskiet toe hulle oproerig geraak het.
Vier mense, onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud, is gewond. Makoena het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug.
Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 ná ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Lekker man lekker. Van spog plaas na …..ummmmm wel klink soos … na niks.
Wys jou net die manne wil vir geen man werk nie.
“We want jobs not work”.
Wat se skedule misdryf is dit? Gaan die saak hoogeregshof toe verwys word? Was daar betogings by die hof? Was daar plekke afgebrand?
Ja, wat sal ek nou sê. Mokoena het my ook genoeg gehad.
Ek dag dis n blanke boer, gan intresant wees om te sien hoe hard die gereg hom slaan.