Prokureur in hof oor bedrog, diefstal

Argieffoto

Argieffoto

Anthony Peter Reynolds (52), ʼn prokureur van Kaapstad, staan tereg op twee aanklagte van bedrog, een van diefstal en een wat verband hou met die oortreding van die Wet op Prokureurs.

Reynolds, van Airlie Place in Constantia, in Kaapstad se suidelike voorstede, het Dinsdag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Volgens die klagstaat is hy in Augustus 2011 in hegtenis geneem en het aanvanklik voor landdros Amrith Chabilall verskyn.

Volgens die klagstaat is Reynolds in 1995 toegelaat as prokureur en het as professionele assistent by Heyns en Vennote Ing. begin praktiseer. Hy het agt jaar later sy eie praktyk, Roup Reynolds en Vennote, oopgemaak.

Op die aanklag van diefstal voer staatsaanklaer Juan Agulhas aan Reynolds het tussen Januarie 2006 en Desember 2010 R6 miljoen uit sy trustrekening gesteel.

Op twee aanklagte van bedrog het hy glo valslik ʼn kliënt in kennis gestel dat twee tjeks uit sy trustrekening, een vir R1.5 miljoen en een vir R600 000, “reg” sou wees, terwyl dit “gehop” het.

Op ʼn derde aanklag van bedrog het hy glo R2 miljoen geleen en ʼn huis as sekuriteit daarvoor opgegee. Hy het aangevoer die huis behoort aan hom, terwyl dit eintlik aan sy ma behoort.

Op die aanklag van die oortreding van die Wet op Prokureurs het hy glo versuim om behoorlik boek te hou van gelde wat ontvang word, gehou word of betaal word.

Hy moet weer op 12 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

My tjeks “hop” nie maar die bank “hop” wel . . .
Die bankbestuurder het die minderbevoorregte oorreed om ‘n tjekrekening oop te maak om sodoende dan makliker sy betalings te maak en natuurlik het hy oortrokke geraak met sy rekening. Die bankbestuurder het hom na die bank ontbied en aan hom sy oortrokke rek. gewys. Die man haal sy tjekboek uit en vra: “Hoeveel skuld ek ?”

Winston ·

Ja Peet. Tjek word ook nie meer agterop geteken nie. Agterop n bakkie gery of agterom die huis geklop nie. Die Prokureurtjie het probeer sy president nadoen maar vergeet hy is nie “ontouchable” nie. Foooitog!!

Jimmy ·

Soveel vertroue wat n mens moet he in Prokureers word erenstig vertroebel deur sulke optrede . Trust gelde , boedels ens , waarheen met al korrupsie . Hoop hy sit baie lank agter tralies .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.