Prokureur in hof oor ‘bedrog’ van R30 miljoen

Argieffoto

ʼn Vooraanstaande prokureur van die Oos-Kaap het Vrydag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Zuko Nonxuba (46) is borgtog van R80 000 toegestaan nadat hy Woensdag deur die Valke by ʼn plaaslike hotel vasgetrek is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê ʼn lasbrief vir Nonxuba se inhegtenisneming is uitgereik ná bewerings dat hy vervalste eise aan die departement van gesondheid voorgelê het. Dié eise was glo ter waarde van R30 miljoen.

Daar word beweer dat Nonxuba in 2013 en 2016 namens kliënte buitensporige geldbedrae  by die departement geëis het. Hy het beweer dat dié kliënte, almal ma’s, se kinders kwansuis ernstige beserings opgedoen het weens hospitaalpersoneel se oënskynlike nalatigheid, verduidelik Mulaudzi.

Die saak is by die Valke aangemeld waarna ʼn ondersoek getoon het dat dié eise vals was.

ʼn Ondersoek is gedoen om Nonxuba se betrokkenheid by eise van dié aard landwyd vas te stel.

Die saak is uitgestel tot 25 Maart hangende verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GM ·

R30 miljoen se bedrog, maar net R80 000 se borgtog word geëis… En sekere moordenaars betaal R500 borgtog. Wat ‘n grap.

JohanL ·

Asb mense en ek skryf eerste ding “tong in die kies” sodat niemand nou weer weghardloop met die storie nie. Mense reken mos mens kan nie in die hemel van jou vrou skei nie – rede? Omdat daar geen prokureur is om die admin rondom dit te doen nie :)

Tanya ·

Ek wens ek kon n gesig op gesit het. Nou moet ek maar skryf wat lag wat n grap. Hierdie land is so deur mekaar.

humor ·

Eise ter waarde van 30 milj. Dat jy jou lewe so n genadelose hupstoot kon gee.

Gert van Wierdapark ·

Vooraanstaande prokureur en ook Voor-in die-tou-Staande skelm.!!!

toy ·

JohanL ek se ook met “tong in die kies” al die prokureurs is nie skelm nie.

Cherokee ·

Toy!! Ek is verdomp ernstig hier met die lese van al die kroekery in ANC-Land en dan maak jy my uitbars van die lag! Hoe kan jy ernstige oomblikke sò opneuk? Anyway. dankie vir ‘n skaterlag :-)))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.