Prokureur in hof oor ‘diefstal’ van POF-geld

hof-hamer

Argieffoto.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het beslag gelê op miljoene rande se bates van ʼn voormalige prokureur van Limpopo in verband met die beweerde diefstal van uitbetalings van die Padongelukkefonds (POF).

Mashudu Malabi-Dzhangi, streekswoordvoerder van die NVG in Limpopo, het gesê die aanklagte teen Stanley Malatji hou verband met beweerde oortredings wat tussen April 2007 en Oktober 2011 begaan is. Malatji was ʼn direkteur van die regsfirma Malatji Prokureurs in Tzaneen.

Malatji het na bewering namens kliënte geld by die POF geëis. Nadat die geld in ʼn trustrekening inbetaal is, het hy dit vir sy eie gebruik onttrek sonder om enige van die geld aan sy kliënte oor te betaal. Nadat die beweerde diefstal aan die lig gekom het, is Malatji in Februarie 2013 van die prokureursrol geskrap.

Die Limpopo-hooggeregshof het verlede week ʼn aansoek van die NVG se batebeslagleggingseenheid toegestaan en daar is Vrydag beslag gelê op Malatji se bates ter waarde van R2,5 miljoen.

Volgens Malabi-Dzhangi sluit die bates waarop daar beslag gelê is Malatji se huis en huishoudelike inhoud in Tzaneen, huishoudelike inhoud van sy huidige woning in Pretoria-Noord en ʼn voertuig en drie sleepwaens in. Verskeie van sy bankrekeninge is ook gevries.

“Malatji sal op 11 Oktober weer in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal en verskeie oortredings van die prokureurswet,” het Malabi-Dzhangi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Gierigheid, deur geld wat jou nie toekom te gebruik vir jou eie gerief en luukse bestaan terwyl die werklike eienaar swaarkry.

Asmain ·

Daar is baie soortgelyke maatjies wat nog vry rondloop….besteel die mvo slagoffers en POF bankrot!

cor ·

Hierdie was nie eers die sogenaamde “White Capital” wat hy gevat het nie, maar sy eie nasie wat hy besteel het. So gee hom wat hom toekom en vat wegwat hom nie toekom nie. Dit alles word gedoen onder die dekmantel van geregtigheid.

Eish ·

Verlede week was dit n gewese landdros. Wit vrou. Korrupsie, bedrog, moord, verkragting is nie n etiese kwessie nie, dis n Suid Afrikaanse kwessie wat reeds kwalifiseer as Nasionale sport.
Eish, so n kroekereur! Hoop die getrouheidsfonds hou met die aanslag op wit kapitaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.