Prokureur in hof oor tenderbedrog by polisie

(Argieffoto)

’n Prokureur het hom Dinsdag aan die polisie oorgegee rakende die grootskaalse tenderbedrog in die polisie van meer as R50 miljoen. Altesaam 71 verdagtes is die afgelope twee jaar reeds in verband met hierdie bedrogsaak in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê dié prokureur van Centurion in Gauteng, Reshay Ramsamy Naidoo (32), sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn waar hy formeel om borgtog aansoek sal doen.

Naidoo staan tereg op aanklagtes van geldwassery en diefstal.

Naidoo het glo meer as R900 000 ontvang van een van die beskuldigdes op die dag waarop dié betrokke beskuldigde in hegtenis geneem is.

Hy is een van die verdagtes wat betrokke was by die toekenning van ʼn tender van nagenoeg R85 miljoen om onder meer handelsmerk-kentekens op polisievoertuie aan te bring, boeie aan te skaf, polisievoertuie uit te kontrakteer, skryfbehoeftes aan te koop en geboue op te knap.

Hierdie grootskaalse ondersoek het in September 2018 begin en sedertdien is 72 verdagtes, onder wie Naidoo, vasgetrek. Onder die verdagtes is huidige en voormalige polisielede en sakemanne en -vroue.

“Elke polisiebeampte wat by dié bedrogsaak betrokke is, is uit die polisiediens geskors,” sê Naidoo.

Naidoo sê die moontlikheid van nog inhegtenisnemings in die saak kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jzjz05 ·

Dit is nie meer snaaks om van skelmstories te hoor nie ,wonder net hoeveel is daar nog in die geraamtekas waar,daar gereeld nuwes by uit val ,Sal seker nooit leeg kan raak nie en die ANC bekommer hul meer oor name en glo so dat al hul mislukings so sal kan verdwyn.

JM ·

Bedrog, diefstal, leuens: ‘n onheilige tsunami wat nie sy einde ken nie en Suid-Afrika verswelg. Wanneer gaan dit ooit ophou?

H ·

hoekom is malema nog nie opgesluit nie !!!!!! kan daar dalk n berig oor sy |(dit) doen en late geplaas word oor hoekom hy wegkom met als….

Persheks Adri ·

Geskors met volle salaris natuurlik pffft!!! Wat help dit? Cele jy stel ‘n swak voorbeeld vir die mense van jou tsssk hoop jy’s baie trots op hulle en jouself gggmmmfff pateet wat in beheer is van die klomp

Wiehan ·

Volgens die berig is hy ‘n verdagte vir onder meer die verkrying van boeie. Nou is hy dalk met daardie selfde boeie geboei. Die wiel draai

Elize ·

Wat help dit hulle word geskors en nog betaal?? Lekker in Lallaland.

Henk ·

Ja en dan moet ons as landsburgers ons veiligheid in die hande van ons SAPS plaas en vertrou dat hulle ons sal beskerm en of help sou dit nodig wees, maar soos ons al verskeie kere gesien en gehoor het is ons SAPS net so sleg soos die man wat agter tralies sit. Geen wonder ons as publiek neem gereg in eie hande nie.

Dup ·

Wonder of Brig. Naidoo en Prok. Naidoo familie is…..?…….seker nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.